Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Proefskrif
Die Proefskrif
Die Proefskrif
Ebook269 pages3 hours

Die Proefskrif

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Professor Hendrik Delport is besig met sy doktorale studie na die oorsprong van die antiekte beskawing wat hulle opwagting aan die suidpunt van Afrika gemaak het millenniums voordat die eerste Negroïdes of swart rasse die ewenaar suidwaarts oorgesteek het. Hiermee wil hy bewys dat die Kleurlinge, nasate van die Khoikhoi (nie die San nie), ’n genealogiese verlede het, dat hulle ook ’n volk is wat ’n trotse herkoms het. Dog hy het letterlik vasgeval in die waaisand van Klein Asië en Noord Afrika, want heilige en onheilige winde het eeue gelede reeds die spore uitgewis.
Na die dood van sy vrou het Hendrik sy pos by die universiteit opgeskop, as gevolg van ‘regstellende-agteruitgang-aksie’ soos hy dit gestel het, sy huis op Stellenbosch verkoop en na Bettiebaai getrek, want, ‘met die Internet kan jy vandag enige plek op aarde navorsing doen.’ Liesbet Fortuin wat haar lewe lank vir hulle huisgehou het, het saam met hom gekom. Maar daar is mense in die klein gemeenskap wat nie gelukkig is dat so ’n gesiene man en ’n vrou van kleur saam in een huis woon nie.
Die Nasionale Sentrum vir Omgewings-Inligting tesame met die Britse Geologiese Opname-Sentrum doen elke vyf jaar ’n opname van die magnetiese noordpool want dit word gebruik vir die vasstelling van alle globale plekbepaling-stelsels. Op 10 Desember 2019 het die sentrums ’n berig vrygestel dat die magnetiese noordpool die laaste twintig jaar 1,100 kilometer weg van Kanada en nader aan Siberië beweeg het, en dat dit die nulmeridiaan in September 2019 oorgesteek het. Terselfdertyd is die magnetiese suidpool nou byna 2,500 kilometers vanaf die nulmeridiaan suidpool en is lank nie meer op Antarktika nie. Beteken dit dat die aardbol dalk besig is om the kantel? Hoe raak dit Hendrik se navorsing? Ook vir my en jou?
Hendrik en sy getroue hond Wessel, vernoem na sy oudste seun wat in Angola gesterf het, gaan stap elke dag op die kilometers-lange Bettiebaaistrand. Op ’n koue en winderige dag loop Hendrik ’n beeldskone jong dame op die strand raak. Hy noem haar sy porselein-poppie. Sy is sku en dit neem hom ’n paar dae om ’n gesprek met haar aan te knoop. Wat hom egter dronkslaan, sy is die enigste persoon wat hy op die strand teëkom vir wie Wessel nie met ’n nat neus en waaiende stert groet nie. Wat Hendrik verder verstom is dat sy kennis dra van sy navorsing deurdat sy hom kort-kort iets vertel wat hom help met sy studies (o.a. die Keltiese mitologiese land van Lyonesse; ook die antieke bewoners van Antarktika voordat ’n pakys kombers die vyfde grootste kontinent totaal toegetrek het). Dog elke keer as hy haar ’n vraag vra gee sy vinnig pad. Hy kan ook nie vasstel waar sy bly nie.
Een Saterdagaand nooi hy sy porselein-poppie om oor te kom en saam met hom en Liesbet en haar vriend Quinton Lentoor te braai. Maar as daar Maandag ’n foto van haar in die Burger verskyn met ’n berig dat dié student Saterdagnag in Kaapstad vermoor was is hy, Liesbet en Quinton totaal verslae. Was sy porselein-poppie dalk een van ’n identiese tweeling? Hendrik ry Kaap toe en gaan klop aan by die speurder wat die moord ondersoek. Daar is egter geen suster nie en dié beskuldig hom dat hy probeer om vir sy jongste en vervreemde seun Adri ’n alibi te skep, want sy het blykbaar dié aand saam met Adri na ’n studente-partytjie gegaan.

