Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Projek Apex
Projek Apex
Projek Apex
Ebook286 pages4 hours

Projek Apex

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wat as die mens se eerste kennis die resultate van sy eie verwoesting beteken? Van die beste verkoper van die Whisper Trilogy kom die nuwe boek. Richard Draven is 'n wetenskaplike wat geintreseerd is in die helende einskappe van spesies en die oordrag aan die mensdom. toe hy 'n nuwe aapspesie ontdek met regenerasie vermoeë, het hy geen idee wat se kettingreaksie sy verslag tot gevolg sou hê nie. ses jaar later, is Draven se navorsing in die praktyk gebruik.Die regering het 'n virus gemaak wat op die mens gebruik is. Sy funksie- om die weermag sterker, vinniger en beter te maak om die konflik globaal te verbeter. iets was egter nie pluis nie. verskeie verslae en getoon dat die virus 'n snaakse uitwerking op die mense het wat daaraan bloodgestel is, en het die mense  in beheer baie senuweeagtig gemaak. Soos die Apex groep kontak verbreek en nie meer bevele gehoorsaam nie, en die regering onraad vermoed. Joshua Cook was die alpha, die eerste wat aan die virus bloodgestel is en suksesvol gebind het. Joshua was moeg vir die mensdom, moeg vir hulle vernietigende natuur. Hy het 'n plan, een om die bord skoon te maak en die minder gegoede inwoners van die aarde te vee, en dan te vervang met sy eie volk. Soos die diepte van Joshua aan die regering duidelik raak is hulle genoodsaak om hulle tot Richard Draven te wend om 'n mannier te kry om Joshua se groeiende weermag te stuit voor hy die mensdom van die aarde kan uitwis. In die tradisie van skrywers soos Micheal Crichon, Joe Hart en James Patterson, is Projek Apex 'n spanningsvolle, globale riller, wat plaas vind oor verskeie lande met gevlegte tydlynne, van die regeringstaat Washington, tot die gopse van Mumbai en die brandende hitte van die Irakkiese woestyn, Projek Apex bied kleurvolle kerakters, met hulle eie motivering en hoofreded wat 'n storie vertel van menslike konflik wat tydens 'n globale gebeurtenis terugval na die primitiewe wat onderdruk was deur gemeenskap sos die wêreld om hulle verkrummel

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateFeb 6, 2018
ISBN9781507170724
Projek Apex

Related to Projek Apex

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Projek Apex

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Projek Apex - Michael Bray

    PROJEK APEX

    Alle regte voorbehou. Hierdie boek of n gedeelte daarvan mag nie gereproduseer of in enige wyse hoegenaamd sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer behalwe vir die gebruik van kort aanhalings in n boekresensie.

    www.michealbrayauthor.com

    HOOFSTUK EEN

    HOOFSTUK TWEE

    HOOFSTUK DRIE

    HOOFSTUK VIER

    HOOFSTUK VYF

    HOOSTUK SES

    HOOFSTUK SEWE

    HOOFSTUK AGT

    HOOFSTUK NEGE

    HOOFSTUK TIEN

    HOOFSTUK ELF

    HOOFSTUK TWAALF

    HOOFSTUK DERTIEN

    HOOFSTUK VEERTIEN

    HOOFSTUK VYFTIEN

    HOOFSTUK SESTIEN

    HOOFSTUK SEWENTIEN

    HOOFSTUK AGTIEN

    HOOFSTUK NEGENTIEN

    HOOFSTUK TWINTIG

    HOOFSTUK EEN-EN-TWINTIG

    HOOFSTUK TWEE-EN-TWINTIG

    HOOFSTUK DRIE-EN –TWINTIG

    HOOFSTUK VIER-EN- TWINTIG

    HOOFSTUK 1

    KONGO-KOM

    AFRIKA

    ––––––––

    7 AUGUSTUS 1990

    ––––––––

    Elf dae in sy ekspedisie was Richard Draven se vel "n kombers van muskietbytte. Hy waai die dreunende insekte weg van sy gesig af, ontken hulle tydelik nog ‘n maaltyd terwyl hy sy gids dieper in die oerwoud in volg. Hy is moeg maar opgewonde. Hy het geweet dat hulle naby aan hulle bestemming was.

    Hoe vêr is dit? vra hy en vee met sy voorarm teen sy voorkop.

    Dit is om die draai, meneer. Andwoord sy gids, Bruto, wat net so opgewonde lyk. Hy het omgedraai en glimlag, wit tande oënskynlik ongelooflik helder teen sy donker vel.

