Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Stille Waters, Diepe Grond: The Landrys, #3
Stille Waters, Diepe Grond: The Landrys, #3
Stille Waters, Diepe Grond: The Landrys, #3
Ebook250 pages4 hours

Stille Waters, Diepe Grond: The Landrys, #3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In die derde en finale volume van die Landsbergs, neem die lewe 'n donker wending vir voormalige losprysjagter, Anandee Landsberg. Op haar eerste sending as 'n agent vir die Alliansie, ontmoet sy onverwags weer die aantreklike Agent Brent Turner op die Darwin ruimtestasie. Sy verlede haal hom egter onverwags in, met katastrofiese gevolge. Hy laat Anandee alleen agter op Darwin, om voort te gaan met haar sending, waar sy die lelike kant van die samelewing leer ken. Brent worstel om met sy duistere verlede vrede maak, maar die vrees dat Anandee hom sal verwerp as sy weet wie en wat hy regtig is, hang soos 'n donderwolk oor hom. Is hulle verhouding gedoem, of sal die liefde alles bedek? Hulle storie is nie vir die met 'n swak hart nie. Caveat emptor! 

LanguageEnglish
PublisherMonika Smith
Release dateFeb 19, 2024
ISBN9798224972487
Stille Waters, Diepe Grond: The Landrys, #3

Related to Stille Waters, Diepe Grond

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Romance For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Stille Waters, Diepe Grond

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Stille Waters, Diepe Grond - Monika Smith

    Chapter 1

    Die Darwin ruimtestasie.

    Brent Turner se asem steek in sy keel vas. Sy hart klop woes in sy borskas. Hy voel hoe die prikkels van die agterkant van sy hande af, oor die res van sy lyf kruip. Sy oë is vasgenael op die verhoog. Sy lyf is eensklaps lam en dit voel of hy buite homself staan. In die  25 jaar van sy bestaan, het hy nog nooit só gevoel nie. Hy was nog altyd baie trots op die feit dat hy enige situasie die hoof kan bied. Dit het hom nog altyd goed te pas gekom, met die uitvoering van sy opdragte, as geheime agent van die Planetêre Alliansie. Sy kondisionering neem eindelik oor en hy kalmeer. Diep asemteue help om die fisiese reaksies by die aanskoue van die persoon op die verhoog, te laat bedaar. 'n Skewe glimlag verhelder sy gesig.

    Anandee Landsberg is die heel laaste persoon wie hy verwag het om op die Darwin ruimtestasie raak te loop. 'n Ryk, bedorwe brokkie, met twee ouer broers en ouers wat haar verwen - en toevallig ook die liefde van sy lewe, al weet sy dit nie. Hulle het mekaar nog net drie keer vantevore in lewende lywe gesien. Hy het vier jaar gelede sy hart op haar verloor, toe hy haar foto op 'n holografiese skerm gesien het, terwyl hy navorsing oor haar familie gedoen het, as deel van 'n sending. Hý wat baie trots is op die feit dat hy vir niks en niemand omgee nie. Kort nadat hy haar foto gesien het, het hy haar vlugtig onder bedenklike omstandighede teëgekom en 'n parmantige soen gesteel. Tydens hulle tweede ontmoeting, in 'n gevaarlike situasie, kon hy net in die verbygaan aan haar hand raak. 'n Jaar later het hy haar weer in minder as ideale omstandighede raakgeloop. Hy het haar daardie keer 'n deeglike soen gegee, en sy het hom terug gesoen, voor hy noodgedwonge weer moes spore maak.

    Brent verlustig hom aan haar. Sy is asemrowend. Haar lang, middernag swart hare is in 'n hoë poniestert opgebind en die verhoog grimering beklemtoon haar saffierblou oë. Sy is deel van die corps dansers en staan agterlangs, maar meer as die helfte van die gehoor het, soos Brent, net oë vir haar. Haar charisma kan nie verdoesel word nie. Haar dansbewegings is betowerend en laat haar bo die meeste van die meisies uitstaan. Dit gaan waarskynlik nie lank wees nie, of sy gaan een van die hoof dansers wees.