LanguageAfrikaans
PublisherFrederic Roux
Release dateJan 26, 2020
ISBN9780463312704
Die Proefskrif

Read more from Frederic Roux

Related to Die Proefskrif

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Proefskrif

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Proefskrif - Frederic Roux

    Inleiding: Hoe lank gaan jou GPS nog betekenisvol bly?

    Hoofstuk 1: Oorsprong van Suid-Afrika se oer-beskawings.

    Deel een: uNkunkulu het swart en wit mense geskape.

    Hoofstuk 2: Nou wie kan dit wees, het hy gewonder?

    Hoofstuk 4: Is meneer all right?

    Hoofstuk 7: ’n Sinnebeeld van die volk.

    Hoofstuk 9: As Wessel tog net kon praat.

    Hoofstuk 11: ’n Swart suidooster.

    Hoofstuk 13: ’n Oorvloed mengsels moerkoffie.

    Hoofstuk 15: Kan ’n man so laag daal?

    Deel twee: Die Ariese Ras van Suidelike Afrika.

    Hoofstuk 18: ’n Ontsettende private persoon.

    Hoofstuk 20: Ek moet eers skelmpies oefen.

    Hoofstuk 22: Sy porselein -poppie.

    Deel drie: Die Tarsisse, seevarende handelaars.

    Hoofstuk 24: Om oor die kleurgrens te beweeg?

    Hoofstuk 25: Nou wat is die punt dominee?

    Hoofstuk 26: Die vure van nasionalisme.

    Hoofstuk 29: Hulle sien neer op haar.

    Hoofstuk 32: Hy’t sieke’ ma’ ’n anne’ goosie.

    Hoofstuk 34: Twee pragtige Majubatjies.

    Hoofstuk 36: A meddlesome old man.

    Hoofstuk 39: Van ’n gewisse verkragting gered.

    Hoofstuk 41: Hy het gewonder of hy haar weer sou sien.

    Hoofstuk 43: The City of Lions.

    Deel vier: Die Oer-Stedelinge van die land van Lyonesse.

    Hoofstuk 44: Die Klokke van die See.

    Hoofstuk 46: Was sy mens, of was sy …?

    Hoofstuk 47: Hy het op slag gesterf.

    Hoofstuk 49: Die seevlak wêreldwyd kan met vyf meter styg.

    Hoofstuk 51: Waar kom sy aan al die dinge?

    Hoofstuk 53: Why Iseult? Why not Isolde?

    Hoofstuk 54: Maak geld soos bossies, word net vetter.

    Deel vyf: Die Verlore Beskawing van Antarktika.

    Hoofstuk 57: The time zone brings them together.

    Hoofstuk 60: Gee my eers ’n soen. For old times’ sake.

    Hoofstuk 62: As djy daai vis in djou bakkie het is djy set for life.

    Hoofstuk 65: I see blood over the sea …!

    Hoofstuk 67: Sy’s voor middernag vermoor!

    Deel ses: En die mense het uitmekaar gegaan.

    Hoofstuk 68: Die Bruinvrou in die huis.

    Hoofstuk 71: Hoe lyk dit my jy smaak die ou toppie.

    Hoofstuk 73: Meneer is Kaap toe vir die dag.

    Hoofstuk 75: Jy kan aangekla word as ’n medepligtige.

    Hoofstuk 77: Vir Wessel was sy nie ’n lewende wese nie.

    Hoofstuk 80: Dis nou ’n fine how do you do.

    Hoofstuk 83: Asseblief Hendrik, moenie doodgaan nie.

    Hoofstuk 85: Beide bebloed. Beide so onnodig.

    Hoofstuk 87: Hy het haar hand gevat om te bid.

    Deel sewe: Die Wind het hulle gebring.

    Hoofstuk 88: Dit is Mienette … jou kleindogter.

    Hoofstuk 90: Eers minnares, dan junkie, dan pusher.

    Hoofstuk 91: Daar kan geen beter plek wees nie.

    Erkenning.

    CV (In ’n neutedop).

    Nog eboeke deur die skrywer:

    n Dag Sonder Gister.