    Draven knik, stoot dik take eenkant toe en trap oor wortels, die byne onbegaanbare terein skynbaar onwillig om sy geheime te verklap. Iewers in die vêrte babble ‘n apie.

    Draven steek vas.Is ons daar? fluister hy en staar in die warboel van bome. Hy vee weer oor sy voorkop, die humiditeit maak iets so eenvoudig soos asemhaling ‘n nimmereindige stryd.

    Kan wees, mnr Richard. Andwoord die gids en vat ‘n slukkie water, koes, en staar ook in die warboel van take. Volg my, moet stilbly.

    Draven knik, bly naby Bruto soos hy beweeg op hulle spoor en dan weer terug, al dieper in die woud in.

    Waarom is ons oppad terug?het Draven gefluister.

    Ons is windaf, meneer Richard. Die dier sal ons ruik.

    Draven loer na sy hemp, smerig en kleef aan sy vel vas.Ek dink ek is redelik maklik om te ruik.

    Bruto flits ‘n brër glimlag, en lei Draven dieper in die oerwoud in. Draven is al oor die hele wêreld, maar dit was by vêrre die mees vyhandigste omgewing wat die vier en –twintig jarige ooit teëgekom het. Nog ‘n muskiet gons voor sy gesig, en soos hy dit wegklap het hy gedink dit was ‘n klein wonderwerk dat hy nog nie malaria opgedoen het nie.

    Hy kyk na sy gids wat in en om die diget take kinkel; dan stop om nog ‘n slukkie water te vat uit sy kantien. Met die vel kleur van koffie en ‘n glimlag wat helder en vol warmte was, het dit gelyk asof dit Bruto is wat die eerste tekens van moegheid toon.

    Draven was nie verbaas nie. Hierdie spesifieke deel van die oerwoud was onbewoon en meestal onbekend.

    Soos baie van die Kongo, die blote digtheid van die blare saam met die ongelykke grond en oorvloed wilde diere, was dit ‘n gevaarlike plek om te verken. Draven het gedink hy is fiks, en as ‘n ywerige fietstyer gedink ‘n gebrek aan stamina die minste van sy bekommernisse was. Maar een ding wat hy nie verwag het nie, is die intensiteit van die hitte. Die temperatuur het tot agt en dertig grade gestyg en kan maklik tot sonsteek lei. Hy het geweet dat hier, soos vêr weg van die beskawing, kan dit dodelik wees. Hy knip sweet van sy blou oë, vat ‘n mondvol water, hehinder homself dat dit moet hou.Hy pluk aan sy hemp, trek die lap weg van sy natgeswete vel. Hy is seker hy het al twintig pond verloor sedert hulle by die kamp weg is. Soos die brandende son sy hoogte punt bereik, en met kuite wat skreeu vir genade, klim hulle nog ‘n styging uit. Voor hom het Bruto gestop en ‘n waarskuwende hand gelig. Draven vries, en neem die geleentheid om asem te skep.

    Moet nou baie stil wees,sê Bruto en beweeg baie stadig vorentoe, slaag daarin om geen geluid te maak nie te spyte van die blare. Draven volg, pynlik bewus van sy onbeholpenheid as hy probeer om Bruto se bewegings te herhaal.

    Hulle is by ‘n oopte, die amper ondeurdringend blaardak gee verligting aan die brandende hitte.Net onder hulle, teen ‘n afdraande, was die rede vir hulle reis.

    Is jy seker dis dieselfde wat die mense van die dorp van gepraat het?fluister Draven, wetend dat die opgewondheid wat in hom opstoot beteken dat hy te doen het met ‘n heel nuwe spesie van aap.

    Ja,sê Bruto.Hulle id dieselfde.

    Ongelooflik.fluister Draven toe hy langs Bruto hurk, die pyn van die reis is skielik die moeite werd. Hy tel sowat twintig van hulle, hulle grys pelse gevlek met kenmerkende geel strepe. Hule is klein, ongeveer die selle groote as ‘n gemidelde huiskat, met ‘n ongewone kraniale vorm, die voorkop was baie hoër en meer geboë as enige ander spesie van aap as wat Draven al ooit gesien het, en weet dat Bruto se instinkte reg was om windaf te bly, want die ape blyk onbewus van hulle teenwoordigheid te wees. Om te dink hy het byna vierduisend myl gereis van sy huis af in London, na die Kongo-kom op niks meer as ‘n gerig nie, en op die ingewing van die oomblik en teen sy gesonde verstand. Alles nou regverdig as hy kyk hoe die klein diertjies in die son baljaar.

