SOLANK AS DIE AARDE
Deur LUCIA PRINSLOO
LAPA Uitgewers, R320
Met die klaarlees van Lucia Prinsloo se derde roman sien ’n mens dadelik uit na haar volgende een, want Solank as die aarde is ’n interessante en sterk storie. Dis haar lesers egter nie beskore nie, want sy is in Februarie onverwags oorlede. Sy het aan ’n ongeneeslike niersiekte gely en haar broer het vroeër vir haar ’n nier geskenk.
Net so het Ragel, haar hoofkarakter in Solank as die aarde, so ’n kwaai nierprobleem dat sy net deur ’n oorplanting gered sou kon word.
Sy boer op die familieplaas Soetkloof in