    Op 23 jarige ouderdom, is Anandee top fiks en slank. Die blink pers leotard waaruit haar kostuum bestaan, laat nie veel aan die verbeelding oor nie. Hy verkyk hom aan haar perfek gevormde bene en haar plat magie. Hy sal geld wed daarop dat Anandee welgevormde maagspiere onder die leotard wegsteek. Brent het haar meer as twee jaar laas gesien en hy drink elke oomblik van haar in. Haar gesig het 'n bietjie van die kinderlike rondheid verloor en hy kan aan haar oë sien dat sy swaarkry beleef het. Dit is te verstane. Haar twee broers, skoonsuster, vriendin en hyself was vir twee jaar lank vermis. Die dansnommer kom te gou tot 'n einde en hy kry vir oulaas 'n goeie blik van haar netjiese pers geklede agterstewe, terwyl die dansers die verhoog verlaat. Brent het onbewustelik regop gesit toe hy haar gewaar en ontspan terug teen die stoel se rugleuning. Hy skud sy identiteit armband om dit te aktiveer en roep die vermaaklikheid groep se program op sy persoonlike holografiese skerm op en lees vlugtig deur die lede van die groep se name. Haar naam is nie daar nie. Hy kry 'n blink gedagte en gebruik sy identiteit armband om 'n bestelling te plaas. Hy sal later die rekening gaan vereffen.

    Dit is die jaar 2055. Die Aarde is woes en leeg, onbewoonbaar. Bestraling van die Fukushima Daiichi kernkrag opwekker, wat in die aardbewing en Tsunami van 11 Maart 2011 verwoes is, het die hele aarde se oseane besmet met radioaktiewe sesium. In 2020 het die wetenskaplikes agtergekom dat die suurstof in die atmosfeer skerp begin daal. Die inwoners van die Aarde moes dringend begin soek na alternatiewe oplossings. Teen die jaar 2030, is feitlik 80% van alle seelewe uitgewis deur die gekontamineerde water van Fukushima, wat aanhoudend in die oseaan uitgelek het. Sonder plankton, wat ongeveer 70% van die Aarde se suurstof vervaardig, het die landdiere en die meeste plante ook begin uitsterf. 'n Baie skaars, nuut-ontdekte mineraal, Mesosideritium, het 'n nuwe aandrywing sisteem vir ruimteskepe moontlik gemaak. Die Planetêre Alliansie is gestig en hulle het naarstigtelik na nuwe bewoonbare planete begin soek. Ruimte verkenners het wurmgate gebruik, wat hulle in staat gestel het om tussen sterrestelsels te reis. Die eerste van elf*** bewoonbare planete is in 2022 gevind en die 500 miljoen mense wat die rampe op die Aarde oorleef het, het elkeen teen 2035 'n nuwe heenkome gevind op een van die nuwe planete. Anandee Landsberg se ouers het in 2031 op Moa aangeland en Daniël Landsberg senior het dadelik begin om koffie struike aan te plant. Hulle koffieplantasie is tans goed gevestig en is een van die suksesvolstes op Moa.

    Darwin ruimtestasie.

    Anandee Landsberg, tans bekend as Mandy, gaan sit met 'n sug op 'n stoel in die aantrekkamer. Sy trek die silwer hoë hak dansskoene uit en vryf haar arme mishandelde voete. Sy kry darem nie meer blase nie, maar sy is nogtans te bly om verlos te wees van die pyniging. Vir 'n maltrap, wat as kind, soos 'n stertjie, al agter haar broers aan gedwaal het en alles gedoen wat hulle gedoen het, is dit 'n straf om ander skoene as tekkies aan te trek. Die dansery is vir haar verbasend lekker en Anandee het 'n natuurlike aanleg daarvoor ontdek. Niemand sou kon raai dat sy nog net drie maande se intensiewe formele dans onderrig ontvang het nie. Die baie jare wat sy karate beoefen het, het gesorg dat sy goeie beheer oor haar liggaam het en sy het nog altyd baie vinnig nuwe dinge aangeleer. Die dansery was vir haar 'n nuwe en interessante uitdaging en sy is wonder bo wonder nog nie verveeld daarmee nie. Haar eerste regte optrede is nou agter die blad en sy is verlig dat sy nie 'n gek van haarself gemaak het nie. Die helfte van die dansers maak gereed vir hulle volgende optrede en sy help 'n kollega met die ritssluiter van haar kostuum. Die volle corps gaan eers weer aan die einde op, so sy kan bietjie ontspan, voor sy haar volgende kostuum moet aantrek. 

