Oorkantste blad, kloksgewys. Uli Wagener kyk hoe die son se goud oor Klein-Pella se vars veld uitloop. “Hierdie is só mooi. Ons het almal meer hiervan nodig. Sonsondergange in ooptes. Ons moet harder werk vir vars lug as vir pensioenfondse.” En Uli is ’n finansiële konsultant; hy wéét wat is belangrik; Arno Bekeer en Bokka hou hulle skape vir eers tussen die klippers van die Vuurdoodberg totdat almal se oë en binnegoed aan die groenigheid gewoond geraak het; Ná die eerste reën gooi die Boesmanland se veld vinnig groot matte duwweltjies uit; Die skape in die Boesmanland het weer nuwe krag en Theunis Visser en Ricardo Kopang moet stewig staan as hulle nie in die kraal omgeduik wil word nie.
Wanneer wolke die pad na jou huis toe vergeet het, kan dit lank vat voordat jy hulle weer sien. Dit gebeur soms met wolke, hulle begin kortpad vat. As jy ’n bietjie uit koers uit bly, sit jy jare lank op jou stoep en wag.
Plekke soos die Boesmanland en die Bo-Karoo lê wyd van wolke se hoofroetes af. Partykeer is mense se tuine heel verdor wanneer wolke weer daar aankom, skamerig soengroet en begin natmaak. Maar dit gebeur ook dat kinders grootword, oumense sterf, diere en die aarde maer word voordat ordentlik gekuier word.
Een van die moeilikste plekke om by uit te kom is die verre noorde van die Boesmanland – die stuk wêreld noord van die N14. Dis weggesteek en spore soontoe is dof. Of jy nou ry of per lugstroom dryf – jy moet mooi rigting hou.
Daarom is Arno Bekeer verbaas toe ek en hy