VLERMUISE TOT DIE REDDING?
ANDERKANT die ingang van ’n klam en verlate kalkmyn aan die rand van ’n beboste gebied in Surrey, Engeland, wag ek op die koms van wat dalk net die planeet se ongewildste skepsel kan wees. Beslis vanjaar s’n.
Dis laat in September skuins ná sewe die aand. Bo ons skyn die oesmaan vol en helder. Ten minste sal ons nie in algehele duisternis gehul wees nie.
“Dit sal nie meer lank wees nie,” sê die ekoloog Daniel Whitby van onder sy kopflits.
By hom is sy mede-ekoloë Annika Binet en Liz Walsh, asook Liz se man, Ronan.
Ons – en grotspinnekoppe – is reeds twee uur lank hier. Teen halftien het die geselsies opgedroog tot ’n gesellige stilte. Net toe ek teen die myn se wit kalkmure leun en gemaklik in sy doolhofagtige kamers begin voel, gaan ’n byna onbespeurbare siddering digby my kop verby. En toe weer, maar dié keer sentimeters van my oë. Ons is nie meer alleen nie.
“A, hallo,” sê Daniel aan niemand in die besonder nie. Hy kyk nie eens op nie. Die vlermuise is hier.
Wat loutere negatiewe mediadekking betref, kan jy moeilik aan enigeen dink – nie die Islamitiese Staat, Donald Trump of selfs prins Andrew nie – wat ’n slegter 2020 as vlermuise beleef het. Geen beeldpoetsfirma by hul volle positiewe sal met ’n lang tang aan hulle raak nie.
“China se coronavirus is wel van vlermuise afkomstig vind studie,” het die Britse koerant die Daily Mail dit in Fe-bruarie uitbasuin.
“Vlermuise dra dalk die virus – moet ons hulle almal van kant maak?” het die Chinese netwerk CGTN in dieselfde maand gewonder. Selfs saai Kanadese liedjieskrywers het ’n eiertjie gelê: “Bryan Adams word gekap oor tirade waarin hy in Mei berig.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days