LEWE OP ‘MARS’
VANDAG is die weer op Mars lieflik – en ’n ruimtevaarder is onder die wolklose blou lug besig om te versmoor. Die moeilikheid begin toe drie bemanningslede die veiligheid van die habitat, of “Hab”, hul drukvaste woonstasie met plek vir ses, verlaat en dit na buite waag vir roetinewerk.
In drukpakke van 16 kg sukkel hulle voort, asem lug in wat deur ’n waaier na hulle gepomp word en bekyk die ruwe rooi landskap deur hul glashelms.
Met hul terugkeer na die stasie begin een ruimtevaarder, Aga Pokrywka, vreemd optree. Haar bewegings is traag. Sy steek in haar spore vas.
Die radio raas. “Aga, is jy oukei?” vra die bemanning se bevelvoerder, Sionade Robinson.
Die Hab is net ’n paar dosyn meter daarvandaan, maar Aga kan nie verder beweeg nie. Sy sak op die rooi klei neer.
Robert Turner, hul mediese beampte, stuur ’n radioboodskap na die Hab: “Ruimtevaarder het geval; ruimtevaarder het geval!”
Die drie bemanningslede binne begin met noodprotokolle. Twee trek ruimtepakke aan, gryp ’n draagbaar en gaan die lugsluis binne. Daar moet hulle vyf moeisame minute lank wag dat die lugdruk aanpas. Doen hulle dit nie, kan hulle uitmekaarskeur die oomblik dat hulle Mars se dun atmosfeer binnegaan.
Ná die pynlike gewag haas die reddingspan hulle na Aga en rol haar tot op die draagbaar. Hulle hardloop na die Hab, wikkel haar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days