Weg!

Toe die oervis byt...

Die paleontologiegogga het vir Rob Gess gebyt nog lank vóór die eerste fossiele buite Makhanda (Grahamstad) gevind is. “Ek het hier grootgeword, maar gereeld op my oom se plaas in die Colesberg-distrik gaan kuier. Toe ek sowat agt jaar oud is, het ek daar in die veld die skedel van ’n disinodont gekry en ek was dadelik bekoor.”

Die disinodont was ’n herbivoor met slegs twee slagtande in sy bek – die naam Dicynodontia beteken “twee hondetande”. Hierdie dier het tydens die Permiese tydperk (sowat 250 miljoen jaar gelede) gefloreer, maar dit was fossiele uit ’n nóg vroeër era – die laat-Devoniese periode van sowat 360 miljoen jaar gelede – wat Rob se loopbaan van stapel gestuur het.

“Ek was nog op hoërskool toe die fossielterrein op die plaas Waterloo in 1985 ontdek is. Tydens anti-apartheidsprotesaksies sou inwoners van die township buite Grahamstad die snelweg versper. In reaksie hierop het die regering besluit om ’n verbypad deur die heuwels suid van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related