    Hy het vir die eerste keer van die Tmika stam van sy vriend, ‘n mede wetenskaplike, James Turner wat in 97 in die Kongo was. Hy het op ‘n ses weke ekspidisie gegaan mom die fauna en flora van die gebied te bestudeer, en ses maande later as ‘n veranderde man teruggekom. Met sy terugkeer het hy Draven alles van die omgewing en die goeie gesondheid van die mense vertel. James het nie veel van die stories gedink nie tot hy besluit het om die mense van die dorp te gaan besoek. Daar het hy eerstehands gesien dat die stories gewig gedra het. Inderdaad het hy gesien dat die Tamika nie net imuun teen siektes was nie , maar ook fiesieke skade. James het teenstand verwag, maar die Tamika was baie gewillig om hom die ‘geel toorkrag’ te wys. James kon dan van die ongelooflike toorkrag gaan getuig. Hy het gesien hoe die mens ehulle-self sny tot op die been sonder om pyn te voel, wonde wat steke en hospitaalbehandeling benodig, wat kort voor lank begin stol het en genees het. Hy het gesien hoe ‘n ander man sy hand verbrand, die reuk daarvan afstootlik. Twee dae later het die wonde reeds begin om te genees.James was stomgeslaan, probeer verstaan wat hierdie nuwe ondekking kon beteken vir die wetenskap, en toe geleer dat dit vêr van ‘n buitengewone prestasie vir die Tamika was, maar ‘n alledaagse normale mannier van lewe was. En oorgedra is na toekomstige geslagte. James het hulle gevra hoe so iets so ongelooflik moontlik is, het hulle geandwoord dat dit die toorkrag is wat aan hulle gegee is deur die geel wilde diere van die oerwoud. James het nie die fondse gehad om die dinge verder te bestudeer nie, en teënsinnig teruggekeer huis toe, waar hy sy bevindings met Draven gedeel het, wat reeds besig met navorsing was oor die moontlike oordrag van genetiese eienskappe van diere na die mens. Vir Draven het James se storie net te volmaak geklink.

    Maar dit was genoeg om sy nuuskirigheid te prikkel om verdere ondersoek te gaan instel. Sy aanvangklike pogings in die Tamika navorsing was frustrerend, elke poging het op ‘n doodloopstraat uitgeloop, maar moes erke dit was nie regtig ‘n verssaing nie. Die stam was beskerm teen die modern wêreld, afgesny en woon op hulle eie ekosisteem anders as die res van die wêreld, en alles was voorspoedig rondom hulle. Hulle het niks van modern tegnologie geweet nie. Die Tamika se bestaan was eenvoudig. Jagters het met spiese gaan jag en geskille was deur die oues hanteer, op waste mannier hulle wou. Hoe mimder inligting Draven kon kry, hoe meer nuskurig het hy geraak, en die idee dat James iets werkliks uniek ontdek het, het aan hom gevreet. Die idee om Kongo toe te vlieg, en die stam te gaan soek, was die natuurlikste ding in die wêreld vir hom. Hy het sy laaste spaargeld gebruik, genoeg bymekaar geskraap om die reis te kan meemaak, en onmiddelik na sy aankoms begin inligting kry by die verskillende vissersdorpies langs die Kongo-rivier. Die eertse twee weke was ‘n frustrerende oefening, om al die inligting in te samel en die regte inligting uit te sif. Hy het per toeval vir Bruto ontmoet, ‘n plaaslike visserman, wat nie net van die stam geweet het nie maar ook waar hulle dorp geleë is. Draven het al die inligting wat hy by James gekry het aan hom oorgedra en Bruto het al die vrae beandwoord. Hy het bevestig dat die stam bestaan en dat hulle groot genesende kragte besit. Hy het gevra of hy na die stam toe kan gaan gaan, waarop Bruto net sy kop geskud het en gesê het dat die stam baie privaat en territorial was, en dat ‘n wit man soos hy nie welkom sou wees nie.Hy het egter aangebied om hom te vat en die geel diere, waaruit die Tamika stam hulle kragte kry te gaan wys. Tien dae later na Draven hulle gesoek het, sien hy hulle nou en sy gedagtes swem van al die moontlikhede.

    Wat wil jy nou doen, mnr. Richard? vra Bruto.

    Kan ons een vang? fluister Draven.

