Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tussen Niks En Nerens: The Landrys, #2
Tussen Niks En Nerens: The Landrys, #2
Tussen Niks En Nerens: The Landrys, #2
Ebook247 pages4 hours

Tussen Niks En Nerens: The Landrys, #2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In die tweede volume van die Landsbergs, is Nick Landsberg as die nuwe kaptein van die ruimteskip Sofia, weer op die spoor van die ruimterower, Tomas Salvinski. 'n Fratsongeluk stuur die ruimteskip Sofia en haar bemanning terug na die Aarde toe, in die jaar 2020. Om sake te vererger, is die beeldskone, blonde Katryn Verhoef ook aan boord. Nick moet noodgedwonge saam met Katryn werk om 'n nuwe KI en VALS-enjin te vervaardig. Sal die reisigers die struikelblokke te bowe kom, of sal hulle moet agterbly op 'n gedoemde Aarde?

LanguageAfrikaans
PublisherMonika Smith
Release dateNov 28, 2023
ISBN9798223205975
Tussen Niks En Nerens: The Landrys, #2

Related to Tussen Niks En Nerens

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Tussen Niks En Nerens

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tussen Niks En Nerens - Monika Smith

    Chapter 1

    Die Planeet Moa.

    Nick se asem jaag en dit klink te hard in sy eie ore. Hy sluk om die droogheid in sy mond te probeer wegkry. Sy prooi is naby. Hy hou asem op, staan stil en hoor hoe die takke na links effens kraak. Hy pas sy koers aan en beweeg stilletjies deur die mis newels, in die rigting van die geluide. Hy maak seker hy trap nie op enige raserige takkies in die proses nie. Nick is fiks, maar na twee dae se hardloop en bekruip, begin hy dit aan sy 195 sentimeter lange lyf voel. Nick Landsberg is 'n losprys jagter wat al vir dae op die spoor van Eddie Horton is. Eddie is nie baie goed met veldkuns nie en het in 'n baie groot sirkel, in die wildernis van die planeet Moa beweeg. Nick het daarna opgesien om vir Eddie twee dae lank te voet terug te sleep na sy klein tuig toe, maar Eddie se onkunde het hulle byna weer teruggebring na hulle beginpunt toe. Nick skat dit is omtrent so drie ure op die meeste se stap, tot by sy kamp. Hy trek sy 9mm Glock G43 pistool uit die holster uit, haal die veiligheidsknip af en rig dit op Eddie, wat uitgeput met sy rug teen 'n rots gaan sit-lê het. Eddie lig sy hande op in 'n woordelose ek-gee-oor gebaar toe hy vir Nick sien.

    Ek gee op, sê Eddie. Hy laat sak sy kop tussen sy opgetrekte bene.

    Geen truuks nie. Ek kan nog vir dae aanhou, so moenie dink dat jy onder my kan uithardloop nie. Nick laat sak sy rugsak tot op die grond en haal die stel van vier magneetbande met een hand uit. Met die wapen nog steeds op Eddie gerig, sit hy eers die enkelbande aan, sodat Eddie nie kan weghardloop nie. Die energie-eenheid, wat die magneetbande aktiveer, is in die rugsak. Die magneetveld in die bande bied meer weerstand, hoe vinniger en harder 'n mens probeer beweeg. Nick maak die Glock veilig en bêre dit in die holster op sy regterheup. Hy sit die res van die magneetbande om Eddie se polse, wat in die proses ook Eddie se identiteitsarmband bedek. Nick  sit langs Eddie teen die rots en bied vir hom water aan, nadat hyself eers sy dors geles het. Eddie het gevlug, sonder om enige iets saam te vat en dit was net deur geluk en Moa se ewigdurende mis bedekte oppervlak, dat hy vir Nick so lank kon ontduik.

    Ek reken jy wil eers bietjie rus, voor ons teruggaan na my kamp toe. Jou eks-vrou sal bly wees om die agterstallige onderhoud-krediete te kry. Nick bêre sy waterbottel.