    Rainbow to Valhalla.

    A Darker Shade of White.

    Temptation, Condemnation, Damnation, Salvation.

    Uit Die Stof.

    By die Kaliva.

    Rian Schröder Thrillers (9 novels - ‘dark web’ features).

    ***

    Inleiding

    Die magnetiese noordpool het die laaste twintig jaar 1,100 kilometer weg van Kanada en nader aan Siberië geskuif. Die magnetiese suidpool is ook nie meer op Antarktika nie. Is die aardbol dalk besig om weer te kantel ― sodat noordpool suid en suidpool noord word?

    Meeste motorbestuurders ry vandag met ’n GPS (globale plekbepaling-stelsel) in die motor. Baie kan nie sonder dit klaarkom nie. Dog hoeveel motorbestuurders weet dat dit daagliks besig is om te verander. Maar, gelukkig, vind die verandering nie oornag plaas nie. Sien, die GPS is gebaseer op die magnetiese noordpool.

    Is die magnetiese noordpool die noordpool? Nee. Die noordpool is die nulmeridiaan (die internasionale datum-lyn, ook bekend as die Greenwich datum-lyn wat in 1884 op zero grade, zero minute, zero sekondes vasgestel was, en wat deur die Royal Sterrewag in Greenwich, Engeland loop). Die magnetiese pool weer is ’n magnetiese veld wat geproduseer word deur ’n gekarring van die planeet se vloeibare buite-kors (tot op ’n diepte van naasteby 1,800 kilometer ― en die wetenskap het nog nie met ’n antwoord gekom hoe metale wat hoofsaaklik uit nikkel en yster bestaan vanuit die kern van die aarde opgestoot word nie), en dit produseer ’n komplekse, maar hoofsaaklik noord-suid magnetiese veld. Die nikkel en yster in die vloeibare kors bevat blykbaar ione of elektries-gelaaide atome en molekules en die vermoede is dat die beweging hiervan die magnetiese veld produseer.

    ’n Eeu gelede was die magnetiese noordpool omtrent 1,300 kilometers wes van die nulmeridiaan noordpool, naby Ellef Ringnes Eiland aan die Kanadese kant van die nulmeridiaan. Maar in September 2019 het dit die nulmeridiaan oorgesteek. In Februarie 2019 was die magnetiese noordpool in die Noordpoolsee, 86.54 N 170.88 E.

    Hoe dan nou? En hoe raak dit jou GPS?

    Die Nasionale Sentrum vir Omgewings-Inligting tesame met die Britse Geologiese Opname-Sentrum doen elke vyf jaar ’n opname van die magnetiese noordpool omdat dit gebruik word vir die vasstelling van alle globale plekbepaling-stelsels, o.a. die GPS, skeepskompasse, vliegtuig-stelsels, satelliet-stelsels, selfs die bou van aanloopbane vir vliegtuie. Die volgende opname sou eers in 2020 gedoen word maar omdat die magnetiese noordpool die nulmeridiaan oorgesteek het was die opname ’n jaar vroeër gedoen en die inligting was op 10 Desember 2019 vrygestel.

    Nou is die vraag, wat nou van die magnetiese suidpool?

    As die magnetiese noordpool kantel moet die magnetiese suidpool ook kantel. ’n Dekade gelede was die magnetiese suidpool reeds 2,479 kilometers oos vanaf die nulmeridiaan suidpool. In Februarie 2019 was die magnetiese suidpool 64.13 S 136.02 E (d.w.s. af van Antarktika by Wilkes Land), m.a.w. nader aan die suidweskus van Australië.

    Beteken dit dat die magnetiese pole besig is om te flip-flop ― d.w.s. kan magnetiese noordpool magnetiese suidpool en magnetiese suidpool magnetiese noordpool word? Die antwoord is ja. Is dit iets nuuts? Nee. Na raming het dit reeds telkemale gebeur dat die pyl wat noord gewys het suid wys, en andersom; en volgens wetenskaplikes glo ‘sonder biologiese nagevolge’. Of beteken die uitwissing van ’n spesies geen biologiese nagevolge nie?

