HY WAS nog Paasnaweek hier om die familiegrafte te kalk en vars fynbos daarop te sit. Net nou die dag.
Dis elke jaar se tradisie – die skoonmaak van die laaste rusplek hier onder die bloekombome wat treur oor die geliefdes wat al moes groet.
Maar volgende jaar sal sy mense ook met die Pase voor sy kruis moet kom blomme sit.
Hulle het hom Biggies genoem; soms Naldo. Hy was Renaldo Dickson.
Net 20 jaar oud en ’n jong man so mooi, so geliefd onder soveel mense, dat die wêreld onder donker reënwolke moes stil word toe hy op ’n grou Saterdagoggend na sy laaste huis geneem word.
In die strate het die mense saamgedrom; in die kerkie was die banke stampvol.
Want dít is hoe verdriet lyk.
En dit is