Huisgenoot

Pelgrimstog

“OP Utopia! Vrede, geluk en welvaart.” In absolute vervoering oor die uitsig lig Estie haar glas omhoog terwyl haar bruin oë lewenslustig vonkel. Ná ’n heerlike oggend se stap in die Jonkershoek-natuurreservaat sit hulle nou op die Lanzerac-wynlandgoed en kyk uit oor die skilderagtige Hottentots- Hollandberge, helder afgeëts teen ’n wolklose blou herfshemel.

Wingerdryke heuwels is geklee in ’n sluier van rooi en okergoud. “Wie wil nou die Camino de Santiago in Spanje gaan stap op soek na innerlike vrede as ons eie land sulke asemrowende natuurtonele bied? Hier kan ek myself wraggies maklik weer vind. Jy’s vrek bederf dat jy hier op Stellenbosch kon swot, Marja. Ek’s rêrig bly dat jy my saamgenooi het.”

Marja se koperkleurige krulle glinster in die son en haar groen oë kry meteens ’n trek van heimwee. “Ek moet erken ek het self al vergeet hoe mooi die Kaapse wynlandstreek is. Dankie dat jy saamgekom het, Estie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot8 min read
Sê Só Nee Vir Jou Narsis
JARE lank het sy in haar praktyk kliënt ná kliënt gesien wat gefrustreerd, depressief, verward of hartseer was. As terapeut is dr. Ramani Durvasula van Los Angeles, Kalifornië, geleer om hulle te help om hul gedragspatrone te verstaan en lewenstrateg
Huisgenoot2 min read
Geheime In Soebatskloof
DIS e.tv se eerste Afrikaanse telenovelle dié – en die reeks heet Kelders van geheime. Huisgenoot is onlangs genooi na die bekendstelling op Plaisir, ’n wynlandgoed naby Fransch hoek – en dit was ’n sterbelaaide geleentheid op die einste plek waar di

Related