    Daar is 'n klop aan die aantrekkamer se deur en een van die ou veterane gaan maak oop. Die kunstenaars is gewoond daaraan dat bewonderaars vir hulle geskenke stuur. Darwin ruimtestasie is nou wel op die rand van die beskawing, maar daar is geen tekort aan luukshede nie. Alles en nog wat word hierheen gesmokkel. Skip eienaars wat besigheid doen met die stasie, hou hulle snaters as hulle weet wat goed is vir hulle.

    Die bode se hande is oorlopens toe vol en hy oorhandig die items met verligting aan die danseres by die deur. Daar is 'n 'n klomp uitnodigings, teddiebere, drywende blink helium gevulde ballonne, heelwat oordadig-versierde boksies met allerhande lekkernye in en 'n enkele peperduur vars, rooi langsteel roos. Die geselskap is nog nie lank genoeg op die stasie dat die bewonderaars hulle name ken nie, so daar is beskrywings op die meegaande kaartjies. Die beskrywings is 'n groot bron van pret vir die dansers en elke kaartjie word hardop uitgelees, dat almal dit kan geniet.

    Die hot swartkop met die lang bene, lees haar kollega van 'n kaartjie af. Anandee bloos en vat haar eerste beertjie by die geamuseerde danseres. Anandee kry sowaar twee teddiebere, 'n boksie sjokolade en die gesogte langsteel roos. 

    Sjoe, jý het 'n ryk bewonderaar. Die ander meisie lyk effe afgunstig.

    Anandee sit weer op haar stoel. Sy lees die kaartjie wat saam met die roos gekom het: Aan die danseres met die blou oë en swart hare. Goed om jou weer te sien.

    Van wie af sou dit nou gekom het? Niemand weet sy is hier nie! Nie eers haar familie nie. Sy byt haar onderlip vas. Dis nou vrek lastig. Sy hoop nie iemand het uitgesnuffel wie sy regtig is nie. Sy weet nie wat haar nou te doen staan nie. Haar dekmantel is dat sy geen familie het nie en weggevlug het van 'n besitlike kêrel, wat haar gevange gehou het en net laat uitgaan het om te gaan werk. Die fiktiewe kêrel sal haar nooit by Darwin kan opspoor nie en volgens die storie het sy by die geselskap aangesluit, in die hoop om hom finaal af te skud.

    Die ruimtestasie waarop Brent en Anandee hulle tans bevind, is 'n toevlug en veilige hawe vir kriminele elemente en al die opdrifsels van die Planetêre Alliansie, wat nêrens anders inpas nie. Die Darwin ruimtestasie het begin met een gesteelde reuse vragskip, wat daar parkeer is. Ander voortvlugtendes het hulle daar kom aansluit en oor die jare het die aangelapte ruimtestasie aangegroei totdat dit so groot soos 'n volwaardige ruimtestasie is. Die ruimtestasie gebruik gesofistikeerde tegnologie om onsigbaar te wees vir oningeligtes. Gereelde besoekers het kodes om in te kom en ander skepe, soos voorraadskepe en die baie welkome vermaaklikheid groepe, word deur sleepskepe begelei, sodat hulle nie die ruimtestasie se posisie aan die owerhede kan verklap nie. Een opportunistiese entrepreneur het 'n casino op Darwin begin en dit het aangegroei tot verskeie, soos meer en meer mense hulle toevlug tot die ruimtestasie geneem het. Die ruimtestasie is 'n mengsel van oud en nuut. Baie dinge wat in die stede op die planete ge-outomatiseer is, word nog steeds met die hand gedoen op Darwin.

