Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Ebook216 pages3 hours

Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Toe Pamina Vermaak op skouspelagtige wyse by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Druipstert keer sy terug na haar ma-hulle op die klein Weskusdorp Witwaterbaai – ’n plek wat sy gesweer het haar nooit weer sou sien ná ’n fiasko elf jaar gelede nie. Maar nou moet sy tog haar onkonvensionele gesin, van wie sy vervreem geraak het, in die oë gaan kyk. Intussen lek steelfoto’s uit van rockster Wolf de Jager se verloofde, aktrise Daniella du Toit, waar sy hom verneuk. Hy gaan kruip weg vir die paparazzi op Witwaterbaai, maar met sy swart leerbaadjie staan hy juis uit op hierdie dorp van kreeftrek en stoepsit. Daar, terwyl hy sukkel om songs te skryf, kruis Pamina sy pad – ʼn girl wat haar eie wysie volg . . . Die tragiese saak van Pamina Vermaak is eerlik en eietyds – ’n romantiese komedie sonder gelyke in Afrikaans.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateAug 6, 2018
ISBN9780795708718
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Author

Annie Klopper

Annie Klopper het grootgeword tussen die mynhope van die Vrystaat, langs die viswaters van die Weskus en midde-in die punk rock-rewolusie in Kaapstad se noordelike voorstede. Vir die afgelope dekade woon sy in Seepunt. Die tragiese saak van Pamina Vermaak is haar eerste roman.

Related to Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die tragiese saak van Pamina Vermaak - Annie Klopper

    ANNIE KLOPPER

    Die tragiese

    saak van

    Pamina Vermaak

    Kwela Boeke

    Vir Anita

    The world breaks everyone and afterwards many are strong at the broken places.

    – Ernest Hemingway

    Sê tog die musiek beteken nog iets.

    – Bittereinder

    1

    _  _  _  _  _  _  _

    Die P-klap

    Dis asof ’n groot, vet duim uit die hemele die pause button op die aarde kom druk het, dink Pamina Vermaak. Want vir ’n oomblik is die gewoonlik krioelende, gonsende, ritselende oopplankantoor op die agste verdieping van die hoë mediagebou in Kaapstad se strandgebied doodstil om haar.

    ’n Skielike geskokte stilte.

    Slegs die kopieermasjien in die hoek van die vertrek het blykbaar nie die memo gekry dat alles en almal meteens in hul spore moet stuit en in hul woorde moet stik nie, en gaan nonchalant voort om bladsye uit te druk. Swoesj-swoesj-swoesj, die klank van elektroniese branders in ’n digitale see.

    Dit word ’n druising in Pamina se kop. Ek is onder water, dink sy. En voor my hang ’n middeljarige vis met rooi highlights in die hare, groot fake tiete en rookplooitjies om die bek wat geskok hap-hap na woorde: René Meiring, uitgespreek rê-nei, die redakteur van Eva, ’n Afrikaanse vrouetydskrif gemik op die Christenvrou van nóú, onder bestuur van een van die grootste mediahuise in Suid-Afrika. René, wie se naam in elke maandelikse uitgawe in haar eie handskrif onderaan die redakteursbrief gedruk staan, met ’n hartjie waar die akuut op die e moet wees. Hierdie maand was die brief se opskrif Hashtag liefde. Hashtag fuck my life, wou Pamina hardop byvoeg. Sy het nie.

    Maar nou het al haar ingehoue negatiewe gevoelens teenoor haar baas met een groot ghong van woorde uitgekom wat die hele redaksie tot stilstand geruk het. Skielik weet sy nie eens meer watter snedige aanmerking René dié keer teenoor haar gemaak het en wat sy toe vir haar teruggesê het nie. Sy weet net dat haar oë nou in haar kop begin bewe en alles om haar wasig raak. Die starende kollegas om hulle word dof en klein soos toeskouers op veraf pawiljoene, en Pamina en René is in die middel van die arena. En toe borrel die bitter woede in haar op asof haar baas se soveelste beledigende uitlating ’n boorpunt was wat uiteindelik ’n aar van sluimerende emosie in Pamina bevry het. Voordat haar brein haar tong kan keer, skree sy uit volle bors:

    Gaan staan op jou kop en kak in jou poe–!

    Die klank van die laaste letter word verdoof deur René se handpalm wat dwarsweg Pamina se gesig tref en een groot snak van verbasing uit die kantoorruimte ontlok.

    Geel spikkels dans voor Pamina se oë. Die spikkels sweef nader en dan sien sy dis honderde klein emoji’s – daai gesiggie met die platgetrekte bek vol knersende tande wat wil sê: Oef, awkward.

    Pamina is eintlik dankbaar vir die klap wat René haar teen die wang gegee het. Dit ruk haar terug na die werklikheid, en die werklikheid is dat sy dit verdien het ná wat sy so pas gesê het. Sy het te ver gegaan, sy besef dit, maar sy het nie eens geweet sy het dit in haar nie. En tog neem die klap ook ’n klein stukkie van die skuldlas en vernedering van haar af weg deur dit te verplaas na René (#liefde) se gloeiende handpalm.

