Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ruimtereis Na Nerens: The Landrys, #1
Ruimtereis Na Nerens: The Landrys, #1
Ruimtereis Na Nerens: The Landrys, #1
Ebook266 pages4 hours

Ruimtereis Na Nerens: The Landrys, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Elizabeth Moss - Bessie - se identiteit is gesteel. Sy is nou 'n gevangene met geheueverlies, op 'n gevaarlik aantreklike losprys jagter, Danie Landsberg, se ruimteskip. Danie maak haar bene lam, maar hy dink sy is 'n misdadiger en kan haar nie verdra nie. Hy vind eers later uit dat Naydien Huisamen die regte misdadiger is. Naydien, met die hulp van ruimterower, Tomas Salvinski, steel Bessie by die Landsbergs om die losprys op haar in te palm. Danie deurkruis die heelal om na Bessie te soek. Sal hy ooit betyds by haar kan uitkom?

LanguageAfrikaans
PublisherMonika Smith
Release dateAug 3, 2023
ISBN9798223389545
Ruimtereis Na Nerens: The Landrys, #1

Related to Ruimtereis Na Nerens

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ruimtereis Na Nerens

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ruimtereis Na Nerens - Monika Smith

    Chapter 1.

    Donker. Lig. Donker. Lig. Donker...

    Oeee, eina! Kop. Seer. Sy waag dit weer om haar oë oop te maak - die keer net op skrefies.

    Te veel lig! Sy knyp haar oë vinnig weer toe en wil haar regterhand oor haar oë sit, maar haar arm ruk tot stilstand. Wat de Joos? Sy maak versigtig een oog oop en lig haar kop effens op om beter te sien. Sy kan haar arm net vyf sentimeter hoog optel. Deur golwe van pyn laat sy weer haar kop sak. Sy lê op 'n harde platform en toe sy probeer orent kom, besef sy, sy is so vas soos 'n vlieg op een van daardie gogga gomspirale wat in haar ouma se plaas kombuis van die plafon afgehang het.

    Haal diep asem. Wees rustig. Gebruik jou brein. Dit help nie jy raak paniekerig nie. O, vet, dink

    sy. Ouma het altyd gesê jy is mal as jy met jouself praat. Is ek nou die kluts kwyt?

    Na 'n paar keer se diep asemhaal, begin haar hoofpyn effens bedaar. Sy waag weer om skrefies oog te loer en die lig is nie meer so baie skerp nie. Sy lê op haar rug en staar na 'n vormlose plafon. Geen leidrade daar nie. Ditto die mure. Vormloos, grys en glad, behalwe vir die vierkantige drukpanele. Sy lig weer haar kop en haar oë sper wyd oop toe sy die breë silwer armbande om albei haar polse gewaar. Haar enkels is ook omring met silwer bande. Sy probeer haar hande en voete

    losruk, maar sy kan hulle net vyf sentimeter vêr van die silwer platform af beweeg. Hoe harder sy

    spartel, hoe meer weerstand bied die bande, asof sy deur dik stroop probeer beweeg.

    "Houston, ek dink ons het 'n probleem. Ek is ontvoer en ek is vasgevang in wat voel soos 'n

    magneetveld en...ek...ek... dink ek kan nie onthou nie wie ek is nie." Sy lek oor haar droë lippe.

    "Dink, dink, dink. Wat weet ek? Ek het 'n ouma wat op 'n plaas bly...en...dis al. Ek weet niks

    verder nie." Sy begin vinniger asemhaal. Die paniek begin haar oorweldig. Sy ruk haar hande

    heen en weer en probeer so hard as wat sy kan skop met haar voete.

    Help! Help my! Iemand?

    Haar hart galop soos 'n wilde weghol perd en haar styfpassende grys skeepsuniform is deurdrenk

    van die sweet. Moeg gespook raak sy weer aan die slaap.