    Die losprys op Eddie, wat die onderhoud vir sy twee kinders probeer ontduik het, is nie baie hoog nie, maar Nick het nie 'n goeie verskoning nodig gehad om van sy ouers se landgoed af weg te kom nie

    Die Landsbergs gebruik 'n ruimteskip, die Sofia, in hulle losprys jagters-besigheid, om tussen die planete rond te reis agter voortvlugtende misdadigers aan.

    Nick op 29 jaar oud, is die middelste Landsberg kind. Anandee is hulle laatlam-sussie, wat binnekort 20 jaar oud word en Danie is die oudste op 33. Danie en sy aanstaande vrou, Bessie, is deel van die rede hoekom Nick nou in die bosse rondhardloop. Hy kon dit nie verduur om die twee saam te sien nie. Nick het 'n week gelede uit die Landsberg ouerhuis gestorm, toe Danie vir Bessie die ja-woord vra. Die ander rede se naam, is Katryn Verhoef.

    Ons het nou genoeg gerus, op is jy. Nick staan op en swaai die rugsak oor sy skouer.  Beweeg stadig, anders gaan jy jouself pootjie.

    Eddie staan versigtig op en toets die weerstand van die magneetbande met sy ledemate. Nick stel die weerstand 'n bietjie af, deur 'n holografiese skerm met sy identiteitsarmband op te roep en in die lug daarop te tik. Hy dink die magneetbande is dalk onnodig, maar hy het te hard gewerk om vir Eddie te vang, om nou nalatig te wees. Nick kies koers na sy kamp toe. Eddie het geen ander keuse as om vir Nick te volg nie.

    Dit is die jaar 2053. Die Aarde is woes en leeg, onbewoonbaar. Bestraling van die Fukushima Daiichi kernkrag opwekker, wat in die Tsunami van 11 Maart 2011 verwoes is, het die hele aarde se oseane besmet met radioaktiewe sesium. In 2020 het die wetenskaplikes agtergekom dat die suurstof in die atmosfeer merkbaar begin daal. Die inwoners van die Aarde moes begin soek na alternatiewe oplossings. Teen die jaar 2030, is feitlik 80% van alle seelewe uitgewis deur die gekontamineerde water van Fukushima, wat onophoudelik in die oseaan uitgelek het. Sonder plankton, wat ongeveer 70% van die Aarde se suurstof vervaardig, het die landdiere en die meeste plante ook begin uitsterf. 'n Baie skaars, nuut-ontdekte mineraal, Mesosideritium, het 'n innoverende aandrywing sisteem vir ruimteskepe moontlik gemaak. Die Planetêre Alliansie is gestig en hulle het naarstigtelik na nuwe bewoonbare planete begin soek. Ruimte verkenners het wurmgate gebruik, wat hulle in staat gestel het om tussen sterre stelsels te reis. Die eerste van twaalf bewoonbare planete is in 2022 gevind en die 500 miljoen mense wat die rampe op die Aarde oorleef het, het elkeen teen 2035 'n nuwe heenkome gevind op een van die nuwe planete. Nick se ouers het in 2031 op Moa aangeland en Daniël senior het dadelik begin om koffie struike aan te plant. Hulle koffieplantasie is tans goed gevestig en is een van die suksesvolstes op Moa.

    Nick laai vir Eddie in sy klein tuig, nadat hy sy kampplek opgepak het. Hy vlieg direk na die stad Vista toe en oorhandig hom aan die Planetêre Alliansie se vredesoffisiere. Nick haal Eddie se magneetbande af en die luitenant dra die losprys-krediete na Nick se identiteitsarmband toe oor. Na 45 minute se vlieg, land Nick by sy sandsteen villa op die Landsbergs se landgoed. Hy haal sy kamptoerusting uit die tuig uit en bêre dit eers, voor hy 'n week se vuilheid in die stort afwas.

