Kersvader se blou broek
DIE laaste dae van die skooljaar breek met groot opgewondenheid aan. Kersfees wag soos ’n brood wat rys onder ’n lap. Vir ’n kind isKersfees en Kersvader sinoniem, hoewel ons altyd die regte boodskap verduidelik.
My kinders het al weke gelede met behulp van die spesiale Kersuitgawe van die speelgoedwinkel hul Kerswenslysie bekend gemaak. Oral is iets omsirkel. “Madre, hier’s ’n dogtertjiefiets. Vir my ’n skaatsplank. En Lego,” kraak Petrus-Hugo se skor stemmetjie deur die huis toe ons een aand moes sit en kyk na alles waarvoor hulle wens vir Kersfees.
My geraamde briefie wat ek as sewejarige aan Kersvader geskryf het, het vir jare teen die kamermuur gehang. My ver- soek was ’n “taaperbak” vir my ma. Kaart van die plaas vir my pa. Ek wou ’n troupopie hê, soos ek dit sonder die tweede “p” geskryf het.
Kersvader was deel van my kinderlike drome. Iets waarna ek vir baie jare
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days