    Dit is die jaar 2052. Die Aarde is woes en leeg. Onbewoonbaar. Bestraling van die Fukushima

    Daiichi kernkrag opwekker wat in die Tsunami van 11 Maart 2011 verwoes is, het die hele aarde se

    oseane besmet met radioaktiewe cesium. In 2020 het die wetenskaplikes aangekondig dat die

    suurstof in die atmosfeer merkbaar begin daal en die inwoners van die Aarde moes begin soek na

    alternatiewe oplossings. Teen die jaar 2030 is feitlik 80% van alle seelewe uitgewis deur die

    gekontamineerde water van Fukushima, wat onophoudelik in die oseaan uitgelek het. Sonder

    plankton, wat ongeveer 70% van die Aarde se suurstof vervaardig het, het die landdiere en die

    meeste plante ook begin uitsterf. 'n Baie skaars, nuut-ontdekte mineraal, Mesosideritium, het 'n nuwe aandrywing vir ruimteskepe moontlik gemaak. Die Planetêre Alliansie is gestig om na nuwe bewoonbare planete te begin soek. Wiskundiges van NISI het bewys dat wurmgate bestaan en nadat die posisie van eerste wurmgat ontdek is, het ruimte verkenners dit gebruik om nuwe planete op te spoor. Die eerste van twaalf bewoonbare planete is in 2022 gevind. Die 500 miljoen mense wat die rampe oorleef het, het elkeen teen 2035 'n nuwe heenkome gevind op een van die nuwe planete.

    ––––––––

    48 uur tevore op die planeet Eden.

    Elizabeth Moss, wat verkies om Bessie genoem te word, se persoonlike holografiese skerm herinner haar aan die volgende dag se afspraak. Sy tik met haar vingers op die sleutelbord wat in die lug geprojekteer is, om te bevestig dat sy daar gaan wees. Haar wooneenheid in die stad Paradys,

    bestaan uit die hele boonste vloer van 'n blok woonstelle.

    Terselfdertyd, 48 uur tevore, op die Ruimteskip Sofia.

    Die Ruimteskip Sofia kom te voorskyn uit die wurmgat, ses ure se reis van die planeet Eden af. Die tuig word tussen die wurmgate aangedryf deur die VinnigerAsLigSpoed-enjins of VALS-enjins, deur middel van 'n Mesosideritium kern. Mesosideritium is tot dusver die enigste mineraal wat vir die aandrywing gebruik kan word. Die aanvraag is altyd groter as die aanbod, omdat die Mesosideritium gesublimeer word gedurende aandrywing. Die ruimteskepe moet egter nog staatmaak op gewone vuurpyl brandstof om tot by die wurmgate te vaar.

    Sofia, wys asseblief vir ons Eden op die skerm, vra Danie Landsberg. Op 32, is hy die oudste van die drie Landsbergs op die tuig. Hulle is nou naby genoeg aan die planeet en hy het teen die tyd al bietjie herstel na die beproewing van die rit deur die wurmgat.

    'n Drie-dimensionele beeld van die planeet neem op die ruimteskip se hoof holografiese skerm vorm aan.

    Sjoe, die planeet is so groen soos 'n eerstejaarstudent, sê Nick. Hy is vier jaar jonger as sy ouboet, Danie.

    Plek-plek kan 'n mens varswater mere sien blink tussen die ruie groen reënwoude.

    Jy kan vir Anandee gaan wakkermaak, ons sal oor 'n uur daar wees. Onthou net om te koes,

    Danie. Nick stap uit die stuurkajuit uit om hulle laatlam suster, wat pas negentien geword het, te

    probeer opjaag.

    Die Kunsmatige Intelligensie (KI) Sofia, is in beheer van alle aspekte van die ruimteskip. Sy

    kan ingewikkelde berekeninge doen en die skip loods, sonder enige insette van die bemanning.

    Sofia, sal jy solank vir ons by Eden se ruimtehawe toestemming kry om te land op Paradys? vra Danie.

    Eden ruimtehawe, dit is die Ruimtetuig Sofia, tuisplaneet Moa. Ons versoek toestemming om te land op Eden, vra Sofia.

