Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verlore Gisters
Verlore Gisters
Verlore Gisters
Ebook102 pages1 hour

Verlore Gisters

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Kennis van Goed en Kwaad is die dryfveer van Verlore Gisters. In ons daaglikse keuses berus die besluit by ons watter een sal seëvier. Kies ons verkeerd, wel, dan moet ons die prys betaal. Die vraag is wat sal jy doen om jou kind se nagedagtenis in ere te herstel?
Bertha Geldenhuis se lewe het ’n lelike draai gemaak die dag toe sy met Heino Beetge en sy vriende deurmekaar geraak het. Die prys van dié vriendskap het haar alles wat belangrik is gekos.
Wanneer hoop net ’n vae begrip word en vriendskap yler as hoendertande, dan weet jy jou keuse was ʼn fout. Sou sy die een hand wat wel na haar uitgehou word vat, of sou sy aanhou om die verkeerde besluite te neem? Die besluit van kennis van goed ... of kwaad?
Luitenant-Kolonel Hendrik Swanepoel is op die drumpel van aftrede. Sy lewe as oujongkêrel en toegewyde polisieman was vervullend. Maar die dag toe hy Bertha Geldenhuis ontmoet, was sy keuses afgebaken in hoopvolle meetsnoere.
Met die ewige vraag: wat beteken die kennis van goed en kwaad nou eintlik, word hy aangespoor om die antwoord vir Bertha te soek. Wat hy vind is meer as net ’n antwoord. Dit is ’n openbaring wat hom op wye draaie sou vat.
Hoop is soms al wat ons het om aan vas te hou ...
’n Spannende misterie-novelle.

LanguageAfrikaans
PublisherLynelle Clark
Release dateNov 18, 2023
ISBN9781776439287
Verlore Gisters
Author

Lynelle Clark

The desire to write was a silent wish I rarely talked about, keeping personal journals year after year. In my late forties, I found myself overwhelmed by life's experiences.This became a trigger that launched me into a new season. I have discovered much about myself and explore the many facets of writing, finding my peace within the walls of paper.I am a self-published multi-genre author and write short stories in my native tongue regularly. I collaborate with co-authors in different projects and find the connection fulfilling and of great value.In my free time, I judge stories, do some beta reading, create new products and YouTube videos, and love to read and leave reviews.Visit my website and subscribe to my quarterly newsletter.

Read more from Lynelle Clark

Related to Verlore Gisters

Related ebooks

Related articles

Reviews for Verlore Gisters

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verlore Gisters - Lynelle Clark

    Verlore

    Gisters

    deur

    Lynelle Clark

    Kopiereg Lynelle Clark

    ISBN 978-1-7764392-8-7

    Eerste uitgawe November 2023

    Teksversorging: www.pendit.co.za; info@pendit.co.za

    Tipografie:Bets Koen / bets.adminco@gmail.com

    Omslag: Nico Schamrel

    Wetlike punte: Dewald de Coning

    Uitgewer: Ns.Skrywershuis

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring. Respekteer asseblief die harde werk van die outeur en moenie hierdie e-boek onwettig versprei nie. Ondersteun liewer die outeur deur ’n addisionele e-boek aan te koop.

    This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to your favourite ebook retailer and purchase your own copy.

    Hoofstuk 1

    Verlore Hoop – 27 November 2022

    Indien dit moontlik was, sou hoop soos suiglekkers uitgedeel kon word. Die soort wat ouma altyd in haar handsak gehad het, en jou mee omgekoop het om stil te sit in die kerk. Bertha Geldenhuis het egter meer nodig as net ʼn goedbedoelde suiglekker. Haar hoop se bestaan het weggekruip in die voue van haar gedagtes, voos gelaat deur die lewensklappe sodat sy nou sonder enige sweem van hoop is.

    Maar soms kan hoop uit onverwagte oorde kom. Deur subtiele boodskappe word jy daaraan herinner. Soos ʼn onverwagte reënbui om die aarde af te koel. ʼn Ligte briesie wat sagkens teen jou streel wat dien as herinnering aan God se teenwoordigheid. Die krul-lekker lag van ʼn kleuter wat jou dwing om saam te lag. Die bederf van ʼn draairoomys in ʼn horinkie, kompleet met ʼn Flake en karamelsous.

    Die wat wakker genoeg is kan dit verstaan, ander nie.

    Bertha se gemoed is afgerem en haar situasie hopeloos. Sy het geglo daar is niks om voor te hoop nie. In haar ywer om vorentoe te gaan het sy als verloor. Selfs haar selfrespek.

    Tog bly hoop hang soos ʼn kwistige sonstraal in die bedompige hofsaal. Die dansende stofmolekules vasgevang in die hitte daarvan. Soos altyd gaan sy teenwoordigheid amper ongesiens verby. Wat wel opvallend is, is dat die sonstraal die beskuldigde skei van haar aanklaers. Bertha stoot haar voet uit om net vir ʼn oomblik te baai in die hitte wat dit bied. ʼn Klein bietjie hoop in ʼn wêreld wat baie verkeerd geloop het.