    Hy trek aan en is net betyds om die klop aan die stoepdeur te hoor. Dit is sy ma, Zelda wat by die glasdeur staan, met 'n bord kos in haar hande. Hy maak gou oop en nooi haar binne. 'n Pikswart kat met 'n wit kolletjie voor sy bors, is kort op haar hakke. Sy sit die bord op die koffietafel neer.

    Hallo, ma. Hy soengroet haar en sy druk hom lank vas. Haar hart is baie seer vir hom, haar stil, skaam middel kind. Sy wens sy kan die tyd terugdraai en Brenda-Lee se nek omdraai, voor sy destyds met haar seuns kon mors.

    Hallo, my liefie. Ek het gehoor toe jy oor die huis vlieg en ek het gedink jy is dalk honger.

    Dankie, ek is. Ek het nog nie tyd gehad om te eet nie. Ek kom nou net van Vista af, waar ek 'n losprys afgelaai het. Hy trek die bord nader en begin eet. Die kat kom skuur teen sy bene en Nick krap hom tussen die oortjies, waar die hare altyd orent staan, kompleet soos 'n breë mohawk  haarstyl.

    Hallo, Kirby, sê hy.

    Kyk hoe het die son jou gebrand, seun. Jy weet jy moet sonskerm aansmeer.

    Ek het vergeet om saam te vat.

    Nick, soos ma Zelda, het rooibruin hare en 'n ligte vel, wat maklik sproete brand.

    Danie-hulle is die dag na jou hier weg met die Sofia, Eden toe om Bessie se identiteit te bevestig.

    Bessie, of te wel, Elizabeth Moss, is sy broer Danie se verloofde. Eden is haar tuis planeet. Bessie se identiteit is gesteel deur Naydien Huisamen, wat vir Bessie in haar plek na die gevangenis op die planeet Nêrens toe wou stuur. Die Landsbergs het die losprys-krediete nodig gehad, wat op Bessie se kop was. Hulle het haar op Eden gevang, waarna sy ontsnap het en op die skip Ignatius geskuil het om weg te kom. Die Landsbergs het daarna op die regte skelm, Naydien Huisamen afgekom. Naydien is by hulle afgevat deur ruimte rowers, wat toe vir Bessie ook ontvoer het om die losprys-krediete vir Bessie te probeer opeis. Danie het vir Bessie uit die ruimte rowers se kloue gered, in ruil daarvoor dat hulle Naydien se magneetbande afhaal. Al wat oorbly, is om die misverstand met Bessie se gesteelde identiteit op te klaar.

    Dis goed, sê Nick. Hy is baie verlig dat hy hulle nou nie met opset hoef te vermy nie. Hy tel vir Kirby op, wat hard begin spin. Dit klink kompleet soos 'n outydse dieselenjin wat hy onder sy hande voel vibreer.

    Ek is bly jy is terug. Nou kan jy my help met al die troue se reëlings, sê Zelda.

    Dis vinnig. Ek hoop nie sy is swanger nie. Wanneer is die troue?

    Oor drie weke, op die grasperk voor die groot huis. En moenie lelik wees nie, ek het julle nie so grootgemaak nie. Hulle sal 'n week voor die tyd eers terug wees van Eden af en het al die reëlings  in my gewillige hande gelos.

    Ek sien.

    Die groot huis, waarin die drie Landsberg kinders grootgeword het, is 'n goudkleurige sandsteenhuis met 'n leiklip dak. Die kinders se drie villas, is 'n halwe kilometer van die groot huis af gebou.

    Ek het reeds al die uitnodigings gestuur en die spyseniers is bespreek. Ons moet nog stoele reël vir die grasperk en 'n markiestent met nog stoele en tafels vir die onthaal. O, en die blomme. Gelukkig is dit nog laat lente en ons kan van die koffie bloeisels gebruik. Ek is seker ons sal nog genoeg bloeisels op die hoogste pieke kan pluk. Danie sal daarvan hou en Bessie ook, natuurlik.