    Eden, Paradys ruimtehawe hier, magtiging om te land, word toegestaan aan die ruimteskip Sofia. Gaan voort en land op landingstrook 2B, halte nommer 31.

    Dankie Eden ruimtehawe, ons maak so. Oor en uit, antwoord Sofia.

    Sofia doen die berekeninge om te land en land moeiteloos. Die drie Landsbergs maak hulle sitplekgordels los en staan op. Sofia maak vir hulle die buitenste luik oop en laat sak die loopplank. Hulle verlaat die tuig en meld by doeane aan. Doeane is 'n meter hoë pilaar met 'n sensor in. Danie, Nick en Anandee hou hulle identiteitsarmbande om die beurt oor die sensor. Elkeen se inligting word van die armband afgelees en die formaliteite is afgehandel. Sofia trek die loopplank terug en die buitenste luik begin toemaak, maar dit sluit nie vinnig genoeg nie. 'n Klein indringer het ongemerk aan boord gekom. Die klein gedaantetjie kyk senuweeagtig in die portaal rond, draf dan vinnig in die gang af en glip by die eerste oop deur in.

    Sofia het vooraf vir die drie Landsbergs plek bespreek in 'n hotel en hulle bestyg die bewegende

    sypaadjie wat hulle na die naaste buisterminaal vervoer. Die buise is 'n vorm van blits-vervoer en die terminale is by die besigste nodes van die stad geleë. By die buisterminaal skandeer hulle die armbande en die KI neem hulle direk na die hotel toe. Hulle gordel vas en binnekort seil hulle deur die buis en land binne minute by die hotel se terminaal. By die ingang van die hotel, is daar ook 'n pilaar met 'n sensor. Om die beurt skandeer hulle die armbande en die KI programmeer outomaties elkeen se kamernommers se sleutel kodes op die armbande in. Daar is hier en daar nog mense wat verkies om nie met KI's te werk nie, so daar is 'n ontvangsdame op haar pos agter 'n toonbank vir diegene wat met 'n regte mens wil praat.

    Nadat die Landsbergs in hulle kamers aankom, is die eerste ding op die agenda 'n lang, luukse stort of bad. Ruimteskepe hou net drinkwater aan boord.

    Die rede vir hulle besoek aan Eden, is omdat Danie môre 'n baie belangrike afspraak het om na te kom. Hy lê nog 'n hele ruk lank wakker en dink oor die afspraak. Hy hoop maar net dat alles vlot sal verloop. Daar is te veel op die spel om nou 'n misstap te begaan.

    Die planeet Eden.

    Die volgende oggend wikkel Bessie haar pols om op haar identiteitsarmband wakker te maak. Sy wil sien hoe laat dit is.

    Gits, ek moet oor tien minute by die koffiewinkel wees. Ek sny dit al weer fyn. Sy sit gou haar

    lipstiffie aan en kyk vir oulaas in die vollengte spieël om seker te maak alles lyk eksie-perfeksie.

    Sy knik tevrede en gryp haar nuwe ligpers handsak, wat by haar knielengte rok pas. Die

    moulose rok met groot pers rose op 'n wit agtergrond pas perfek om haar bolyf en die vol

    romp gedeelte in sagte, vloeiende materiaal, vly haar skraal figuur.

    Ek hoop dis dié keer Mnr. Reg. Hoeveel paddas moet 'n mens nou deurwerk om by die prins uit te kom? Bessie is so gewoond om met haarself te praat, dat sy dit nie eers meer agterkom nie. Sy maak die wooneenheid se deur agter haar toe en wag vir die hysbak om op te daag. Sy vryf oor haar ligbruin, skouer lengte hare, om seker te maak dit lê nog reg. 'n Sug ontsnap voor sy dit kan keer.

    Hoekom kry ek elke keer Mnr. Verkeerd? Ek is al 29, ek moes teen die tyd al lankal 'n Mnr. Reg teëgekom het. Die hysbak se deure skuif oop en nog voor die KI kan vra: Waarheen

    Mej. Moss? sê sy: Grondvloer asseblief. Sy kyk hoe die nommers blitsvinnig van 72 af daal na

    0 toe. Die deure skuif geluidloos oop en binne oomblikke klim Bessie op die bewegende sypaadjie

    wat haar tot by 'n gewilde retro-koffiewinkel neem, waar sy haar padda/prins ontmoet.

