Kuier

VLAMME VAT MA & SEUN

Terwyl baie mense nog sukkel om gewoond te raakaan die nuwe jaar, worstel Geraido Geduld (50) met die gedagte dat hy 2023 moet aanpak sonder sy vrou, Elize (42), en seun, Janeai (19), wat in die Boksburg-gastenkwa-ramp gesterf het. Vir hom en sy dogter, Chanté (16), is dit byna onmoontlik om te dink dat hul “normaal” nooit weer vir Elize en Janeal sal insluit nie. Beelde van wat op dié tragiese dag einde verlede afgespeel het, sal nog vir lank by hulle spook…

Kerstyd sal vir hulle nooit weer dieselfde wees nie, want op Oukersdag verlede jaar is talle Suid-Afrikaners se lewens onherroeplik verander toe 'n gastenkwa in die Boksburg Plantationwoonbuurt onder 'n treinbrug vasgesit en ontplof het. Dié tenkwa wat aan Infinite Fleet Transport behoort, het gas vanaf Richardsbaai na Botswana vervoer toe die drywer glo 'n verkeerde afrit geneem en die tenkwa onder 'n treinbrug vasgesit het. 'n Gaslek het ontstaan en die wa het ontplof. Teen Kuier se druktyd het die dodetal van die tragedie tot 41 gestyg.

Vra jy vir Geraldo, wat in Gqeberha in die Oos-Kaap woon, hoe hy cope, sê hy: “Wat sê 'n mens vir iemand as jy nou net jou vrou van twintig jaar en jou seun van 19 verloor het?”

Boonop het Geraldo op die ondenkbaarste manier uitgevind dat sy seun op die toneel verbrand het …

Iemand het vir hom 'n video gestuur waarin Janeal duidelik, en hoorbaar, in uiterste pyn verkeer het. Op dié tydstip was Geraldo

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst

Related