    Bruto dink eers na en andwoord.Ja, maar hy moet eers slaap. Hy maak die geweer los en haal sy rugsak van sy rug af. Hy laai die geweer met ‘n kalmeeringspyl. Draven het sy asem opgehou en gewag vir die harde ontploffing, maar daar was niks. In stede daarvan net ‘n sagte plofgeluid en die pyl tref die teiken in sy jeup. Draven voel skuldig toe die arme apie in die lug opspring en probeer vlug saam met sy broers. Hy gaan hoog in die take skuiling soek.

    Kom mnr Richard, sê Bruto met n breë glimlag toe hy met die helling begin afbeweeg na die oopte.Die dwelm gaan vining inskop, hy sal nie vêr kom nie.

    Draven vee die sweet uit sy oë, sukkel om sy balans te hou soos hy Bruto teen die helling af volg.

    Hoe lank is die Tamika bewus van die helende eienskappe van die diere? vra hy toe hulle die brandende hitte onsnap en in die beskerming van die oerwoud kom.

    Baie jare. My oupa was vriende met die eerste man wat die helende eienskappe van die diere ontdek het.

    Wat het gebeur?

    My oupa se vriend het gaan jag vir kos toe hy die ape ontdek. Die een was swanger en gedink my oupa wil hulle skade aandoen. Dit het ho hier gebyt. Bruto wys na sy voorarm.Gewoonlik is die byt van die dier baie sleg. Daar is gewoonlik infeksie. Baie gevaarlik.

    Ek neem aan dit het nie gebeur nie?

    Nee. Andwoord Bruto, en skud sy kop.Nee instead daarvan was hy sterk en die wonde het genees. Die m,ense van die dorp was bang. Het gedink my vader se vriend is met bose geeste gevul. Snags het die oues van die stam hom gegryp terwyl hy geslaap het.

    Wat het hulle gedoen?

    Hulle het hom gehang.andwoord Bruto en trek sy skouers op.

    Jesus.

    Onthou mnr Richard die Tamika het hulle eie wette, anders as waar jy vandaan kom. Hulle is baie bygelowige mense.

    Tog dit klink bietjie na uiterste.

    Daar is baie meer aan die verhaal, gaan Bruto voort, en hop oor ‘n tak.

    Gaan voort, sê Draven, nou baie meer opgewonde om die res van Bruto se verhaal te hoor, as om die aap te kry.

    Soos ek gesê het, hulle het hom in die middel van die dorp opgehang as waarskuwing aan die res van die stam om hulle nie met die ‘geel toorkuns’ op te hou nie. Maar my oupa se vriend het nie gesterf nie.

    Herhaal?

    Hy het drie nagte en dae aan die nek gehang, maar hy het nie gesterf nie. Dit het die oues baie kwaad gemaak, hulle het hom afgehaal en lewendig langs die rivier gaan begrawe, in ‘n vlak graf. Drie dae later was hy terug in die dorp. Nou was die oues baie bang en hom gemeek om vergifnis. Dis toe dat hy hulle vertel dat die ape oor toorkrag besit het en hom die krag van genesing gegee het.

    Towerkuns? vra Draven en koes onder ‘n tak deur.

    Wat anders kon hy sê mnr Richard? Hulle het hom twee keer probeer doodmaak. Hy het belowe om hulle vir hulle die ape te gaan wys en hulle te leer om ook een van die gode te word.

    En dis hoe die stam so bestand geword het?

    Ek ken nie hierdie word bestand nie, sê Bruto oor sy skouer.

    Uh, ek bedoel dis hoe hulle geleer het om nie pyn te voel nie?

    Ja.

    Dis ongelooflik. Ek wens ek kon self met hom gepraat het.

    Jy kon as die Tamika besoekers in die dorp toegelaat het. Sê Bruto met ‘n glimlag.

    Hy leef nog? Dis ontmoontlik.

    Hy leef. Hy is dieselfde as die dag toe hy gebyt is.

    Dit kan nie waar wees nie. Sê jy hy word glad nie ouer nie?

    Al wat ek weet is die man lewe nog en is gesond. Hy lewe saam met die Tamika van die dag af wat hy hulle van die ape vertel het.

    Sekerlik as dit die waarheid is moet die dorp baie groot wees, oorbevolk wees.

    Nie almal in die stam word as waardig beskou om die towerkuns te besit nie, mnr Richard. Net die wat deur die oues verkies word kry die geskenk van die lewe.

    Dit is ongelooflik en dit neem Draven ‘n oomblik om sy gedagtes agter mekaar te kry. As dit waar is, wat keer die ander om agter die oues se rugte te gaan? Sekerlik as jy eers die gawe, toorkrag, of wat dit ookal is het, is daar nie veel wat daaraan gedoen kan word nie.

