Huisgenoot

Gin en Tonic se pa

WILLEM is nie mal oor katte nie. Inteendeel, hy hou niks van katte nie. Hulle is passieloos en selektief, hulle verrinneweer gordyne met hul vlymskerp naels, en dra muise as geskenke vir hul eienaars aan. En genade, is hulle lui!

Sy ma se gryswit Persiese kat het hom altyd aangekyk asof hy ’n indringer in hul huis is. As hy in die middae ná skool tuisgekom het, het Coco, soos ’n bedorwe prinses, uitgestrek in die voorportaal gelê. Met haar koperkleurige oë op hom gerig, het sy hom aangestaar sonder om ’n millimeter te beweeg. Selfs haar welige stert sou bewegingloos uitgesprei lê.

Willem het vele kere probeer om Coco op sy skoot te tel as hy voor die televisie gaan sit het om te kyk. Maar Coco het tekere gegaan asof hy haar wou verwurg. Omkoop het ook nie gehelp nie. Tuna, kaas, ’n stukkie hoender

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related