Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 TONGE KLAP OOR ‘DEVILSDORP’

Ons lesers vertel watter onthullings in die opspraakwekkende dokkie oor Cecilia Steyn se Krugersdorp-moordkliek hulle die meeste skok

Iewers het hier ’n baie groot skroef losgegaan. By al die mense wat hierby betrokke was. En hoe op dees aarde het geen van hul familielede of nabye vriende ooit iets agtergekom nie? Ek sukkel om simpatie te hê.

BETS

Die reeks het my behoorlik hoendervel gegee. Veral Marinda Steyn. Dink net: Daai was jou juffrou wat elke dag vir jou klas gegee het. Maar agter die skerms maak sy en haar twee kinders mense dood. Dis skrikwekkend.

CARLA

Dis vir my werklik skokkend dat een mens soveel twak kan praat en almal glo haar. En dan is Cecilia boonop met ’n polisieman getroud en hy weet glo niks nie. Net mooi als omtrent dié gruverhaal is onverstaanbaar.

MARIZELLE

Daardie absolute emosielose besonderhede oor die moorde, die algehele wreedheid daarvan, en veral dat sy haar kinders so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related