Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Telos
Telos
Telos
Ebook155 pages2 hours

Telos

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Telos is 'n fantasie avontuur met 'n bietjie misterie en romanse. Dit gaan oor 'n besigheidsvrou wat gedwing word om op 'n voetslaan-ekspedisie te gaan saam haar mede kollegas van dieselfde maatskappy en hoe sy moet leer om aan te pas by die aktiwiteite en omstandighede waaraan sy nie gewoond is nie. 'n Hele ander en nuwe wêreld word geontdek en vir haar geopenbaar wat sy nie gedink moontlik is nie tot sy dit self ervaar. Onverklaarbare en geheimsinninge gebeure dwing haar om oor haar lewe te besin.

LanguageAfrikaans
Release dateMay 21, 2019
ISBN9780463879320
Telos
Author

Ronellé Snyman

Ronellé Snyman is gelukkig getroud en bly saam met haar man Dawie, twee seuns − Dawie en Dian − in Middelburg, Mpumalanga. Sy is ʼn werkende ma wat in haar vrye tyd hierdie boek begin skryf het. Dit is haar eerste boek wat gaan deel wees van 'n reeks boeke. “Ek het met hierdie boek aan die begin van 2016 begin. My belangstelling in spiritualiteit asook interessante dinge van die verlede het tot hierdie boek anleiding gegee. Ek wil nie hê dat die lesers op hierdie boek voorbereid moet wees nie; dit is ’n ontdekkingsreis.”

Related to Telos

Related ebooks

Related articles

Reviews for Telos

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Telos - Ronellé Snyman

    Voorwoord

    Met spesiale dank aan die mense van Telos – Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie en niks geheim, wat nie bekend sal word nie. Lukas 12:2.

    Ek het met hierdie boek aan die begin van 2016 begin. My belangstelling in spiritualiteit, interessante dinge van die verlede, het aanleiding tot hierdie boek gegee. Ek wil nie hê dat die lesers voorbereid moet wees op hierdie boek nie; dit is ʼn ontdekkingsreis.

    Inleiding

    Niks op aarde sou haar kon voorberei op dit wat sy sou moes ervaar het nadat haar baas haar dwing om saam met hom en die ander direkteure van die maatskappy op ʼn weeklange voetslaan-ekspedisie in die hartjie van die Hopi reservaat te gaan nie. Onverklaarbare geheimsinnige gebeure dwing haar om oor haar lewe te besin en die feit dat sy aangetrokke voel tot haar uiters aantreklike baas help ook nie. Gelukkig is die vriendelike rooikop, Ru, daar om haar uit haar verknorsing te help.

    Hoofstuk 1

    'n Deurdringende geluid skiet deur haar ore; sy droom van 'n modeparade in Parys waar sy beoordelaar speel. Sy skrik wakker en vir een oomblik weet sy nie waar sy is nie. Onbeïndruk gluur sy na die wekkerradio; die alarm het afgegaan. Sesuur, haar opstaantyd. Vies druk sy die knoppie van die alarm dood. Kon dit nie maar eerder Sondag gebly het nie? Dis die enigste dag wat sy haarself gun om 'n blaaskans te vat. As eienaar van 'n top mode-maatskappy is daar nie tyd vir leeglê nie. Traag staan sy op en druk die knoppie van die grys-silwer outomatiese blinders om oop te gaan. Dankie tog, 'n sonskyndag − 'n pluspunt, want sy het later 'n fotosessie geskeduleer wat 'n groot sukses moet wees. Sy trek haar satynjapon aan en druk haar voete in fluweelpantoffels in. Skuifelend beweeg sy oor die spieëlgladde teëls na die hotelkamer se foon om gou eers te bel vir haar daaglikse oggendkoffie, espresso. Net die sterkste is goed genoeg om haar deur 'n dag te kry en dit is nie 'n item wat sy in haar hotelkamer kan aanhou nie; dit kan alleenlik bestel word. Sy maak die gehoorstuk van die foon eers met ʼn antibakteriese lappie skoon voordat sy bel. Terwyl sy besig is met haar daaglikse badkamerroetine, lui die deurklokkie wat kamerdiens aandui. Vinnig maak sy die deur oop. 'n Skraal mannetjie begroet haar met 'n skitterende glimlag. Geïrriteerd ontvang sy die skinkbord en maak die deur in sy gesig toe sonder 'n woord of fooi. Daar is nie tyd vir onbenullige praatjies nie, sy is 'n besige vrou. Agtuur moet sy by die werk wees; sy is baie streng met haarself en medekollegas oor laatkommery. Versigtig word die koppie met espresso se rand eers afgevee voordat sy daaraan drink. Daarna stap sy haastig na haar inloopkas en haal ʼn kledingstuk uit. Shakira dra net haar eie ontwerpersklere wat sy óf self ontwerp het, óf laat ontwerp het. Sy is immers 'n advertensie vir haarself en die maatskappy. Haar gunsteling kleure is grys, wit, swart en bruin. Dis min dat jy haar in ander kleure sal sien.

