Vrouekeur

MY EERSTE KERSFEES …

Is daar vir jou een feestyd wat uitstaan? Dalk die eerste Kersfees nadat jy getroud is of die eerste Kersfees wat jy oorsee was? Ons het met ’n paar mense gesels oor ’n tyd wat hulle onthou.

… AS NUWE OUERS

Heinrich (54) en Mercia Eksteen (44)

Kersfees is vir Team Eksteen (soos ons na onsself verwys) altyd familietyd. ’n Groot lekkerte is die opslaan van die Kersboom, die toedraai van die geskenke en dan natuurlik om die afwagting op my sussie se kinders se gesigte te sien. Oukersaand, ná ete, sit die familie in die sitkamer, die kinders deel die geskenke uit en so tussen die saamwees word daar met groot dankbaarheid aan die jaar, geleenthede, genade en die waarde van vriende en familie gedink.

Kersdag gaan die familie saam kerk toe. Ek en Heinrich is in 2010 getroud en vir sewe Kersfeeste was die Team net twee lede. Alles het in 2018 verander, want op 10 Mei 2018 is ons met die grootste geskenk nog geseën toe ons dogtertjie, Maria Ané, gebore is. Wanneer ons aan 2018 as ons eerste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
DÍS hul GEHEIM!
Dié sangeres en voormalige Boer soek ’n vrouaanbieder Leah glo aan ’n goeie sonroom. “Ek het nooit besef hoe belangrik dit is om elke dag sonskerm te dra nie, maar ek het dit sommer vinnig by my roetine ingepas en daar gaan nie ’n dag verby wat ek ni
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege

Related