DIS die donker nagte wat vir haar ontroosbaar en onuitstaanbaar geword het. Party aande word sy wakker, dan dink sy haar babaseun – die een wat op Kersdag vir haar gegee is – lê langs haar.
Nikita Venter (26) sit voor ons – fyn, weerloos. Dit lyk asof die donkerbruin rusbank in haar ouerhuis haar insluk. Sy sit regop en probeer haar seer met saamgevoude hande in haar skoot verskans.
Met tye staar sy strak voor haar uit terwyl haar pa, Desmond Venter, van die ander bank af ondersteunend antwoord.
‘ONS HET BAKLEI, WANT EK HET HOM DIE WOENSDAG GELOS. EK KON NET NIE MEER NIE. EK MOES ALLEEN SORG. HY HET MY GEBREEK’
“Hierdie drie weke het ons 20 liter trane gestort,” sê Desmond. Hy en