    Die klere wat sy vir haar maatskappy − Shakira Ontwerpe − laat ontwerp, is anders. Ons moet by die behoeftes van ons kliënte en nuutste modegiere aanpas en voorbly, maal haar eie woorde deur haar kop. Sy het dit al telkemale vir haar medekollegas gesê. 'n Vinnige stap verby die wekkerradio laat haar besef dat sy laat gaan wees as sy nie nou gaan stort nie. Twintig minute later is sy klaar aangetrek in haar selfontwerpte grys tweestuk pakkie, bestaande uit 'n wit bloes, grys baadjie met romp en grys hoëhakskoene. Halfpad by die deur uit onthou sy dat sy geen juweliersware aanhet nie. Kan jy dit nou glo, ek is só haastig! praat sy met haarself, hardloop vinnig na die spieëlkas toe en gryp sommer 'n paar pêreloorbelle. Dit behoort goed genoeg te wees. Sy loop na die hysbak toe en bel terselfdertyd vir John, haar chauffeur.

    Die oomblik toe sy deur die roterende deur loop, wag hy al vir haar, stiptelik. John, geklee in swart uniform en 'n ernstige uitdrukking op sy gesig, hou vir haar die deur van die blougrys limousine oop. Daar is nie tyd om te groet nie; net 'n stywe kopknik van elkeen af.

    Voordat sy egter kan inklim, word sy deur ’n voetganger van balans af gestamp wat blykbaar net so ongeduldig is soos sy en nie net vir haar kon wag om in die limousine te klim nie. Hy het sommer van nêrens af die gaping gesien en met ’n spoed voor haar ingeloop. Dít boonop sonder ʼn verskoning. Sy struikel met die impak, maar die man kyk nie eens om nie. John vang haar betyds aan haar elmboog net voor sy heeltemal met die aarde kennismaak.

    Die vermetelheid! kry sy dit stug uit. Pynlik stryk sy haar klere met haar hande reg, vat aan haar hare en so asof niks gebeur het nie, klim sy in die limousine sonder ʼn woord van dank aan John.

    Maar so ken hy haar. Hy maak sy das reg en klim agter die stuur in. Haastig sit Shakira haar selfoon aan en loer na haar boodskappe voordat hulle by die beste, na haar mening, haarsalon in New York stop; die Oscar Ferraci Salon.

    Die salon maak later oop, maar sy het 'n spesiale reëling om vroeër in te kom, in ruil vir 'n kontrak vir haar modelle en werksmense. Sy vee eers die roomkleurige stoel af waarop sy gaan sit. Die stilis, Luke, kom nader en groet haar vriendelik. Bonjour mademoiselle! Vous avez l'air magnifique comme toujours? 'n Middeljarige, verfynde Franse man – baie glad met die mond.

    Ag toe Luke, ek het nie tyd vir jou gevleiery nie.

    Ekskuus, maak hy dadelik verskoning, watter besonderse haarskepping kan ek vandag vir jou optower? vra hy terwyl hy haar lang swart hare deur sy vingers laat val. Sy knik met haar kop in die rigting van die haarstyltydskrif. Luke gee dit aan en sy blaai vinnig deur.

    Dié een behoort te werk, sy wys na 'n prent van 'n vrou wat lyk of sy 'n groot bolla bo op haar kop het.

    Magnifique! Fantastiese keuse! Jy kan nie daarmee verkeerd gaan nie, sê hy. Sy een wenkbrou lig effens nadat sy haar hande afvee toe sy die tydskrif op sy plek neersit.

    Na 'n halfuur se stilering is sy op pad kantoor toe; sy sal darem betyds wees, altans sy hoop so.

    John, is dit die vinnigste manier om by die kantoor uit te kom? vra sy ongeduldig na ʼn ruk toe sy die lang rye motors voor hulle sien.

    Ja, mejuffrou Merkaba, ek ry elke oggend hierdie pad.

    Nou hoekom voel dit of daar té veel verkeer is vanoggend? Hy sug innerlik en pers sy lippe saam.

    Daar is nie meer as gewoonlik nie; dit voel net so, antwoord hy geduldig.

    Ek het nie vir jou opinie gevra nie, kry my net vinnig by die kantoor! Hy vee stadig oor sy oë terwyl hulle in 'n ry wag vir die verkeerslig om groen te slaan. Hy hou vir Shakira in die truspieëltjie dop terwyl sy haar hande uit gewoonte uit ongeduldig afvee. Hy skud net sy kop.

    ’n Rukkie later stop hulle voor 'n gebou van marmer en glas. Shakira Merkaba Ontwerpe, staan in groot blinkgevryfde, goue letters bo die ingang.

    Kom nou, ek het nie die hele dag tyd nie! snou sy hom toe, want hy vat te lank na haar sin om die motordeur oop te maak. Haastig klim sy uit toe die deur oopgaan. Sy loop verwoed, sonder om hom te groet, die gebou in. Hy gee net 'n sug van verligting en klim weer in die limousine. Shakira loop vinniger toe sy sien die hysbak gaan amper toe en loop iemand in die proses amper onderstebo. Sy blaas 'n sug van verligting uit toe sy betyds in die hysbak is. Daar is niemand anders in die hysbak nie; ook maar goed so, want sy het nie tyd vir klets nie. Met ʼn missie vryf sy die verlangde vloer se knoppie skoon voordat sy dit druk. Vyf minute voor agt stap sy uit die hysbak uit op die boonste vloer.

