Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sing ons nou van Kersfees
Sing ons nou van Kersfees
Sing ons nou van Kersfees
Ebook270 pages3 hours

Sing ons nou van Kersfees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.

Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*

Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!

* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.   

LanguageAfrikaans
Release dateSep 5, 2014
ISBN9781633394278
Sing ons nou van Kersfees

Related to Sing ons nou van Kersfees

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sing ons nou van Kersfees

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sing ons nou van Kersfees - Michael D Young

    Sing ons nou van Kersfees: ‘n Keurbundel vir Kerstyd

    Saamgestel deur

    Michael D. Young

    Spesiale Dank

    Heelwat mense het tot hierdie projek bygedra deur hulle dienste gratis beskikbaar te stel om ‘n verdienstelike saak te ondersteun. Eerstens wil ek die skrywers bedank wat verhale bygedra het. Ons het ‘n groot verskeidenheid genres en skryfstyle ontvang, wat ek almal geniet het.

    Tweedens wil ek Tristi Pinkston bedank wat haar redigeringsvaardighede beskikbaar gestel het vir die projek. Om Tristi beter te leer ken en uit te vind hoekom sy die titel Darth Editus verdien, besoek haar aanlyn by www.tristipinkstonediting.blogspot.com  .

    Ek wil James Curwen ook bedank vir sy uitstekende voorbladontwerp, en Daron Fraley vir sy voorstel vir ‘n voorblad. Jy kan meer uitvind omtrent James se dienste by http://jamesecurwen.blogspot.com/. 

    Laastens wil ek Ben Crowder bedank wat die setwerk vir die bundel gedoen het. Jy kan meer van Ben uitvind by http://bencrowder.net/books/. 

    Ek wil jou ook bedank dat jy hierdie bundel gekoop het, en sodoende hierdie Kersseisoen bydra tot ‘n goeie saak.

    -  Michael D. Young, Samesteller

    Inhoud:

    Kom, alle getroues deur Betsy Love

    ‘n Regte boom deur C. Michelle Jefferies

    Op die nok van die dak deur Brian C. Ricks

    ‘n Seisoen van genade deur Michael D. Young

    Die mistel deur Janet Olsen

    In die gure hartjie van die winter deur Teresa G. Osgood

    Dit het helder weerklink die middernag deur Susan Dayley

    Kersfees, moenie laat wees nie deur Jordan McCollum

    Kersfeesseëninge deur Cheri Chesley

    Kousvullers deur Michael D. Young

    Sterreglans deur Theric Jepson

    Wie is hierdie kind? deur Peg Russell

    Die goeie livreikneg, Deel I deur Ryan Larsen

    Die goeie livreikneg, Deel II deur Ryan Larsen

    Die goeie livreikneg, Deel III deur Ryan Larsen

    Die goeie livreikneg, Deel IV deur Ryan Larsen

    Engele wat ons daarbo gehoor het deur Marta O. Smith

    Wit Kersfees deur Madonna Dries Christensen

    Troll the ancient Yuletide Carol deur Michael D. Young

    Die daeraad deur Daron D. Fraley

    Die pak deur Jennifer Ricks

    Hazel en Margaret deur Susan Corpany

    Dit was die vlug voor Kersfees deur Michael D. Young

    Stille nag: ‘n Ware verhaal deur Shirley Bahlmann

    Ek het die klokke op Kersdag gehoor deur J. Lloyd Morgan

    Inleiding

    Sing ons nou van Kersfees is ‘n versameling oorspronklike kortverhale wat deur Kersliedere geïnspireer is. Ek is al my lewe lank ‘n musikant, en geniet dit veral wanneer Kerstyd aanbreek en ek my ou vriende, die Kersliedere, kan afstof. Ek het die idee om ‘n keurbundel van sulke kortverhale te skep, gekry terwyl ek  aan ‘n Kersfeeskonsert deelgeneem het gedurende Desember 2011, en het dadelik aan die werk gespring in Januarie 2012 om dit te realiseer.

    Soveel van die gees van Kersfees het te doen met geskenke en diens aan ander. As sodanig is alles rondom hierdie bundel, van die redigering, setwerk en voorbladontwerp, tot die wesenlike skryfwerk, gedoen uit die goedheid van die harte van die betrokkenes. Die bundel is in ‘n Kerskalendervorm opgestel, en daar is ‘n storie vir elke dag in Desember tot en met Kersdag. Een ekstra-lang verhaal is in verskeie dele opgedeel om oor ‘n paar dae gelees te word. 