    Wetenskaplikes van genoemde gesaghebbende liggame is nie seker of die magnetiese pole besig is om heeltemal om te dop nie maar vermoed (sonder dat hulle dit staaf) dat die tempo van kanteling kan afneem van 55 na 40 kilometers per jaar. Die werklikheid is dat die tempo net so maklik vinniger kan toeneem en selfs kan omdop.

    Hierdie wetenskaplikes vermoed dat die planeet se interne dinamika tans ’n verandering ondergaan wat ’n verswakking van die magnetiese pool veroorsaak. Hulle kan egter geen verduideliking hiervoor gee nie maar vermoed dit is waarom die magnetiese noordpool (en magnetiese suidpool) kantel.

    ’n Kanteling van 55 kilometers per jaar dui op ’n katastrofe wat kan gebeur. ’n Katastrofe is egter iets onverklaarbaar en daarom aanvaar meeste wetenskaplikes in beginsel nie katastrofes nie. Die werklikheid is dat die tempo van verskuiwing die laaste eeu geweldig toegeneem het ― van slegs meters per jaar na kilometers per jaar. Dit is teenstrydig met die vermoede (hoop?) dat die tempo van kanteling kan afneem.

    Wat het dit met ons te doen? Behalwe dat die wat ’n GPS gebruik dit oor ’n paar jaar sal moet laat her-kalibreer op die veranderde magnetiese noordpool veld na magnetiese suidpool. Dink net hoe deurmekaar die mens gaan raak as jy dink jy ry noord maar onthou dit is suid ― of is dit?

    As ons terugkyk, wat het gebeur toe die aardbol op ’n vorige geleentheid skerp gekantel het? Dit is belangrik om daarop te let dat ’n kanteling ook dikwels gepaard gaan met aardkors- of plaat-verskuiwings. In elk geval, oornag was duisende spesies uitgewis. Om een voorbeeld te noem, dink aan die talle bevrore mammoete wat in Siberië in die ys gevind is (en steeds word) met gras nog in hul bekke. Die gras in hulle bekke en mae is van ’n soort wat glad nie voorkom daar waar hulle gevind is nie. Die vleis is ook nog eetbaar. Nietemin, waar is hulle vandag?

    En as ons in die toekoms kyk, Antarktika is die vyfde grootste kontinent op aarde, wat sal gebeur as aardkors-verskuiwing geskied en dit uit sy ysbedekking skuif? Gebeur dit tydsaam of langsaam? Sal al daardie tonne pakys op Antarktika smelt? Satelliet-foto’s wat vroeg in 2008 geneem was toon dat die Wilkes ysbank besig om te verkrummel. As dit gebeur sal alle kusstede onder water wees.

    Die eerste ‘aangetekende waarneming’ van Antarktika, die suidpool-kontinent, was op 30 Januarie 1820 gemaak deur William Smith (terwyl sy boot robbe en walvisse in die suid-Atlantiese Oseaan gejag het) en Edward Bransfield van die Royal Navy. Voor dit was die mensdom nie bewus van die kontinent nie. Sekere wetenskaplikes glo dat Antarktika reeds vir ’n miljoen jaar toe is onder pakys. Nietemin, eeue gelede was daar reeds landkaarte wat die kontinent sonder enige ys aandui, met berge en riviere. In die Library of Congress in Washington D.C. is ’n kaart geteken deur ene Oronteus Finaeus en gedateer 1531 wat dit met verbasende akkuraatheid doen. Selfs die lengtegrade en breedtegrade is grotendeels korrek. Die kaart wys ook die suidelike punte van Suid-Afrika, Suid-Amerika, Australië en Nieu-Seeland en ook dit is redelik akkuraat. Daar bestaan nog ’n paar soortgelyke landkaarte, alhoewel nie met dieselfde akkuraatheid nie, o.a. die Turkse Admiraal Piri Reis se landkaart gedateer 1513 wat in Konstantinopel gevind is; en die Mercator (1569) en Buache (1737) landkaarte. Tog was dit eers in die twintigste eeu dat die buitelyne van Antarktika akkuraat vasgestel kon word. As Antarktika vir ’n miljoen jaar toe onder pakys was, waar het die tekenaars van die landkaarte aan hulle inligting gekom? Dit met buitelyne van die kontinent wat korrek aangedui word, m.a.w. voordat die kilometers-dik pakys dit bedek het?

