Vogelsang
AL WAS die mis daardie oggend baie dig, het sy hom deur die kombuisvenster in die grondpad sien aankom. Sy skouers krom onder die las van die rugsak. Hy het ’n oomblik voor die huis gehuiwer en die hekkie langsaam oopgestoot.
Hy het onderdeur die metaalboog geloop wat dié tyd van die jaar ’n tuimelende waterval van bloureën is. Vir ’n wyle het hy opgekyk na die blomme bo hom.
’n Rugsakreisiger, dink sy dan. Nie die tipiese stadsjapies met blink motors wat naweke na die dorpie stroom nie. Die kat wat op die stoel langs die koolstoof lê en slaap, kyk gesteurd op toe die harde klop aan die voordeur opklink.
Toe sy die voordeur oopmaak, sien sy hy is jonger as wat die moeë figuur aanvanklik gelyk het. Sy oë die kleur van ’n kliplyster se kopveertjies.
“Goeiemôre, ek is Ferdinand. Ek sien hier is
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days