    Brent se brein werk oortyd. Hy sal baie vinnig moet uitvind wat Anandee hier maak. Sy kan 'n ernstige spreekwoordelike stok in die wiel gooi. Tensy anders bewys, is sy dekmantel nog waterdig Die misdadiger op wie se spoor hy is, het ook nog nie te voorskyn gekom nie. Dis net 'n kwessie van tyd, voor Kaptein Tomas Salvinski met sy Kunsmatige Intelligensie skip, Maximus, op Darwin aanland en Brent is 'n baie geduldige man. Tyd, is een van die dinge waaraan hy nie 'n tekort het nie. Hy skud sy kop. Hy kan nog steeds nie glo dat Anandee hier is nie. Hy is gewoond om alleen te wees. Die vrou wat hom grootgemaak het, is jare gelede al oorlede. Sy het hom soos haar eie kind behandel. Hy weet nie waar hy vandaan kom nie en sy is die enigste ma wat hy ooit geken het. Hy het op vierjarige ouderdom eers begin praat. Sy het hom altyd vasgedruk en gesê hy is haar stille waters, diepe grond, onwetend dat daar 'n draai die duiwels rond deel ook in hom skuil. Anandee weet nie hoe geseënd sy is om sulke wonderlike ouers te hê nie. Brent het die twee ouer Landsbergs by hulle koffieplantasie, op die planeet Moa ontmoet, toe Anandee nog op die planeet Diamant studeer het. Die dansery maak vir hom glad nie sin nie. Hy gee skaars aandag die res van die vertoning. Die kulkunstenaar op die verhoog, kon net so wel nie daar gewees het nie. Brent sien dadelik vir Anandee raak toe die dansers weer die verhoog betree vir die finale. Haar glimlag is aangeplak en sy lyk heel ongemaklik. Aha, so sy het die roos gekry en dit pla haar dat sy nie weet van wie dit af kom nie. Anandee sit egter nie 'n voet verkeerd nie en sy bewondering vir haar, styg nog 'n paar kerwe. Hy het lanklaas met hoofkwartier gepraat. Brent kan nie die gewone kanale gebruik nie, want die sekuriteit op Darwin is te streng. Hulle neem hulle anonimiteit ernstig op. Daar is spesiale kanale waardeur 'n mens met die buitewêreld moet kommunikeer. Hy het meestal radio-stilte gehandhaaf, want hy wou nie die risiko loop dat iemand sy boodskappe met hoofkwartier onderskep en sy dekmantel tot niet maak nie. Die vertoning kom tot 'n einde en die gordyne skuif toe. Brent wag dat die meeste mense die teater verlaat, voor hy nonchalant, hande in die broeksakke, in die rigting van die kommunikasie sentrum drentel. Hy het baie vinnig opgang gemaak in die Planetêre Alliansie se geheime agentskap. Hy is een van die jongste volwaardige agente ooit en is onder die bevel van Spesiale Agent Dechanel. Brent pas goed in by die Darwin bevolking met sy lang, reguit, blonde-bruin hare. Hy is net slordig genoeg, dat die meeste mense se oë bo-oor hom gly. Dit maak hom 'n uitstekende kandidaat vir onder die dekmantel werk. Hy is soos 'n verkleurmannetjie, wat homself by enige situasie kan aanpas. Hy stoot die deur van die kommunikasie sentrum oop en koop 'n koepon om sy boodskap deur te stuur. Sy wenkbroue lig toe hy sien dat daar verskeie boodskappe vir hom aangekom het. Hy laai hulle af, op sy identiteit armband, sonder om hulle oop te maak. Hy sal dit later in die privaatheid van sy blyplek lees. 'n Mens weet nooit watter afloer toestelle Darwin het nie. Hy stuur 'n boodskap aan Spesiale Agent Dechanel en sal 'n paar dae later kom kyk of die antwoord deurgekom het. 