    Wat dit dus beteken is dat Antarktika ’n kontinent was waar met die uitsondering van gletsers die pakys of sneeu nes in die Alpe hoofsaaklik bo-op bergspitse was. Die hoogste piek is Mount Jackson wat 4,190 meter (13,750 voet) bo seespieël is. Daar is talle bewyse gevind dat die kontinent met tye nie toe onder ys was nie, o.a. meer as een versteende oerwoud onder die kilometers-dik pakys, plantsoorte wat net in tropiese gebiede voorkom (onlangse boorgate deur byna 4km dik pakys het fossiele van plante opgelewer wat ooreenstem met die in die moerasse van die suid-eiland van Nieu-Seeland), ook palmbome, neerslae van steenkool, asook fossiele van dinosourusse.

    Na aanleiding hiervan duik drie vrae op ―

    ― wanneer het Antarktika finaal toegeys (dit sneeu nie op Antarktika nie);

    ― was dit as gevolg van magnetiese pole wat omdop of aardkors-verskuiwing of beide;

    ― het daar nasies of volkere op Antarktika voorgekom?

    Sonder om in te veel detail te gaan is die antwoorde op die eerste twee vrae ―

    ― tussen 14,000 en 7,000 v.C. (dit was toe die Ystydperk tot ’n einde gekom en die pakys in die noordelike halfrond ― wat tot so ver suid as London was ― gesmelt het); en

    ―’n kombinasie van beide omgedop en aardkors-verskuiwing.

    Die langste bergreeks in die wêreld is die mid-Atlantiese bergreeks wat strek van kort duskant Arktika tot feitlik by Antarktika. Die bergreeks is besig om oop te skeur teen naasteby drie sentimeter per jaar (Afrika en Suid-Amerika beweeg ook teen hierdie mate weg van mekaar). Aan die bopunt en suidpunt van die mid-Atlantiese bergreeks is vuurspuwende berge ― daar is 30 aktiewe vulkane onder die pakys op Ysland naby Arktika, en Britse navorsers het drie aktiewe vulkane onder die see naby Antarktika gevind. As die bergreeks aanhou oopskeur kan nog vulkane op enige plek uitbars. Indien dit regoor Suid-Afrika en Suid-Amerika plaasvind kan ’n tsunami die Kaapse Skiereiland en Rio de Janeiro van die kaart af wegvee.

    Ongeag die feit dat meeste gelowe wêreldwyd, selfs die op die mees afgeleë eilande, gebaseer is op historiese en antieke stories wat grotendeels met mekaar ooreenstem, skryf wetenskaplikes dit af as mites. Waarom? Hoofsaaklik omdat hulle geen antwoorde hierop het nie. Dog ’n paar het nogtans die lig gesien. ’n Klompie jare gelede het ’n artikel in Scientific American verskyn waarin die geoloog S.K. Runcorn, ’n akademikus van Cambridge Universiteit, geskryf dat die aarde se magnetiese veld verbonde is aan die rotasie van die aarde en dat die magnetiese pole wel omgedop het wat die lokasie van die geografiese pole verander het. Wyle Professor Charles H. Hapgood van Keene College in New Hampshire, V.S.A., se boeke Earth’s Shifting Crust: A Key to Some Basic Problems of Earth Science met ’n ondersteunende voorwoord deur Albert Einstein (Pantheon Books, 1958), Maps of the Ancient Sea Kings (Chilton Books, 1966; en Turnstone Books, 1979), en The Path of the Pole (Chilton Books, 1979), gee seker die heel beste uiteensetting hiervan.