    Sy loop verby haar assistent, Danny, soos almal haar noem, maar Shakira verkies Danielle omdat dit meer professioneel klink. Sommer so in die verbystap, groet sy haar met 'n kopknik en Danielle reageer op dieselfde manier.

    Op die kop agtuur skuif sy agter haar lessenaar in en maak haar skootrekenaar oop om na haar e-pos boodskappe te kyk. 191 Boodskappe ... Dit lyk elke dag so. Dit neem haar omtrent die hele dag om deur alles te werk. Daar is 'n ligte kloppie aan die deur.

    Kom binne ... Dis Danielle wat met haar espresso binnekom. Shakira se kantoor is een van die koudste kantore wat Danielle in hierdie gebou ken. Elke keer as sy by haar kantoor instap, kry sy ʼn koue rilling. Die plek laat jou eerder aan ʼn koue, gevoellose operasieteater dink as ʼn kantoor waarin ʼn lewendige, gesonde persoon werk. Alles vertoon amper klinies; daar is geen warmte nie, net soos haar baas.

    Ek het amper gedink jy het vergeet, Shakira loer na die skinkbord, waar is my aarbei kaaskoek?

    Hulle ... het nie ... kaaskoek nie ... stamel Danielle verbouereerd oor haar woorde.

    Jy kon tog seker by 'n ander plek gekry het? Ek betaal jou genoeg om ’n bietjie moeite te doen en rond te bel. Dit sal al wees, en sy lees verder deur haar e-posse.

    Danielle knik net, plaas die espresso op die tafel, draai vinnig om en loop uit.

    'n Rukkie later kyk Shakira in haar dagboek en sien dat daar 'n vergadering saam met die grootbase van die maatskappy geskeduleer is vir twaalfuur. Hulle kom almal hier na haar maatskappy toe. Sy vat outomaties aan die houer wat langs haar rekenaarskerm staan. Die deksel gaan oop, maar daar is nie 'n lappie nie. Vinnig draai sy die deksel oop om te kyk of dit dan klaar is. Wragtig! Sy roep vir Danielle oor die interkom.

    Kom hier. Danielle kom in en Shakira sien dadelik dat sy nie haar dagboek saamgebring het nie, maar dat sy darem wel haar bestelde kaaskoek onthou het.

    Gaan haal jou dagboek, jy weet mos jy kan nie daarsonder as jy na my toe kom nie, en kry asseblief vir my ʼn nuwe houer van die antibakteriese lappies. Vinnig gaan haal Danielle haar dagboek en die antibakteriese lappies. Sy kom sit versigtig voor die lessenaar en gee vir Shakira die houer aan. Shakira het ʼn fobie met antibakteriese lappies; sy self sal dit nie agterkom nie, maar iemand wat elke dag saam met haar werk, soos Danielle, ken nou al haar roetine. Sy begin eers om haar hande af te vee, versigtig … elke vinger. Dan haar skerm en daarna volg die res van haar rekenaar wat die muis en sleutelbord insluit. Nadat alles skoon genoeg is na haar sin, begin sy tevrede.

    Ons het 'n vergadering om twaalfuur saam met die direkteure van die maatskappy. Sorg dat jy daar is met jou dagboek om aantekeninge te maak. Maak dan seker dat daar tee en koffie is, asook versnaperings. Danielle lig haar pen op om haar aandag te kry.

    Ja?

    Watse tipe versnaperings?

    Ek weet nie, seker maar die algemene goed? Vind by die spysenieringsplekke uit. Dit sal al wees; maak seker dat alles vir twaalfuur gereël en op hul plek is.

    Ek sien jou twaalfuur in die raadsaal.

    Om kwart voor twaalf is Shakira reeds in die raadsaal.

    Sy sien dat Danielle gesorg het vir die spyseniering wat bestaan uit verskillende vleissnoeperye en toebroodjies. Sy sit by die lang, blinkgevryfde rooshouttafel en wag geduldig vir die ander direkteure om hul opwagting te maak. Sy is altyd stiptelik en hou nie daarvan om laat te wees vir enigiets nie.

    Sy maak vinnig haar hande met een van haar lappies skoon. Danielle kom sit langs haar op een van die swart leerstoele. Die direkteure kom een vir een ingestap en Shakira groet hulle net met 'n kopknik. Laastens stap die grootbaas, Croon in. Hy gaan op die punt van die tafel sit.

    Goeiedag, ek sien almal is teenwoordig, begin hy. Sy stem dreun voort, maar Shakira se gedagtes dwaal na die ander om die tafel. Al die direkteure van hul sewe maatskappye regoor die wêreld sit tans om hierdie tafel. Sy bestudeer almal terwyl Croon praat. Sy dink

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1