    Sy ma is soos 'n stoomroller as sy eers op spoed is. Nick is spyt hy het nie maar teruggegaan om verder te kamp, nadat hy vir Eddie afgelaai het nie. Nou is hy teen wil en dank ingespan om te help met die troue, terwyl hy weet dat hyself nooit voor die kansel sal staan nie. Brenda-Lee se verraad het daarvoor gesorg. Een keer se verpletterde hart was genoeg vir hom, baie dankie. Hy is te slim om homself weer te laat vang deur hierdie liefde-besigheid.

    'n Week voor die troue is die ruimteskip Sofia, met haar bemanning, terug op die landgoed. Sy staan veilig in haar loods geparkeer. Sofia is 'n Kunsmatige Intelligensie entiteit, of KI, wat die skip beheer en die skip is na haar vernoem. Nick hou homself skaars. Die meeste van die troue se goed is afgehandel. Hy besluit om vir 'n paar dae te ontvlug, deur by die see te kamp. Hy sal so 'n dag voor die troue terugkom huis toe. Hy laai sy sak met branderplanke, saam met die kamptoerusting, in sy klein tuigie en land 'n halfuur later by die naaste strand. Moa se binneland is bergagtig, maar die planeet se kusstreke, met spierwit strande en groot golwe, is 'n paradys vir branderplankryers. Die branders vergelyk goed met die Hawaii-eilande, wat op die Aarde was. Hawaii is nou natuurlik feitlik toe onder die radio-aktiewe water. Nick skandeer sy armband by die kampeerplek naby die strand, om vir sy staanplek te betaal en slaan sy oranje tweeman-tent op. Daar is genoeg eetplekke naby, so hy hoef nie vir homself kos te maak nie. Hy trek sy duikpak aan en stap die kort entjie strand toe, met een van sy branderplanke onder die arm.

    Die dae vlieg verby en te gou moet hy terugkeer huis toe. Hy pak teësinnig al sy goed in die klein driehoekige tuigie in. Daar is nie baie paaie op Moa nie en die meeste mense gebruik die klein 5-sitplek tuigies om oor die weg te kom. 'n Halfuur later land hy by sy villa en het net alles weggepak toe Danie kom klop.

    Bly om te sien jy is terug, sê Danie. Hy sit 'n sak met 'n mans uitrusters se logo op die koffietafel neer.

    Ja, ek kan seker nie my enigste broer se troue misloop nie.

    Ek het vir jou 'n hemp en 'n das gekoop. Ek glo jy het nog 'n tuxedo wat pas? vra Danie.

    Dankie, ja, dit pas nog. Nick het in sy vroeë twintigs uit al sy klere uit gegroei en troon nou bo-oor almal in sy gesin uit.

    Ma sê jy het haar bygestaan met die reëlings. Dankie.

    Bly ek kon help.

    Daar is iets waaroor ek jou moet inlig voor môre. Danie vertel hom wat by die troue gaan gebeur en Nick se wenkbroue lig.

    Die skip Maximus, op die planeet Moa.

    Kaptein Salvinski se skip, die Maximus, land op Moa se ruimte hawe en sy ruimte rower-bemanningslede val omtrent oor hulle eie voete om by die skip uit te kom. Hulle kry nie baie kans om van die skip, wat besig is om uitmekaar te val, af te wees nie. Niemand wil 'n oomblik langer as wat nodig is, aan boord wees nie. Nog twee mense bly saam met kaptein Salvinski op die Maximus agter. Naydien Huisamen, die mees gesoekte misdadiger in die hele Planetêre Alliansie, ook bekend as Julia Simson en 'n jong man, genaamd Brent Turner. Hulle beplan om vir Bessie môre tydens die troue te ontvoer. Naydien/Julia wil wraak neem op die Landsbergs, omdat hulle haar planne om van die gereg te ontvlug, in die wiele gery het. Danie is eerste in haar visier. Sy wil die liefde van sy lewe van hom af wegvat.