    Sekere akademici wat o.a. verbonde is aan die Carnegie Instituut; aan Illinois Universiteit, V.S.A.; en ’n seismoloog en planetêre geoloog van die Universiteit van Colorado; plaas egter die tyd wanneer Antarktika nog gedeeltelik vry was van pakys so onlangs soos 4,000 v.C. (volgens twee tablette van Sumer, The Epic of Gilgamesh en The Deluge Die Sondvloed, ’n gedig ― was dit toe die vloed soos beskryf in die Bybel plaasgevind het, en waarvoor daar ook voldoende geologiese bewyse in Mesopotamië deur Sir Leonard Wooley en sy span argeologiese navorsers in 1926 gevind was; en volgens die Hebreërs se geloof was Adam en Eva in 3760 v.C. geskep).

    Realiteit is dat die kontinent vandag bekend as Antarktika ongeveer 14,000 jaar v.C. twee duisend kilometer was van waar dit nou is. Toe was dit nie volkome bedek met ys nie. Aardkors-verskuiwing het dit gebring waar dit nou is.

    Die verskuiwing van die magnetiese noordpool wat op 10 Desember 2019 aangekondig was en wat die nulmeridiaan in September 2019 oorgesteek het beteken dat Antarktika moontlik besig is om weer gedeeltelik uit sy ys-pak te skuif. Terwyl die pakys in dele van Antarktika besig is om op te bou, is die Thwaites gletser wat groter is as Brittanje besig om te verbrokkel. Wetenskaplikes wat die gletser, gedoop ‘Doomsday’-gletser, bestudeer het in 2020 aangekondig dat dit teen die einde van hierdie eeu seevlakke tot soveel as 50 sentimeter in dien nie meer nie sal laat styg ― m.a.w. dele van Kaapstad, New York, Nederland, Rio de Janeiro, Hong Kong, Sydney, Mumbai, ens., sal onder water wees. ’n Interessante bevinding is dat dit nie die lug-hitte is wat die verbrokkeling veroorsaak nie maar die hitte van die see.

    Om terug te kom na die magnetiese suidpool, in Februarie 2019 was dit reeds af van Antarktika se kus, op 64.13 S 136.02 E, m.a.w. verder van Suid-Amerika en nader aan Australië. Dit beteken dat al die lande naaste aan Antarktika moontlik besig is om uit hulle lengtegrade en breedtegrade te skuif en dit kan hulle klimaat aansienlik verander. Dit ongeag al die bohaai oor klimaatverandering en omgewingsbesoedeling deur die mens wat geensins die kanteling van die magnetiese pole in ag neem nie ― wat deur inwendige woelinge veroorsaak word.

    En ja, die pakys op Arktika en Antarktika smelt.

    Wat die derde vraag betref, of daar nasies op Antarktika was ― natuurlik was daar mense op die suid-pool kontinent, want waar kom die akkurate kaarte vandaan wat die kuslyn onder die pakys aandui? En dit was ook nie so lank gelede nie ― 4,000 v.C.

    Om meer hiervan te leer ― lees verder.

    ***

    Hoofstuk 1

    Aandagtig staar Hendrik na die skerm van sy rekenaar. Impis was ’n regiment van die weermag van die Nguni, ’n volk wat hoogs gemilitariseer was. ’n Vraag wat so dikwels in sy studies by hom opgekom en gespook het ― was dit moontlik dat die Nguni, voorvaders van die AmaZulu, tydens hulle migrasie suidwaarts wit mense in die Drakensberge raakgeloop het? Ariese mense met ’n ligte vel en blonde of rooi hare? En dit slegs etlike jare na die geboorte van Christus? Want indien dit waar was, waar het die wit mense vandaan gekom?

    Nou sit hy terug met ’n tevrede gemoed. Hoeveel navorsing het dit hom nie gekos om vas te stel waar hierdie Ariese ras oorspronklik vandaan gekom het nie? Die wit mense met ’n ligte vel en blonde of rooi hare wat die Impi’s tydens hulle verkenningstog meer as ’n duisend vyf honderd jaar gelede in die Drakensberge raakgeloop het.