    Bruto hou op met loop en kyk Draven in die oë.Iets erger as die dood tref enige iemand wat so iets probeer, Mnr Richard. Iets baie, baie erger.

    Wat? vra Draven toe hy die vrees in Bruto se oë sien.

    Nie nou nie, dis ‘n storie vir ‘n ander keer, Bruto skud sy kop en draai terug op die pad.Hier, Mnr Richard. Jou aap is gevind.

    Die aap lê op sy kant, die pyl wat deur Bruto geskied is nogsteeds in sy been. Hy haal ritmies asem soos hy slap. Van naby af is die geel strepe op sy pels nog duideliker. Draven kon nie help om te staar en te wonder watter geheime daarin lê nie.

    Hoe lank gaan hy bewusteloos bly? vra Draven terwyl hy sy rugsak afhaal.

    Uur. Miskien twee. Ons moet by die kamp kom voor dit donker is. Bie gevaarlike diere in die oerwoud, Mnr Richard.

    Draven haal ‘n bruin material sak uit sy rugsak en tel die apie versigtig op, en plaas hom binne in , knoop die sak toe voordat hy ho aan die rugsak vasmaak. Bruto help hom om die rugsak terug te hang en verstel die sak vir die ekstra gewig.

    Kane k jou ‘n vraag vra, Mnr Richard?

    Ja, gaan voort, Draven sê niks van die vrees wat nog dieper in Bruto se oë lê as vroeêr nie.

    Hoekom soek jy hierdie dier? vra die gids, sy oê helder en nuuskierig ongeag die vrees.

    Waar ek vandaan kom is dit my werk om diere te bestudeer en uit te vind of hulle siektes kan genees in mense. Hierdie kan groot wees. ‘n Deurbraak.

    Is dit nie gevaarlik om die tipe towerkuns in die wêreld in te vat nie? vra Bruto.Hier besluit die Tamika wie geregtig is. Daar buite, wie gaan besluit wie mag die geskenk kry en wie nie?

    Draven aarsel, onseker wat om te andwoord. Bruto het ‘n punt, en ‘n goeie een, al is dit nie iets wat oorweeg moet word in die drukkende hitte van die Kongo nie. Ek dink nog nie so ver vooruit nie. Vir eers wil ek net vining probeerdie waarheid uitvind oor die stories van ewige lewe.

    En as jy dit vind, Mnr Richard? Wat gaan jy met die inligting maak?

    Wat bedoel jy? vra Draven, bewus daarvan dat sy gids se hele houding verander het, dat hy nou baie ernstig is, die vrees wat hy tot dudver kon wegsteek begin deurskemer.

    As jy die towerkrag het. As jy leer hoe om dit te verstaan. Maak dit jou nie daarvoor verantwoordelik nie?

    Draven glimlag, ‘n manier om Bruto gerus te stel, al het hy weereens ‘n goeie punt beet. Al wat ek wil doen is dit in sy eie omgewing bestudeer. Ek het geen begeerte om dit hier weg te neem nie. Al wat ek wil doen is leer wat ek kan en dit dan weer vrylaat. Jy moet my vertrou.

    Bruto was nog opgewonde, maar glimlag die glimlag wat Draven begin mis het.Nou goed Mnr Richard. Jy is ‘n goeie man. As ons terug is in die kamp, kan ons die bier drink wat ons gebêre het vir as ons die ontdekking gemaak het, ja?

    ‘n Koue bier sal nou vorentoe smaak, daar is geen twyfel daaraan nie. Onder die omstandighede sou hy heel tevrede gewees het met een van die locale biere ook. Nou goed, Bruto, klink goed genoeg vir my. Laat on shier uitkom voor die miskiete my leegmaak.

    Ja Meneer, andwoord Bruto verligting baie duidelik op sy gesig.Kom dis die kant toe.

    Draven volg sy gids, sy gedagtes wemel met vrae en moontlikhede oor hoe ver sy navorsing kan gaan , en of die helfde van die dinge wat hy gehoor het die waarheid is.