    Die verhale is bygedra deur skrywers versprei oor die Verenigde State van Amerika, en die inkomste gaan in sy geheel na die National Down Syndrome Society, ter ere van my seun, Bryson.

    Bryson, ons tweede kind, was ‘n verrassing in die sin dat, ten spyte van verskeie sonars, ons geen idee gehad het dat hy aan Downsindroom ly nie, tot die dag toe hy gebore is. Hy is met etlike geboortedefekte gebore wat chirurgie en ‘n lang verblyf in die Primary Children’s Medical Center in Salt Lake City, Utah vereis het. Selfs nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, moes hy vir baie maande sy kos deur ‘n voedingsbuis inneem.

    Ten spyte van al die uitdagings waarmee hy te doene gekry het gedurende die eerste twee jaar van sy lewe, is hy die gelukkigste, vrolikste, en uit en uit die mees genotvolle persoon wat ek ken. Hy beur almal op wat hom ken, en ek weet dat hy ‘n seën in ons lewens sal wees solank as wat hy deel is daarvan.

    (Die inligting in die volgende paragrawe kom van die webtuiste van die National Down Syndrome Society by http://www.ndss.org/ ).

    Daar is baie mense soos Bryson in vandag se wêreld. Die National Down Syndrome Society skat dat daar in die Verenigde State alleen nagenoeg 400,000 mense met Downsindroom is. Downsindroom kom voor wanneer ‘n persoon ‘n ekstra vol of gedeeltelike reproduksie van die 21e chromosoom het. Dit is in werklikheid die mees algemene chromosomale toestand, en raak een uit elke 691 babas.

    Mense met Downsindroom is dikwels meer vatbaar vir siektes soos hartkwale, skildklier- of gehoorprobleme. Met ‘n behoorlike ondersteuningsnetwerk kan mense met Downsindroom egter gesonde en produktiewe lewens lei.

    Die doel van die National Down Syndrome Society in die Verenigde State van Amerika is om die nasionale kampvegter te wees vir die waardering, aanvaarding en insluiting in die samelewing, van mense met Downsindroom.

    Die vereniging stel ‘n wêreld in die vooruitsig waarin almal met Downsindroom die geleentheid het om hulle lewensgehalte te verhoog, hulle lewensbegeertes te verwesenlik, en gewaardeerde lede te wees van gemeenskappe waar hulle verwelkom word.

    (http://www.ndss.org/en/About-NDSS/Mission—Values/)

    Almal wat bygedra het tot die bundel vertrou dat jy die verhale sal geniet, en dat dit nuwe diepte sal gee aan jou geliefkoosde Kersliedere, asook ‘n ekstra dosis van die gees van Kersfees.

    Michael en Bryson Young, September 2012

    Dag 1

    Titel: Kom, alle getroues

    Lied: Kom, alle getroues

    Skrywer: Betsy Love

    Die aandnuus is aan op die televisie en so neerdrukkend soos altyd. Kersfees is veronderstel om die aangenaamste tyd van die jaar te wees, en tog is daar soveel mense wat alleen, hartseer en honger is. Claudia is tenminste nie honger nie.

    As sy net kan ophou dink aan daardie reis na Bethlehem, die een waarop sy nooit sal gaan nie omdat ‘n ongeluk haar dierbare Joe van haar af weggeneem het.

    Claudia onthou daardie dag nog baie duidelik. Is dit regtig net ‘n paar maande gelede? Sy het gekyk hoe haar man die duur toneel van die geboorte van Jesus van die rak afhaal. Ons kan dit nie sommer net verkoop nie, Joe, het sy gesê toe hy die beeldjies afstof, in die oorspronklike verpakking toedraai en met deernis in die kartonhouer pak.

    Dit sal wees asof ons een krip verruil vir ‘n ander een, het hy vir haar geglimlag.

    Later daardie oggend is hulle na die antiekhandelaar. Joe was seker dat die stel meer werd was as toe hulle dit gekoop het, en hy was reg. Dit was driemaal soveel werd. Hy het die geld in die koevert gesit saam met die geld wat hulle gespaar het. Hy het heelpad na die reisagentskap aan die ander kant van die dorp, geglimlag. Maar hulle het dit nie tot daar gemaak nie. ‘n Dronk bestuurder het oor ‘n rooi lig gejaag en die bestuurskant van hulle motor getref.

    Sy sidder wanneer sy dink aan Joe se begrafnis wat sy nie kon bywoon nie. Mnr Radcliff, haar goeie vriend en buurman, het ‘n telekonferensie gereël sodat sy dit in haar hospitaalkamer kon volg.