    The defence failed to convince the court that the accused, Bertha Elisabeth Geldenhuis had shown any remorse for the murder of victim Matilda Yvonne Beetge, committed on February 29, 2022. The psychological reports also show that she showed no remorse afterwards and opted to remain silent. Therefore, the court decided to apply the maximum penalty.

    Die joernaliste maak ʼn paar aantekeninge in hul notaboekies en kyk net sydelings na die beskuldigde. Die saak is toe nie so interessant soos wat hulle gehoop het nie. Net die persfotograaf, die naaste persoon aan haar, zoem in op haar skraal gesig en neem ʼn foto.

    Al hierdie gebeure gaan Bertha heeltemal verby. Haar blik daal na haar natgeswete hande en sy vryf hulle teen haar broekpak af, maar die taai gevoel bly klou.

    Geskokte oë van die hofgangers staar na haar. ʼn Gemompel volg en Regter de Kock se bril sak nog ʼn sentimeter laer. Die hofordonnans maan die mense tot stilte en die regter gaan ongestoord voort met die vonnis.

    Life – with no option to parole.

    Skok golf deur die saal en Bertha syg op die stoel neer. Sy het dit verwag, maar om dit hardop, so finaal te hoor, eis sy tol van haar. Vir die eerste keer kyk die skraal vrou agtertoe, haar oë diep poele seer, voor sy weer vorentoe kyk en terugsit.

    Haar enigste kind verberg sy oë met die duur sonbril en stap met lang treë uit. Sy pak klere, van hoogstaande gehalte, aksentueer sy skraal lyf – penregop, ongeag die woelinge wat van binne amok maak. Sy hoop is kommerwekkend laag.

    Hy het genoeg gehoor. Om daar binne te bly en te kyk hoe sy ma weggelei word is net te veel. Sy trotse mooi Ma. Waar het als verkeerd begin loop vir haar?

    ***

    Heino Beetge knik vir die regter en verlaat die hof sonder om weer na die beskuldigde te kyk. Sy eie skuldgedagtes is verberg deur jarelange geoefende beheersdheid. Sy verslonsde kleredrag opvallend, maar tog pla dit niemand nie.

    Hy is spyt oor baie dinge. Spyt oor sy vrou se dood wat hom nou in ʼn penarie los, ... en Bertha. Is hy spyt oor haar? Miskien kon hy haar beter behandel het, dan sou sy lewe dalk anders gewees het.

    Tydens die hofverrigtinge van die laaste tien maande het dié gedagtes bly rondmaal sonder enige antwoorde. Maar spyt kom altyd te laat; en hy is moeg. Al wat hy kan doen is om die stukke van sy lewe op te tel en aan te gaan.

    Sy foon vibreer met ʼn inkomende boodskap. Buite die hof lees hy dit vinnig en antwoord die kriptiese boodskap, skuif agter die bakkie se stuurwiel in en ry in die rigting van die biertuin, sy gedagtes alreeds by die nuutste vrou.

    Weens Heino Beetge se posisie in die samelewing hou die meeste mense van hom. Baie sou nooit die rokjagter met die gesiene man kon vereenselwig nie. Maar vir Beetge gaan dit oor die plesier van die jag. Sy jagtersrol is verfynde vernuf en hy kon enige vrou vang wat in sy visier kom. Dit is ook die hoofrede van sy egskeiding. Dit is vroue, soos Bertha wat hy agtergelos het, wat agterna vertel hoe beïndruk hulle met hom was tydens hul eerste ontmoeting. Hy weet presies wat om te sê en hoe om hulle in te katrol. Totdat hy sy ware kleure begin wys. Dan is dit ʼn koue ontwaking wat jou leeg laat en die vrou wens vir iets sterker as ʼn bad.

    Sy kerfstok is so lank soos ʼn besemstok. Sy mening was nog altyd dat om terug te kyk, is ʼn vermorsing van tyd. Bertha Geldenhuis was maar net een kepie op daardie stok. Maar sy afrekeningsuur is nader as wat hy sou wou erken; sy hoop is op die nuwe weduwee.

    ***

    Binne die hof reik Pieter van Deventer uit na die veroordeelde, maar sy weier om enige oogkontak met hom te maak.

    Gedurende die hofsaak het Bertha nie ʼn woord gerep ter versagting nie. Sy het aangedring dat Van Deventer by elke ondervraging moes wees en het onvervreembare swygreg toegepas. Van Deventer het van die begin af dit duidelik gestel dat die saak vinnig afgehandel sou word. Sy wou dit so gehad het. Waarom almal se tyd mors en dit uitrek? Dit was haar gemoedstemming van die oomblik af dat sy in die vangwa geklim het. Die getuienis teen haar is verdoemend en dit was nie nodig om haar kant te stel nie. Sy het dit so aanvaar. Sy is beter af in die tronk.

    Bertha vee moeg oor haar gesig, en druk ʼn los string blonde hare agter haar oor. Die ligte trilling in haar vingers verraai haar innerlike gemoed. Sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1