Toe val die lig
DIT voel of die grou van die hemel in haar hart weerkaats toe sy opkyk. Die klip in haar gemoed voel ál swaarder met elke tree wat sy nader aan Faber se graf gee. Die hemel weet, sy weet hy is nie hier nie. Net sy stoflike oorskot. Maar as jy 42 jaar met iemand getroud was en die verlange wurg jou uitasem, dan help dit soms om selfs net vir ’n rukkie naby sy stoflike oorskot te wees.
Om die een of ander rede het Faber daarop aangedring om begrawe en nie veras te word nie. Vandag is sy dankbaar daarvoor, want sy voel elke keer ná haar tweeweeklikse besoek beter. Ligter. En sien weer kans om aan te gaan. Dis net vandag dat hierdie reënerige weer haar reeds swaar gemoed verder afrem.
Sy sit die bos geel sonneblomme en die waterbottel langs die graf neer terwyl
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days