    Daar kom trane in haar oë wanneer sy na Joe se leë leunstoel kyk. Dan dwaal haar blik na die ewe leë rak, waar die geboortetoneel vir meer as veertig jaar ‘n gerusstellende uitwerking op haar gehad het. Joe het dit vir haar gekoop om haar op te beur na die verlies van hulle eerste en enigste kind. Die miskraam was ‘n week voor Kersfees.

    Deur die jare het die Christuskind in die krip haar aan God se liefdevolle ontferming herinner. Hy het geweet hoe lief Claudia vir kinders is. Selfs al het sy nooit self kinders gehad nie, was haar huis altyd vol kleinnneefs en -niggies en bure se kinders. Sy het dikwels die gemeentelede se kinders opgepas. Joe en Claudia het hulle gemeenskap se oupa en ouma geword. Hulle het selfs drie oggende per week vrywillig by die dagsorgsentrum op die hoek gewerk.

    Veral Isaac, ‘n viermaandeoue baba, was baie lief vir ouma Claudia. Die versorgers het verlig die veeleisende baba aan Claudia oorhandig die oomblik wanneer sy by die deur instap. Miskien het hy Claudia se behoefte om hom vas te hou, aangevoel. Miskien was dit haar teer aanraking. Wat ookal die rede, wanneer klein Isaac eers in Claudia se arms was, het hy breed vir haar geglimlag, sag gesug, en rustig aan die slaap geraak. 

    Claudia staar by die venster uit na die sneeu wat pas geval het en die voorste deel van die erf en die sypaadjie bedek. Die posbode sal seker binnekort kom. Miskien bring hy nog Kerskaartjies. Terwyl sy kyk hoe die sneeuvlokkies groter word en die pad laat vervaag, hoop sy dat Isaac haar nog sal onthou wanneer sy uiteindelik weer kan teruggaan na die sentrum. Haar oë val toe. 

    Die volgende oggend skyn die son helder. ‘n Dik laag glinsterende kristalle bedek die wêreld daarbuite. Die verwarmer skakel vanself aan, en Claudia besef dat sy die vorige aand op die bank aan die slaap geraak het. Sy skrik toe daar ‘n harde klop aan die deur is. Deur die voorste venster herken sy die twee Radcliff-broers, onderskeidelik tien en twaalf jaar oud. Thomas het ‘n sneeugraaf by hom.

    Sy leun oor die bank en maak die venster oop. Hallo David. Hallo Thomas. Waarmee kan ek help?

    David waai vir haar, en Thomas kom na die venster toe aangestap. Ma sê ons moet kom hoor of Tannie wil hê ons moet Tannie se voetpaadjie kom skoonmaak.

    Claudia glimlag. Dit sal gaaf wees. Sy wens sy het die krag gehad om koekies te bak om vir hulle te gee wanneer hulle klaar is.

    Vir die volgende uur luister sy hoe hulle baljaar terwyl die graaf oor die sement skraap, en geniet die sneeugeveg wat ontstaan en net soveel gemors op die sypaadjie los as wat daar was voor hulle begin skoonmaak het. Dit maak nie saak nie. Sy verwag nie besoekers nie.

    Wanneer die seuns klaar is, kom hulle na die oop venster toe. Ons is klaar.

    Dankie. 

    Hulle glimlag en spring weg huis toe, met die graaf wat hulle agter hulle aansleep.

    Claudia maak die venster toe en sug tevrede. Daardie twee Radcliff-seuns is juwele.

    Later die middag is daar ‘n oproep van die dagsorgsentrum af. Dit is Sarah. Isaac is weer moeilik, en wil nie tot rus kom nie. Mag ek hom vir ‘n rukkie na jou toe bring? Sy ma het klaar toestemming gegee.

    Daar verskyn weer ‘n glimlag op Claudia se gesig. Ek verlang baie na hom.

    Sarah grinnik. Ek dink hy verlang meer na jou.

    Vyftien minute later gee Sarah die huilende baba vir Claudia. Claudia soen hom op die voorkop en verlustig haar in sy sagte babareuk. Hy het grootgeword. Dit neem ‘n rukkie, maar uiteindelik kalmeer Isaac, en hy raak aan die slaap.

    Terwyl Claudia die baba vashou, stofsuig Sarah die vloere, en stof dan af. Hierdie rak is leeg, sê sy.

    Daar het ‘n Italiaanse toneel van die geboorte van Jesus gestaan. Ek en Joe het dit verkoop om genoeg geld te hê om vir Kersfees Bethlehem toe te gaan. Claudia kyk na die leë rak. Joe het gesê ons verruil net die een krip vir ‘n ander een.