    Die Sentrale Kunsmatige Intelligensie-eenheid van die Planetêre Alliansie reik by geboorte aan elke persoon 'n armband uit waarop al hulle inligting gestoor is: DNS, identiteit, bankbesonderhede met hul krediete, planeet van oorsprong, om net die belangrikste te noem. Die armbande het sellulêre telefone en skootrekenaars vervang. Die mense wou nie inplantbare tegnologie in hulle hande of voorkoppe hê nie, so die armbande was die enigste oplossing vir daardie netelige situasie. Slegs 'n sekere afdeling van die Planetêre Alliansie kan die armbande verwyder. Die KI van die Planetêre Alliansie gebruik die DNS-profiele van enkellopendes en soek geskikte kandidate vir potensiële lewensmaats, wanneer iemand aansoek doen daarvoor. Die twee persone kan dan met mekaar in verbinding tree. Die sisteem is nie onfeilbaar nie en 'n slim kuberkraker kan teoreties met die resultate peuter. Al drie van Bessie se vorige afsprake was paddas, maar sy het 'n goeie gevoel oor hierdie een, nommer vier.

    Sy stoot die outydse glasdeur van die koffiewinkel oop en die geelkoper klokkie wat bokant die deur hang, kondig haar binnekoms met 'n helder geklingel aan. Die koffiewinkel se dekor is so 2020 en sy is dol daaroor. Dis 'n bietjie voor haar tyd, maar sy onthou hoe dit in daardie era gelyk het op foto's in haar ouma se albums. Daar is helderkleurige driehoek materiaal vlaggies wat oor en weer die vertrek gespan is. Geverfde houtplanke met hoenderhane, donkies, proteas en windpompe, onderskeidelik, versier die mure. Vierkantige witgeverfde hout tafels met rooi, wit en donkerblou blokkies lap tafeldoeke vul die hele vloer. Die rooi lampskerms en stoele met donkerblou kunsleer kussings pas by die tafeldoeke.

    Goeiedag, tafel vir een? vra die kelnerin. Bessie kyk solank rond of sy nie die langverwagte prins kan sien nie.

    Um, nee. Vir twee, sy bloos so rooi soos die lampskerms.

    Die kelnerin se wenkbroue lig en sy wys na 'n oop tafel wat min of meer in die middel van die vertrek staan. Dit voel of almal vir haar kyk. Bessie gaan sit versigtig op die outydse stoel.

    Dit laat haar verlang na haar ouma Liesbet se plaas kombuis, met sy groot melamien blad tafel en onpaar stoele, wat na ure se kuier hard word onder 'n mens se sitvlak. Die nuwerwetse kuierplekke word deur KI beheer. Jy sleutel jou bestelling op 'n holografiese skerm in en 'n 3-D voedseldrukker vervaardig jou dis, wat dan by die drukker se terminaal te lande kom. Geen kelners is meer nodig nie. Net die retro-plekke soos hierdie koffiewinkel het nog regte kelners en gelamineerde spyskaarte wat op outydse papier gedruk is. Die duur plekke bestee nog krediete aan kelners en sjefs, maar 'n mens betaal baie vir die voorreg. Bessie is een van die min mense wat kontak met mense mis. Die meerderheid van mense leef deesdae aanlyn in 'n virtuele wêreld en sien soms vir weke lank geen ander lewende siel nie. Bessie bestudeer die porseleinbakkie met outydse pakkies suiker en lees die slagspreuke wat op die agterkant van die papierpakkies gedruk is. Die glas en metaal sout- en peperpotte en regte tamatiesous bottel voer haar terug Aarde toe - na haar kinderdae. Sy kyk na die ander mense in die koffiewinkel en sien sy is amper die enigste jong mens in die winkel. Die ouer mense mis ook kontak met ander. Die kelnerin bring twee spyskaarte en Bessie lees haar naamplaatjie toe sy die spyskaarte neersit: Laruche.