    Anandee verklee na die finale en kry by een van die gesoute dansers aanwysings hoe om by die kommunikasie sentrum uit te kom. Sy sal haar bevelvoerder moet laat weet dat daar iemand op Darwin is wat haar ken. Sy hoop nie dat dit haar sending nadelig gaan beïnvloed nie. Darwin is nie baie logies uitgelê nie en sy verdwaal 'n paar keer, voor sy by die kommunikasie sentrum uitkom. Sy stoot die glasdeur oop en bots amper met iemand wat op pad uit is. Sy versteen vir 'n oomblik en haar brein en hart kom tot stilstand. Dis Brent! Hulle oë vind mekaar s'n. Sy skud haar kop liggies en Brent mis nie 'n tree nie. Sy kyk nie om nie en hy stap op sy gewone slenter trant, hande nog steeds in die broeksakke, na sy blyplek toe. 'n Toeskouer sou geen onraad bemerk het nie. Anandee se momentum dra haar tot binne in die sentrum in en sy kom by die man wat diens doen se toonbank tot stilstand.

    Goeie dag, ek wil graag 'n boodskap stuur.

    Die werker staar na die aantreklike meisie voor hom en skud homself om tot verhaal te kom. Anandee het gereeld so 'n invloed op mense. Sy het nie tyd gemors om haar verhoog grimering af te was nie en die arme man is skoon oorbluf deur haar skoonheid. Hy gee vir haar die koepon en sy wil oudergewoonte haar identiteit armband skandeer om daarvoor te betaal.

    Jy moet nuut wees hier. Ons doen ongelukkig nie krediettransaksies nie, net kontant, Darwins. Ons het ses maande gelede ons eie geldeenheid gemaak. Jy kan krediete gaan ruil by die krediet wisselaars. Hulle het 'n Faraday-hok, wat alle seine blokkeer. Jy ruil jou krediete in die hok, hulle stoor dit op 'n eksterne dryf en gaan na verskillende ruimtestasies toe om die krediete oor te dra na hulle toe. Party plekke doen nog voorlopige transaksies, waar jy later kontant kan betaal, maar nie ons nie.

    Anandee gee die koepon terug. Ag nee, ek het nie geweet nie. Ek sal later weer moet terugkom. Dis 'n onverwagte verwikkeling. Dit moet een van die nuwe tydlyn veranderinge wees. Baie interessant. Dit voel skoon aardig dat sy nou self een van die veranderinge teëgekom het. Sy stap ingedagte terug na die vermaaklikheid groep se skip toe. Die keer onthou sy min of meer die pad en verdwaal net een keer. Die skip is net 'n paar minute se stap van die teater af geparkeer, sodat die kunstenaars gerieflik naby is. Sy het gekies om op die skip aan te bly, as deel van haar dekmantel. 'n Vlugteling gaan nie baie krediete hê om private verblyf te bekostig nie. Meer as die helfte van die kunstenaars bly op die skip, juis om krediete te bespaar. Anandee deel 'n kajuit met nog drie junior lede van die geselskap. Sy en nog een van die meisies is op hulle eerste toer en die ander twee is al langer as 'n jaar in die bedryf. Sy stap reguit na die kantien toe om te hoor of van die ander weet van die nuwe Darwin geldeenheid.

    Brent maak oudergewoonte seker dat daar geen afloer- of afluisterapparate in sy kamer is nie. Hy het 'n eidetiese geheue en hy sal onmiddellik sien as iemand in sy kamer was. Hy maak die eerste boodskap van Spesiale Agent Dechanel af oop. Dit is gedateer vir vier weke gelede:

    Ons stuur 'n junior agent saam met 'n vermaaklikheid groep na Darwin toe. Die senior agent wat 'n oog moes hou oor haar, het haar voet gebreek, so die junior is op haar eie. 

    Die tweede boodskap is van 'n week gelede:

    Die junior agent se sending verskil van joune, maar sy kan jou hulp gebruik. Jy behoort haar te herken. Anandee Landsberg. Sy gebruik die verhoognaam Mandy.

    Brent fluit deur sy tande. Die dinge op die spel het skielik eksponensieel die hoogte ingeskiet.

    Die strafplaneet, Nêrens.