    Hy kyk na die opskrif van sy proefskrif: ‘’n Ondersoek na die oorsprong van Suid-Afrika se oer-beskawings. Professor Hendrik Delport, B.A. Ph.D.’

    Dan glimlag hy en kry ’n droomverlore uitdrukking in sy oë. Daardie Impi’s was seker net so uit die veld geslaan soos hy was toe hy haar die eerste keer op die strand gesien het ― sy porselein-poppie.

    ***

    Die Proefskrif

    Deel een: Inleiding: uNkunkulu het swart en wit mense geskape.

    Wit mense! Die raadgewers kyk na mekaar en grinnik. Wie het al ooit van wit mense gehoor? Daar is mos nie so iets nie. Vervaard loer van die raadgewers van die Impis na die opperhoof terwyl die Impis benoud daarop aandring dat hulle waarlik sulke wesens raakgeloop het op hulle verkenningstog van die berge in die verre suide. Ander raadslede weer loer vir mekaar en grynslag vir die onsin. Wit mense. Twak.

    Peinsend staar die magtige Nguni hoofman na die hemele. Toe hy sy hand omhoog hou raak die gelag stil. In ’n diep stem kondig hy aan, ‘Ukuhambisa kwonwaba.’ (Loop soos die trapsuutjies ― loop suutjies)

    La duma izulu lenkosi!’ koorsing die raadgewers (Die hemel van die hoofman het gedonder).

    Nadat hulle gehoor het van ’n land van melk en heuning in die verre suide het die opperhoof ’n regiment Impis gestuur om dit te verken. Nou sidder die Impis van angs want hulle lewens hang daarvan af of hulle geglo word of nie, en soos hulle maar al te goed weet, ouder gewoonte word die trapsuutjies doodgemaak. Die verkenningstog het lank geduur. Hoeveel keer het hulle nie die sekel maan sien opkom, vol word, en weer kwyn nie. Hulle moes groot riviere oorbrug, riviere wat so sterk vloei dat lede van die regiment verdrink het. Van die regiment was ook deur olifante en buffels doodgetrap, en ander deur roofdiere verslind. Ander weer het van die gif van muskiete en slange omgekom. En etlike het selfs van die gifpyle van die slu San wat soos skelms in die nag uit die berge op hulle neergesak het gesterf. Slegs ’n handjievol van die regiment kon dit terug maak om aan die opperhoof te rapporteer dat die land van melk en heuning wel bestaan. Nou hang hulle lewens ook aan ’n draadjie.

    Na ’n kort pouse steek die opperhoof weer sy hand omhoog. ‘Daar word vertel,’ gaan hy voort in sy diep stem, en hy haal ’n vergete Nguni gesegde aan, ‘dat uNkunkulu beide swart én wit mense geskape het.’ (Aanhaling uit The Religious System of the Amazulu (1970) Rev. Henry Callaway. C. Struik.)

    Die raadgewers hyg. Verbouereerd staar hulle na mekaar. Nee! Kan dit waar wees? Het hulle god werklik swart én wit mense geskape? Die Impis kyk ook na mekaar en hulle sug van verligting. Die raadslede fluister in verbystering onder mekaar: Het die Impis werklik wit mense teëgekom in die hange van die magtige bergreeks waarvan hulle gehoor het? Wesens met wit velle en ligte of rooi hare? Party van hulle wil lag. Maar hulle durf nie lag nie, want het die magtige opperhoof dan nie gesê dat uNkunkulu beide swart én wit mense geskape het nie?

    ***

    Hoofstuk 2

    Dit was ’n koue dag, ’n Winderige dag. ’n Sterk suidooste wind het vanuit die suid-Atlantiese Oseaan oor die Been in sy gesig gewaai. Daarbenewens het die wind-faktor die temperatuur ’n heel paar grade laat daal. Hy het sy baadjie se kraag opgestoot en moes behoorlik vasklou aan sy hoed. Die wind was nie alleen onplesierig nie. Dit het ook ’n mistigheid uit die see gewaai wat alles klam en klewerig gemaak het. Daarom het hy doelbewus nie op die nat sand naby die branders geloop nie maar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1