Huisgenoot

‘WANT ONS IS NIE ALLEEN NIE’

’N KWART van al die bekende sterre in die heelal is vermoedelik die gasheer vir ’n “volmaakte planeet” – een met dieselfde grootte en temperatuur as die aarde. Daar is sowat ’n “zetta” van hulle… dis ’n triljard – een met 21 nulle.

Dit is vermetel om te aanvaar dat ons al intelligente wesens in hierdie uitgestrekte kosmos is. Dit is trouens nie net arrogant om te dink ons is alleen in die ruimte nie, maar ook wetenskaplik gesproke onsin.

Op 19 Oktober 2017 het ’n teleskoop op Maui, Hawaii se naasgrootste eiland, die eerste interstellêre besoeker, sover bekend, waargeneem. Hierdie voorwerp het ongetwyfeld van ’n verre sonnestelsel gekom.

Was dit ’n natuurlike verskynsel of een wat deur ’n intelligente lewensvorm ontwerp en gebou is? Die eenvoudigste verklaring is die laasgenoemde: dat dit deur ’n beskawing geskep is wat nie op hierdie aarde is nie.

Die aarde kan onmoontlik ál planeet wees wat lewe onderhou. Selfs in ons eie sterrestelsel, die Melkweg, wentel daar om ’n kwart van sy 200 miljard sterre planete met die regte toestande vir vloeibare water, en daarom die chemie van die lewe soos ons dit ken.

Met soveel wêrelde – 50 miljard in ons eie sterrestelsel – is dit heel waarskynlik dat intelligente organismes al elders ontwikkel het.

Maar daar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related