    Sarah draai ontroer na haar. Ek is jammer om dit te hoor.

    Die trane dreig om te kom, maar Claudia slaag daarin om dit te keer. Ek het die herinneringe, wat net so aangenaam is. Sy dink aan die koevert waarin die geld is wat hulle vir die beeldjies gekry het. Sy moes die meeste daarvan gebruik vir die ekstra mediese uitgawes wat nie deur die mediese fonds gedek is nie.

    Wanneer Sarah met die slapende baba vertrek, sukkel Claudia om op te staan. Haar seer spiere, wat daaraan gewoond is om aktief te wees, kla pynlik oor die onbruik van die afgelope paar maande. In die kombuis probeer sy haar weg vind tussen die werksoppervlaktes deur om gou ‘n blikkie sop warm te maak en ‘n snytjie brood te rooster. Sy sal tevrede moet wees met eenvoudige etes totdat sy sonder haar loopraam kan klaarkom.

    Claudia raak weereens aan die slaap onder die geklank van die televisie. In haar droom staan sy by die stal en kyk na die baba wat in doeke toegedraai is. ‘n Hand glip in hare. Sy draai om en glimlag vir Joe. Sy gesig straal amper net soveel soos die van die baba Jesus. As hulle net nie die geboortetoneel verkoop het nie.

    Die volgende oggend daal daar ‘n kalmte oor Claudia. Sy voel die hele dag ‘n sprankie van geluk in haar hart, iets wat sy vir ‘n lang tyd nie ervaar het nie.

    Later bring Thomas en David vir haar ‘n bordjie koekies. Claudia glimlag. Dit is eintlik sy wat vir hulle tuisgebakte koekies moet aanbied!

    Sy vra die seuns om die bord op die tafel neer te sit. Ek kan nie alles alleen eet nie. Die glase is daarbo, en die melk is in die yskas.

    Die seuns glimlag verleë wanneer hulle die melk in die glase skink en by die kombuistafel gaan sit. Ma slag ons af as sy uitvind ons eet dit self, sê Thomas, en week ‘n koekie in sy melk.

    Ek glo nie sy sal omgee nie. Julle hou my mos geselskap. Claudia skink nog ‘n glas melk vir elkeen van hulle. Buitendien, as ek alles alleen eet, gaan ek so vet word dat ek nie meer my loopraam kan gebruik nie.

    ‘n Rukkie later toe die son ondergaan, sit Claudia by die kombuistafel en eet opgewarmde kos wat oorgebly het van ‘n maaltyd wat haar suster vir haar gebring het. Die onmiskenbare klanke van ‘n Kerslied kom deur die voorkamer aangesweef. Sy sukkel aan na haar loopraam en beweeg versigtig na die deur. Iemand, seker Thomas, sing vals. Hulle sing Kom, alle getroues. 

    Sy verwag om hulle in hulle vuishandskoene, jasse, serpe, en sneeustewels te sien, maar is verras met wat sy vind. ‘n Krip waarin ‘n baba toegedraai lê, Josef en Maria, skaapwagters, en ‘n wyse man, almal uitgedos in hulle wintersklere, met hulle kamerjaponne bo-oor aangetrek. Die prentjie word voltooi deur klein Millie Radcliff op haar pa se skouers, in ‘n wit laken en met vlerkies, wat ‘n ster wat aan ‘n flits vasgemaak is, vashou. Wanneer hulle die reël O kom nou, o kom nou na Bethlehem sing, vul Claudia se oë met trane. As Joe net hier was om dit ook te kon sien. Mev. Radcliff help haar om op een van die stoele op die veranda te gaan sit, en maak haar goed toe met ‘n dik wolkombers. 

    Die gesin voer die toneel van Jesus se geboorte op. Thomas lyk ongemaklik in die rol van Josef, asof hy dink hy is nou te oud vir hierdie kammatoneelspel. David, aan die ander kant, geniet dit om al drie die wyse manne te wees. Hy grinnik entoesiasties wanneer hy die geskenke aan sy sussie, Lexi, in die rol van Maria, oorhandig. Wanneer hulle klaar is, tel mev. Radcliff haar babaseuntjie op en sit hom in Claudia se arms. Aangesien jy en Joe nie Bethlehem toe kon gaan nie, wou ons Bethlehem na jou toe bring.

    Claudia asem die sagte babareuk in. Trane vul haar oë en loop by haar wange af. Julle het my Kerstyd vervolmaak. Dankie. Sy wens Joe was ook hier by haar. Op daardie oomblik voel sy ‘n onsigbare hand op haar skouer.

