DIE diep kepe van smart is gekerf in haar gesig. Haar groen oë is nat van die huil en sy moet kort-kort met ’n sneesdoekie daaroor vee.
Haar lippe bewe, want sy sukkel om al die gevoelens wat in haar binneste woed te verwerk. Verdriet. Frustrasie. En bowenal woede.
Want Elize Putter is gebroke – sy voel verpletter. En sy is só, só kwaad.
Dis als so anders as net ’n skamele twee maande terug toe haar hart gejubel het met haar geliefde kleinseun se besoek hier op die kleinhoewe tussen die koppies buite Alberton.
Daardie kuiernaweek einde November het gevlieg, vertel Elize (57) en druk-druk die sneesdoekie weer onder haar oë.
“Ek wou nie hê hy moes daardie Sondag teruggaan na sy ma toe nie. Ek kon sien hy wou nog hier by sy oumie bly,” onthou sy.
Toe haar