    Dis asof die klap teen Pamina se wang stadig weer beweging in die vertrek aan die gang sit. Uit die hoek van haar oog, tussen die spikkels deur, sien sy die kantoor se swaar staal-hyserdeure oopgaan. ’n Jong bode met jeans wat laag op sy heupe hang en met oorfone in sy ore kom ingestap, sy oë op die pak koeverte in sy hande. Heeltemal onbewus van die ongemaklike atmosfeer, fluit hy kliphard saam met die deuntjie wat slegs hy kan hoor en stap na ’n cubicle in die verste hoek.

    Agter hom kom twee dames in Foschini-uitrustings, seker terug van ’n rookpouse, uit die hyser gestap. Duidelik gewoond daaraan dat onderlinge geselsies in die normale kantoorgeraas opgeslurp word, is hulle kliphard aan die praat. Pamina hoor die woorde vibrator en Tinder, en dan rem hulle in hul spore met die besef dis tjoepstil om hulle. Die blonde kollega met die permanente walm van Chanel Chance wat soos ’n wolk om haar hang, slaan haar hand teen haar bors en laat val ’n kwelende, oorronde: Wat gaan aaaan?

    Aan Pamina se ander kant val ’n pak los papiere uit ’n lêer wat ’n sproetgesig, bebrilde hipster-intern met ’n hygklankie teen haar bors vasgedruk het toe Die Klap gebeur het. ’n Telefoon begin ongeduldig lui. Iemand laat breek ’n ongelowige, gesmoorde lag los binne ’n cubicle, die soort lag wat wil sê: Holy shit, did you just see that?

    En Pamina proe die woorde wat sy voor die klap in haar baas se rigting geuiter het soos bloed in haar mond.

    Jy lyk en ruik soos kak, bra, hoor Wolf de Jager waar hy op ’n dekstoel op die sonnige patio agter sy huis in die luukse Kaapse buurt Higgovale wakker word. Dis AJ, sy manager, se stem. AJ gaan sit dwarsweg op die dekstoel langs hom. En nog lekker déúr die kak ook, sien ek. Dè.

    ’n Ontevrede kreun is al antwoord wat Wolf gee terwyl hy AJ skreefoog bekyk.

    Mimosa – hair of the dog.

    Wolf trek homself sukkelend regopper teen die stoel se rugleuning en keer die skielike felheid van die son met sy voorarm af toe hy sy oë behoorlik oopmaak. Met sy ander hand voel-voel hy in sy hempsak vir sy sonbril, maar besef dan dat hy nog dieselfde klere aanhet as wat hy gisteraand op die verhoog gedra het: ’n swart T-hemp en leerbaadjie, stywe swart Levi’s waarvan die pype losweg by oprygstewels ingedruk is. Geen sonbril. Dan sien hy die Ray-Bans op AJ se bebaarde gesig en met ’n vinnige beweging annekseer hy dit. Die geduldige AJ blik of bloos nie, wink net weer met die glas lemoensap en bubbly wat al dof raak van die kondensasie. Ou, ons moet gesels. Of altans, ek praat, jy luister.

    Met ’n sug draai Wolf sy lyf dwars in die stoel en neem die cocktail wat hy met drie groot slukke opdrink. Hy sit die leë glas met ’n harde klink op die asbestrooide glastafeltjie langs hom neer, waar sigaretstompies verdrietig uit ’n asbakkie peul langs ’n amperleë pakkie Marlboro’s en ’n Zippo waarop die naam Daniella in oordadig kronkelende letters gegraveer is. Hy skud ’n sigaret uit die pakkie en ’n effense naarheid wel in hom op toe hy die lighter fluid van die Zippo-vlam naby sy neus waarneem. Met die sigaret tussen sy lippe vasgeklem, trek hy sy leerbaadjie uit en gooi dit hardhandig op die plaveisel langs die dekstoel neer, kwaad dat dit nog aan sy lyf was toe die vroegsomerson vanoggend hier oor hom gebreek het. Toe hy dit uittrek, kry hy die suur reuk van Jägermeister-sweet op sy vel, en die binnekant van sy mond is steeds droog, selfs ná die mimosa.

    Dan laat rus hy sy elmboë op sy knieë, vat die sigaret tussen wys- en middelvinger vas en begin tik-tik met sy regterduimnael daarteen, wat dit laat hop soos ’n kwikstertjie se stertvere. Hy vee met sy linkerhand deur sy hare. Nou praat, sê hy, en skrik vir die buitengewone skorheid van sy stem en, toe hy reguit na AJ kyk, vir die bekommerde kyk in sy manager se oë.

    Pamina is nie seker wat die protokol is vir hierdie tipe situasies nie. Toe sy joernalistiek geswot het, was daar nie ’n lesing oor Wat om te doen as jy jou baas gevloek het voor al jou kollegas en hy/sy jou dan deur die gesig klap nie. Sodanige dinge behoort eintlik in die kurrikulum te wees, reken sy. Saam met Wat om te doen as Steve Hofmeyr jou met ’n koppie tee gooi.

