Huisgenoot

FEESTYD SAAM MET SUIDOOSTER

VANJAAR mág hulle maar vier. En sommer behoorlik uithang. Dit was immers húl jaar, en daar is baie om hier in die feestyd te koester.

Die afgelope sewe jaar sit kykers weeksaande vasgenael voor die kassie en deel in die lief en leed van die inwoners van die dorpie Ruiterbosch in Suidooster.

Daarom het aanhangers saam feesgevier toe die geliefde Kaapse sepie op die 16de Saftas, die land se grootste televisie-en fliekprysaand, in September aangewys is as die beste Suid-Afrikaanse sepie.

Suidooster is nie net ’n sepie wat kykers vermaak nie; dis ook een wat diversiteit en inklusiwiteit vier. Die karakters het uiteenlopende geloofsoortuigings, sowel Christelik as Moslem, en die vervaardigers probeer dié tradisies so geloofwaardig en getrou moontlik uitbeeld.

Die akteurs loop elkeen hul eie lewenspad en vier tradisies op hul eie maniere, maar die feestyd is vir almal spesiaal – ’n tyd van samesyn, familie en besinning oor die dinge wat kosbaar is.

Dit is ’n Saterdagoggend toe Huisgenoot ’n spesiale fotosessie hou om vanjaar se groot sepiewenners hier in die feestyd te vier, en hoewel die akteurs vandag geen tonele skiet nie, kom meld hulle geesdriftig aan by die Atlantic Film Studios in Montague Gardens in Kaapstad, waar die reeks verfilm word.

Eers gaan sit hulle in die susters Islyn Salie en Charlene Goliath-Green se grimeerstoele vir hare en grimering. Maar dié slag is dit nie om in karakter te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Jou Regte In ’n Saamwoonverhouding
1 Wat is ’n saamwoonverhouding? Dit is as jy en jou lewensmaat elke aspek van jul lewe – soos verblyf, finansies en huishoudelike verantwoordelikhede – deel, maar nie getroud of in ’n burgerlike vennootskap is nie, sê Danielle Mylie van die regsfirma
Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot1 min read
Fiks En Vrolik In Mauritius
DIS maklik om goed te voel as jy op Mauritius vakansie hou – maar dis nie ál rede vir daardie glimlag op die aanbieder HENCK CONREY se bakkies nie. Henck, die aanbieder van Vat jou goed en trek! op kykNET, was onlangs ook in die program Fiks of niks

Related