    Kort skrywersbiografie:

    Betsy Love, skrywer van Identity en Soulfire, woon in Gilbert, Arizona. Haar grootste passie is om te skryf. Haar grootste ondersteuners is haar man, agt kinders en 14 kleinkinders, en haar grootste tekortkoming is donker sjokolade. Sy het haar graad magna cum laude verwerf aan die universiteit van Ottawa. Sy onderrig nou hoërskoolteater, en mentor ander jong skrywers. Betsy hoor graag van haar lesers. Jy kan haar besoek by www.betsylove.com

    Dag 2

    Titel: ‘n Regte boom

    Lied: O Tannenbaum

    Skrywer: C. Michelle Jefferies

    Wat dink hy doen hy? vra ek vir my tweelingsuster, Ellie. Buite worstel my pa met ‘n reuse denneboom. Ek sit by die kombuistafel met ‘n hoop huiswerk voor my. Die Kersvakansie het vanoggend begin, en ek het huiswerk om te doen as ek op datum wil wees wanneer die skool weer begin. My tweelingsuster haal ‘n plaat soetkoekies uit die oond en sit die volgende een in. Kan ons nie ook soos al die ander ‘n driedimensionele boom hê nie?

    Jy vergeet, Kai. Pa het op die Aarde gewoon. Hy hou van tradisie, sê Ellie, terwyl groot, meganiese hande die skottelgoed in die wasbak was en in die skottelgoedwasser plaas. ‘n Tweede paar hande wag by Ellie se skouer. Sy moet MAT, die huishoudelike program, daaraan herinner dat sy sonder sy hulp kan koekies bak. Op ‘n ou, gekrapte plaat sing ‘n koor Kersliedere. My ma is bo besig om geskenke toe te draai. Die huis is oorlopens toe vol met vakansiekos.

    Dis simpel, sê ek. Weet hy nie hoe hy lyk wanneer hy so sukkel met ‘n boom wat groter is as hy nie? Hy kan tenminste ‘n sweefhyser gebruik en my heelwat verleentheid spaar. Ek leun terug en vee ‘n string blonde hare uit my gesig. Ek lyk presies soos my pa, die groen oë ingesluit, terwyl Ellie my ma se ewebeeld is, met donkerrooi hare en blou oë, en ‘n vel wat bleker wil wees as my ma s’n. Almal praat altyd van ons twee wat volmaakte ewebeelde van ons ouers is.

    Jy haat deesdae alles. Wat gaan met jou aan? vra sy terwyl sy ‘n groot blik wit versiersuiker oopmaak. Die gekleurde versiersels staan alreeds op die werksoppervlak. Ek haat dit dat sy my soos ‘n boek kan lees.

    Niks, antwoord ek, maar deels is dit omdat my vriende dink my pa is outyds en ek dit die hele tyd moet aanhoor. Noble Standing, die hoofoudste van Caledonië, die onderwerp van baie grappe onder my vriende. Ellie steek haar mes in die blik en haal ‘n stuk soet, wit, klewerige massa uit

    Wil jy my help? vra sy terwyl sy die versiersuiker op ‘n klokvormige koekie skep. Dan is dit weer soos toe ons klein was.

    Om koekies te bak is ‘n meisieding. Sy besef nie dat ek aanbeweeg het na ander, mansbelangstellings, toe nie. Tenminste het sy die teepartytjiestadium ontgroei.

    Nee, ek moet hierdie vervelende huiswerk afhandel as ek saam met Ash en Doran wil gaan vlieg gedurende die vakansie, antwoord ek. Ek draai terug na my elektroniese leser waarop my astrofisikaboek gelaai is, en trek my skryfblok en stilus nader. Ash sê hy gaan my leer om sy sweeftuig te vlieg as ek uitblink in my klas.

    Dan beter jy begin studeer. Ellie gaan voort met die versiering van die koekies. Daar wag nog drie plate koekies wat gebak moet word. Ek raak aan die omblaaiknoppie en begin lees.

    Kan iemand hier kom help asseblief? vra my pa. Buite woed ‘n storm. Reën kletter teen die ruite en ek hoor donderweer. In Hollis is daar nie soiets soos sneeu nie. Die Melkwegsenaat het Caledonië as ‘n neerslaggebied verklaar toe my pa vir verteenwoordiging op die raad gevra het. Dit reën hier vir tenminste die helfte van die jaar.

    Ek sal Pa help, hoor ek Ash se stem, en ek moet my inhou om nie op te staan en na my broer toe te gaan nie. Ek het nie nou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1