    Bessie kyk op toe die deurklokkie klingel, snak byna na haar asem en verkyk haar aan 'n paar kobaltblou oë. Die mooie man laat haar brein funksie tot stilstand kom. Sy kom skielik agter sy staar na die man en kyk onseker agter en om haar rond of hy nie dalk na iemand anders soek nie, maar nee, hy kyk vir háár. Sy knip nie 'n oog terwyl hy lyk of hy na haar toe aangesweef kom - in stadige aksie, soos in die flieks - omdat haar brein verseg het om te funksioneer.

    Elizabeth? Hy glimlag en die man se telling uit tien styg na volpunte toe. Heeltemal buite my liga, dink Bessie beneweld.

    Ja, dis ek, kry sy uitgeasem. Laruche val omtrent oor haar eie voete soos sy aangetrippel kom.

    Ek is so bly ek sit, dink Bessie. My knieë sou geknak het toe hy sy 1000 watt glimlag uitgepak het.

    Hy trek die ander stoel uit en gaan sit.

    Twee filterkoffies asseblief. Sy stem is soos heuning. Laruche fladder haar wimpers en waai

    haarself koud met haar notaboekie. Hy het nou maar net daardie uitwerking op die skoner geslag. Dit irriteer hom grensloos as die meisies so vir hom flikkers gooi, maar hy hou sy gesigsuitdrukking vriendelik.

    Dis nou as Elizabeth nog nie bestel het nie.

    Laruche knik woordeloos en loop agteruit na die bestelpunt toe, natuurlik om hom so lank as moontlik te bekyk. Bessie kan haar nie blameer nie, sy sukkel self nog om te onthou hoe om in en uit te asem. Bessie weet nie waar om te kyk nie - die beeld van 'n man ontsenu haar. Na wat soos 'n ewigheid voel, bring Laruche die koffie en 'n klein skandeermasjientjie, sodat hy vir die koffie kan betaal. Die man skandeer sy armband en Laruche loop weer 'n ent agteruit, die flerrie.

    Neem jy suiker? Hy bied vir Bessie twee papierpakkies aan.

    Sy knik en skeur die pakkies oop, roer 'n bietjie te lank. Bessie weet nog steeds nie waar om te kyk nie en gooi amper te veel melk in die beker. Die ergste van als is, sy drink nie eers melk in haar koffie nie. Sy neem 'n groot sluk en daar beland koffie in die verkeerde pyp. Die hoesbui wat volg, laat haar weer eens soos familie van die lampskerms lyk. Sy kry nou baie warm. Nog 'n groot sluk koffie raak van die gekriewel in haar keel ontslae. Sy kyk onwillekeurig weer in daardie oë vas en verkyk haar aan die ligkrans wat om sy kop verskyn het. Ligkrans? Sy voel aardig en daar dans sterretjies voor haar rond, soos wanneer mens te vinnig opgestaan het en jy wil omval. Haar kop begin knik en voor sy van haar stoel kan afgly, keer die man rats dat sy nie op die vloer beland nie. Hy tel haar in sy sterk arms op en haar oë gaan toe. Sy voel haar kop teenaan sy bors nestel. Sy wonder hoe sy dít so gou reggekry het. Dit gons in haar ore en die sterretjies is nou so baie dat sy niks meer voor haar kan sien nie. Haar laaste gedagte is: So dís hoe dit voel om flou te word, ek skaam my morsdood! Daarna weet sy niks meer nie.

    Die man dra haar tussen die tafels deur en kondig aan: Sy voel nie lekker nie en met 'n laaste lae bloeddruk! oor sy skouer uitgeroep, dra hy haar by die winkel uit. Met die omkykslag stamp hy per ongeluk haar kop teen die deur se kosyn.

    Oeps! Jammer. Bessie is reeds bewusteloos en voel dit gelukkig glad nie.