    Hoofstuk twee

    Bagdad

    Irak

    September 6 2013

    DIE STRATE VAN BAGDAD was gevul met gebabbel en geraas. Die simfonie van die karre soos die bestuurders hoeter blaas en op mekaar skreeu, was gekomlpimenteer deur die hordes mense soos hulle probeer om hulle produkte te verkoop en kliënte met hulle dagtake voortgaan en hoop dat die dag vredevol sal verloop. Ten spite van die onrus het die mense probeer aanpas by hulle omstandighede, ongeag van die konstante miletêre teenwoordigheid, en die ewige moontlikheid van nog ‘n tereur aanval. Elf jarige Akhtar Mahood skop sy verslete voetbal teen ‘n witmuur sonder entosiasme, terwyl sy jonger broer, Youness, toekyk van sy rolstoel.

    Wil jy hê ek moet bietjie opskoppe doen?" sê Akhtar vir sy broer en verwys na sy wit Real Madrid sokker trui wat hy aanhet.

    Youness gorrel en sterk sy hande, en lag waneer Akthar die bal in die lug skop, wys goeie vorm soos hy skop en die bal ops y knee laat hop voordat dit die grond raak. Aan die oorkant van die straat waar die seuns speel, sit Amerikaanse soldate hulle en dophou. Waardeer beide sy talent en die aftrekking van die normale dag. Akhar maak die meeste van sy toeskouers deur meer gekomliseerde toertjies, soos buk en die bal tussen sy skouerblaaie te vang, te doen. Anders as baie van die ander mense in die dorp gee Akthar nie om oor die Amerikaners nie. Hulle teenwoordigheid laat hom en sy famiellie veilig voel in ‘n wêreld vol geweld en onsekerheid. Sy pa het hom vertel om hulle daar te hê om die stad te beskerm is ‘n goeie ding, en kon net tot ‘n beter toekoms lei vir hulle almal.

    Ingedagte verloor hy beheer oor die bal, en die bal rol in ‘n systraat in. Hy loer na die soldate en draf agterna, hy raap dit op, maar die soldate het lankal hulle belangstelling in hom verloor, en beweeg af in die straat. Akthar volg die rigting waarin hulle kyk, en sien hoe ‘n ou stukkende Ford na die punt wat hulle beman beweeg, los ‘n groot stofwolk soos wat hy beweeg. Hy maak sy oë skrefies teen die son en sien die kar stop sowat dertig meter weg van die bemannings punt af. Akhtar voel die verandering in die atmosfeer. Die soldate wat koel en kalm was maak hulle wapens gereed, val gemaklik in formasie en hou die kar dop. Een van hulle, met ‘n olyf kleur vel en rooierige baard stap en wuif die kar nader. Die kar bly staan, enjin hardloop en die voorruit so stowerig mens kan nie die insittendes sien nie.

    Kom vorentoe,skreeu ‘n ander soldaat in gebreekte Arabies, flits ‘n kyk na sy kolega wat die wapen se veiligheids klip losmaak. Nogsteeds het die vooertuig nie beweeg nie. Die soldate het genoeg gesien en breek vining op in twee aparte groepe, een groep benader die bestuurderskant en die ander die passasierskant, al vier die mans hou hulle wapens op die voortuig gerig. Akhtar kyk, die voetbal en sy broer vir die oomblik vergete.

    Uit die voertuig, sê een van die soldate eers in Arabies en dan in Engels.

    Die kar deur gaan oop, en die bestuurder klim stadig uit met sy hande in die lug.

    Op die grond, Beveel hy.

    Die bestuurder-‘n benerige man, glimlag toe die Amerikaners nader kom, en wys nie ‘n teken van vrees nie. Akhtar kon die spanning aanvoel, en sien dat almal nou opgehou het waarmee hulle besig was en hou die gebeure dop, hoop vir vredevolle oplossing maar vrees die ergste. Sommige wat al in soortgelyke situasies was, en weet wat moontlik kan gebeur, vlug en gaan kruip ‘n ent verder weg, verlaat al hulle besittings en voertuie. Dit was net toe Akthar oppad na sy broer toe is, om hom buite gevaar te kry, dat die bestuurder sy baadtjie oopmaak en die bom aktiveer, wat direk daarna ook die bom laat ontplof wat agter in die kattebak was.

    Akthar was op die grond nog voor hy die ontploffing gehoor het, deur die skokgolg geslinger tot relatiewe veiligheid in die systraat. Rommel het neergerëen, glas soos glinsterende diamante op die grond soos dit uit geboue geskied het. Agter die intense suising in sy ore kon hy die geluid van geweerskote en vlamme hoor. Hy kon nogsteeds die geskreeu hoor tenspyte van die geraas. Hy beur tot op sy voet en hoes van die dik rookwolke en stof wat in die lug hang. By die uitgang van die systraat kon hy sien

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1