    Die plan is om na afloop van die seremonie, tydens die gelukwensings, vir Bessie met 'n pistool aan te hou. Hulle gaan haar dwing om saam met hulle op die Maximus se landings tuig, die Mini-Max, te klim, maar Naydien het haar eie plan. Sy sal die klein teef net daar, voor haar nuwe bruidegom, doodskiet. Sy kan nie wag om Danie Landsberg se gesig te sien as sy bruid inmekaarsak en in sy arms sterf nie. Hulle drie klim in die Mini-Max en kaptein Salvinski vlieg na Vista toe, die naaste stad aan die Landbergs se landgoed. Naydien en Brent moet klere koop vir die troue, sodat hulle nie uitstaan tussen die vyfhonderd genooide gaste nie. Naydien kry 'n swart aandrok en koop 'n bypassende pilboks hoedjie met 'n sluier om haar gesig te verdoesel, want sy en Bessie lyk of hulle susters kon gewees het. Sy het lank gesoek na iemand wat soos sy lyk om vals te beskuldig, sodat sy wat Naydien is, skotvry van al haar misdade kan afkom en verdwyn, sonder om heeltyd oor haar skouer te kyk. Naydien het 'n losprys op Bessie gesit en haar gekoppel aan al haar vorige skuilname. Naydien het die hele spul losprys jagters in die alliansie vir ses maande aan hulle neuse rondgelei en toe die Landsbergs gekies om die finale deel van haar plan uit te voer. Sy het Bessie se naam aan hulle laat uitlek en hulle het haar arresteer op Eden, maar daarna het al haar fyn uitgewerkte planne verkeerd geloop. Die Landsbergs het per toeval vir Naydien gevang toe Bessie ontsnap het en eers later agtergekom dat hulle nou die regte misdadiger beet het.

    Naydien het 'n afspraak gehad met kaptein Salvinski, om die slim-virus, waarom al haar kriminele aktiwiteite draai, aan hom te verkoop. Hy het na haar gaan soek toe sy nie opdaag vir hulle vergadering nie en hy het haar by die Landsbergs gaan afneem. Ongelukkig het sy nog haar magneetbande aangehad en hulle het tevergeefs probeer om dit af te haal. Naydien het dus geen toegang tot haar identiteitsarmband gehad nie en kon ook nie by die virus, of haar krediete uitkom nie. Kaptein Salvinski, met Brent Turner se hulp, het 'n plan uitgewerk om vir Bessie, wat op die skip, Ignatius was, te ontvoer om die losprys-krediete vir haar op die planeet Nêrens te gaan opeis. Hulle kon dit egter nie doen nie, want slegs losprys jagters met 'n kontrak op 'n misdadiger, kan gevangenes op Nêrens inruil vir krediete. Hulle gee toe vir Bessie, wat die wil om te leef verloor het en op daardie stadium reeds bewusteloos was, vir die Landsbergs, in ruil daarvoor dat hulle Naydien/Julia se magneetbande afhaal. Hulle het later te hore gekom van Danie en Bessie se huweliksaankondiging. Naydien het haar kans om wraak te neem, gesien.

    Die Landsberg landgoed.

    Kaptein Salvinski land sy tuig, die Mini-Max in die groot parkeerarea op die landgoed. Die plan is dat hy in die Mini-Max agterbly, sodat hulle dadelik kan opstyg wanneer Brent en Naydien met Bessie terugkom. Die kaptein is egter nou moeg vir Naydien. Aangesien sy reeds die slim-virus wat sy geskryf het, oorgedra het na sy armband toe en hom opgelei het om dit te gebruik, het hy haar nie meer nodig nie. Hy maak die Mini-Max se buitenste luik oop en laat sak die loopplank. Naydien haak haar arm by Brent in, wat ook in swart geklee is. Sy lang, donker blonde hare is agter in sy nek vasgemaak met 'n riem, die pragtige man. Net jammer Brent is bietjie jonk vir haar, anders het sy kaptein Salvinski vir hom verruil. Kaptein Salvinski kyk hulle agterna, tot hulle agter die digte bosse verdwyn. Die twee stap tot waar die stoele uitgepak is op die grasperk, voor die groot huis. Kaptein Salvinski wag net lank genoeg, om seker te maak dat hulle by die ander gaste aangesluit het  en aktiveer die Mini-Max se dekmantel. Die dekmantel maak die tuig onsigbaar en hy styg op. Na twee ure is hy weer by die ruimte hawe en parkeer die Mini-Max in sy skip, Maximus, se vragruim. Minute later styg hulle op en kies koers iewers in die ruimte in. Hulle moet vir eers laag lê. Hy is verlig om ontslae te wees van Naydien/Julia en spyt om vir Brent te verloor. Brent het die potensiaal om 'n baie suksesvolle ruimte rower te wees.