    ––––––––

    24 uur later op die ruimtetuig Sofia.

    Bessie word weer in dieselfde grys vertrek wakker en haar hoofpyn van vroeër is nou minder erg. Sy toets die weerstand van die silwer armbande nog 'n keer, maar dis tevergeefs. Die magneetveld werk te goed. Sy word vir die eerste keer bewus van 'n lae gedreun en sy voel 'n ligte vibrasie in haar lyf.

    Wat is die plek? wonder sy hardop. Waar is ek? en nog belangriker: Wie is ek?

    Sy draai haar kop skerp na regs, tot haar spyt, toe 'n skerp pyn bokant haar linkeroog deur haar skiet. Sy kan egter nie nou daaraan aandag gee nie, want 'n langwerpige ovaal opening het in die regterkantste muur verskyn. 'n Nors, kwaai man met 'n woeste frons tussen sy ongelooflike blou oë stap die vertrek binne en die opening suis agter hom toe. Hy kom staan by die voetenent van die platform waarop sy lê en vou sy arms. Bessie kan haar oë nie van sy gespierde bo-arms afhou nie.

    So, jy is wakker. Hy gluur haar aan. "Jy is teen die tyd seker lekker ongemaklik van net op jou

    rug lê, maar 'n geharde misdadiger soos jy verdien geen genade nie," sê hy. Danie merk op dat daar

    'n blou opgeswelde area bokant haar linkeroog is, waar hy haar kop gestamp het op pad uit die

    koffiewinkel uit. Hy voel net 'n klein bietjie skuldig daaroor. Hy het nie bedoel om haar kop te

    stamp nie.

    "Ek sal die magneetbande verstel sodat jy kan opstaan. Jy het seker al agtergekom dat jy nie

    skielike bewegings kan maak nie. Die bande is ontwerp om dan meer weerstand te bied." Hy roep 'n holografiese skerm voor hom op en tik in die lug daarop. Sy sit stadig regop en sien 'n paar verdwaalde sterretjies, maar hulle verdwyn gelukkig gou.

    Die badkamer is agter my. Jy druk net met jou hand op die drukpaneel langs die deur om dit oop te maak. Die kajuit se deur reageer net op bemanningslede. Gevangenes kan net die badkamerdeur aktiveer.

    K-k-kajuit? stotter Bessie toe sy tot verhaal kom.

    Ja, jy is op die ruimteskip Sofia. Ons is losprys jagters en ons is op pad om jou op Nêrens te gaan afgee.

    N-N-Nêrens?

    "Ons is al ses maande lank op jou spoor. Die losprys op jou kop gaan ons ruimteskip afbetaal en

    ons hoef vir 'n jaar lank nie te werk nie."

    L-l-losprys?

    Ek het nie geweet jy hakkel nie, maar ja, 'n hengse groot losprys vir die mees gesoekte misdadiger in die ganse Planetêre Alliansie.

    M-m-maar...

    Nee, ek stel nie belang in jou liegstories nie, praat hy haar dood, ons lewer jou af op Nêrens, kry ons krediete en dan is dit son, see en ontspan.

    Hy kyk haar deur vernoude oë aan, sit sy hande weerskante van haar heupe op die platform en bring

    sy gesig dreigend naby aan hare. Bessie leun verskrik terug. Haar hart klop wild.

    Hoe gouer ons van jou ontslae is, Naydien, Elizabeth, of wat jy jouself ook al die week noem, hoe beter. Hy kom orent, aktiveer die deurpaneel en dit suis agter hom toe.

    Bessie sit verstom voor haar en uitstaar. Duisende gedagtes maal in haar kop rond. 'n Geharde misdadiger, op pad na die planeet, Nêrens? Dit voel nie reg nie. Haar gedagtes word onderbreek deur haar maag wat skielik grom van die honger. Die deur skuif weer oop en 'n stroewe meisie met dieselfde raafswart hare en blou oë as die man, dra 'n bedekte skinkbord na binne. Bessie se mond water en haar maag grom so hard dat die meisie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1