    Naydien Huisamen sit in die snikhete son op Nêrens en sif, sif, sif deur die oneindige sand wat strek van horison tot horison. Sy sal haar siel verkoop vir 'n stukkie tabak. Sy rook al vandat sy sestien is en die smagting na nikotien, sal seker nooit weggaan nie. Sy is baie bewus van die gewapende bewaarders wat die gevangenes omring en hulle soos valke dophou. Haat kolk swart en olierig in haar binneste rond. Die meeste daarvan gerig op die drie Landsbergs. Haar eerste wraakplan teen hulle het klaaglik misluk en gelei tot haar arrestasie en inkerking op die planeet, Nêrens. Sy het 'n plan om die eerste persoon te wees om van die planeet af te ontsnap. Dit gaan nie maklik wees nie, maar sy het hulp, in die vorm van 'n voormalige ruimterower, Saag - Sagaria Holt, wat 'n bewaarder is. Hy is 'n dubbelagent, wat 'n persentasie mesosideritium afskep van elke gevangene in sy sektor. Hy het voorheen vir die ruimterower, kaptein Tomas Salvinski gewerk, maar is nooit gevang nie. Hy het dus geen kriminele rekord nie en kon in die akademie op die planeet, Diamant inkom om 'n bewaarder te word. Kaptein Salvinski het al twee keer in die verlede mesosideritium kom haal, sedert Sagaria op Nêrens werk.

    Naydien haal haar wit sonhoed af en vee die sweet van haar voorkop af. Die hitte slaan onophoudelik van die vaal sand af op. Hier en daar deur die sand versprei, is korrels swart mesosideritium. Hulle is effens groter as die sandkorrels en kan dus redelik maklik met 'n hand sif uitgesif word. Die stukkies meso moet in 'n sakkie uitgegooi word, wat aan die einde van die dag geweeg word. As dit te min is, is die gevangene se water rantsoen vir die dag ook verminder. Die gevangenes se wit oorpakke word met dieselfde waterlose proses skoongemaak, as wat op ruimteskepe gebruik word. Al die planeet se water moet ingevoer word, aangesien daar geen reën val op Nêrens nie. Dit sal sekerlik meer effektief en produktief wees om die sand met masjiene te sif, om die mesosideritium uit te haal, maar die hele punt van die strafplaneet is harde handearbeid vir die bandiete. Die doodstraf is afgeskaf in die Planetêre Alliansie en die woestyn planeet, Nêrens, was die beste oplossing om die kriminele uit die samelewing te verwyder. Die gevangenes het 'n dun, silwer band om hulle nekke, waarmee hulle beheer kan word. Die bewaarders dra gespesialiseerde kontaklense, wat elke gevangene se gesig outomaties identifiseer, wanneer 'n bewaarder na die gevangene kyk. As 'n gevangene moeilikheid maak, kan hy of sy binne sekondes met die knip van 'n oog, deur middel van die nekband geïmmobiliseer word as die bewaarder lyn van sig het. Sonder lyn van sig, kan 'n hele sektor se gevangenes met behulp van holografiese-skerms en stembevele beheer word. Rebelle leer gou dat dit geen pret is om bewegingloos in die warm son te lê en bak nie. Die nekbande onderbreek die bewegings impulse van die willekeurige spiere en laat hulle letterlik in spasma gaan, sodat die gevangenes nie in staat is om te beweeg nie. Onwillekeurige spiere, soos die hart en asemhalingstelsel s'n word nie geaffekteer nie. Hoe langer 'n gevangene geïmmobiliseer is, hoe meer pyn ervaar hulle wanneer die impulse herstel word. Naydien is nie dom nie en een keer se immobilisasie was effektief om haar in toom te hou. Dit keer haar egter nie om planne te beraam om te ontsnap nie.

    Darwin ruimtestasie.

    Brent gaan deur al die moontlikhede om Anandee se teenwoordigheid te probeer verduidelik, as hulle dalk met kaptein Salvinski paaie kruis. Volgens sy wete, is Naydien  veilig op Nêrens, so hy gaan nie nou energie mors deur oor haar bekommerd te wees

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1