    Brent sorg dat hy en Naydien in die paadjie tussen die stoele af stap en hy kies agterlangs vir hulle sitplekke, waar dit nog leeg is. Hy stuur haar voor hom uit dat sy in die tweede stoel sit en hy direk langs die paadjie is, sodat hy vinnig kan uitkom as dit nodig is. Die stoele voor en agter hulle word geleidelik gevul en Danie Landsberg, met sy broer Nick langs hom as strooijonker, neem hulle plekke in. Danie lyk komkommerkoel en selfversekerd, maar Nick vryf heeltyd senuweeagtig oor sy das en kan skaars stilstaan. Brent hoop Nick ruïneer nie hulle plan nie. Die troumars begin speel en die stralende bruid, aan haar vriendin Katryn Verhoef se arm, kom met die groot huis se trappe afgestap. Anandee Landsberg is die strooimeisie en sy volg hulle met die trappe af. Brent se oë is vasgenael op haar en sy hart begin vinniger klop toe hy vir Anandee sien. Hy het lank terug op haar foto afgekom, voor hulle vlugtig ontmoet het op die Sofia, toe hulle vir Naydien gesteel het. Sy het op die foto al sy asem weggeslaan. Hy probeer om nie na haar te staar nie en wens hy kan meer doen as net na haar kyk. Die dominee het klaar gepreek en begin met die gebed. Brent hou aan om vir Anandee te kyk. Sy voel sy blik op haar, draai om en kyk reguit na hom toe. Hy knipoog stout vir haar en sy draai vinnig weer vorentoe, voor die dominee Amen kan sê.

    Die dominee begin met die huweliksformulier en die bruidspaar doen hulle beloftes aan mekaar. Danie mag sy bruid soen en hulle stap met die paadjie terug toe die musiek begin speel. Confetti, in die vorm van koffie bloeisel blare, reën van alle kante oor hulle neer. Anandee, Katryn en Nick is kort agter hulle. Die bruidspaar is so 'n meter van hom en Naydien af. Brent voel hoe Naydien se elmboog hom in die sy tref, toe sy die pistool met 'n knaldemper woes uit haar handsak uitruk. Hy het net 'n split sekonde om te reageer en gooi sy lyf tussen haar en Bessie in, voor die byna onhoorbare skoot hom aan die linkerkant van sy ribbes tref. Junior Agent Brent Turner val grond toe en hy haal nie asem nie. Spesiale Agent Dechanel, wat reg agter Brent en Naydien gesit het, duik vir Naydien plat en neem die wapen by haar af, voor sy nog 'n skoot kan afvuur. Anandee kniel dadelik langs Brent en begin met mond-tot-mond asemhaling. Die ander agente wat voor en agter Naydien-hulle gesit het, staan rustig skouer teen skouer met hulle rûe na die beroering toe, sodat die gaste nie kan sien dat iets gebeur het nie. Hulle wys vir Danie en Bessie, wat voorbereid was dat Naydien iets in die mou voer, om aan te stap asof niks gebeur het nie. Die agente stel die paar gaste wat wel iets gesien het, gerus dat alles onder beheer is. Brent kom by en hou sy oë toe. Anandee wil by sy nekslagaar voel vir 'n hartklop en hy neem sy kans waar om haar nader te

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1