    Maar met die verposing in die kantoor verbreek, besluit Pamina dis tyd vir haar om ’n move te maak. Sy sien die fyn rooi haartjies om René se voorkop is klam, haar oë is gesper en haar klaphand hang nog in die lug. Sy lyk soos iemand wat besig was om die robotdans te doen, maar toe vreeslik groot geskrik het vir iets en in ’n soutpilaar verander het. Die kommin suburban version van Lot se vrou.

    Pamina gryp haar handsak onder die lessenaar uit. Sy wag nie vir die Jy het vyf minute om jou goed bymekaar te maak nie. Wat moet sy saam met haar vat? ’n Kramdrukker? Haar oë gly oor haar lessenaar en dan gryp sy die halfvrek delicious monster langs haar rekenaar – net om darem iéts te vat.

    Met die potplant onder haar arm vasgeklem, skuif sy verby René wat uit haar soutpilaar-posisie geruk word en kopskuddend ’n sagte woord wat klink soos bitch uiter. Dan drafstap Pamina tussen die Foschini-duo deur, verby die walm van Chanel Chance, tot in die hyser. Toe die deure toegaan, druk sy herhaaldelik die knoppie wat verhoed dat dit weer kan oopgaan. Sy skrik toe sy in die spieël sien hoe bleek haar gesig teen haar donker bob is. Haar groenblou oë lyk soos pierings en sy voel hoe haar hele lyf bewe, asof sy kouekoors het.

    Sy bereik die ingangsportaal en swipe in rekordtyd haar personeelkaart om verby sekuriteit te kom, oortuig dat iemand haar nou enige tyd gaan inhaal en terugroep, maar toe sy deur die groot glas-swaaideure is, is daar niemand agter haar nie.

    Pamina trek die buitelug diep in haar longe – nou wel met ’n klankie van uitlaatgasse, maar tog anders as die kantoor se droë lugverkoeler-lug – en voel die somerson op haar gesig. Is dit hoe ’n ontsnapte gevangene voel? Verlig om buite te wees, maar elke oomblik oortuig dat ’n agtervolger gaan halt roep?

    Rats beweeg sy om die gebou se hoek na waar haar poeierblou Opel Kadett geparkeer staan. Sy ruk die deur oop, gooi haar handsak op die vloer voor die passasiersitplek neer en sit die pot met die halfdooie delicious monster op die sitplek, kyk bekommerd na die los grond in die groterige pot en maak dit dan met die sitplekgordel teen die rugkant vas. Eers toe sy die deur toeklap en in stilte agter die stuur sit, sink die gebeure van die afgelope paar minute werklik by haar in. Fok, prewel sy. Fok, fok, fokkity fok, kom Jack Parow se liriek by haar op. Sy klem die stuurwiel vas en laat sak haar kop daarteen met die verwagting dat die toeter sal afgaan, soos wanneer mense in flieks hulle koppe moedeloos teen stuurwiele laat sak. Maar dis stil. So swaar soos haar gemoed tans is, is dit nie swaar genoeg om ’n effek te hê op haar skedonk se ou gefokte toeter nie. Sy lig haar kop en druk haar handpalm so hard soos sy kan teen die middel van die stuurwiel. ’n Lang, luide retro-toet ontsnap uit haar kar se bakwerk. Sy wens dat die toeter ’n undo-knoppie was wat die hele dag kon uitwis sodat dit van voor af kan begin.

    Pamina kyk op. ’n Sekuriteitswag met ’n neongeel onderbaadjie spring uit ’n Wendy-huisie by die parkeerterrein se boom. Hy stap nader met sy hande aan weerskante van sy sye gelig in ’n gebaar wat vra: Wassit? Maar iets in haar gesig en houding moet spreek van neerlaag, want hy draai om en stap terug na die Wendy-hokkie. Hy het seker maar al dikwels dieselfde tipe wanhoop hier rond gesien.

    Sy leun terug in die sitplek en staar uit oor die parkeerterrein, blink van son teen die ruite van karre wat wag dat hulle base uit die soutmyne moet terugkeer vir die lang rit huis toe, aandete, TV, slaap, en dan weer terug hierheen. Is sy haar werk kwyt? Duh. Gaan sy ooit weer vir hierdie maatskappy of selfs in hierdie bedryf kan werk? Sy twyfel. Die storie gaan soos ’n veldbrand versprei.

    Sy moes dit seker sien kom het. Sy is al lankal gatvol vir hoe kak René haar altyd oor haarself en haar werk laat voel, werk waarvan sy nie eens hou nie. Nou het sy uiteindelik gecrack. O hel, dink sy, is sy skuldig aan crimen injuria? Die gedagte stuur koue rillings by haar rugstring af.

    Pamina draai die sleutel in die skakelaar en die CD in die speler trek kliphard los met Francois van Coke en Karen Zoid se Toe vind ek jou. Sy druk die mute-knoppie. Nie die regte klankbaan vir haar gemoed nie. Hopeloos te mooi. Stilte, dis wat sy nou nodig het.

    Vanoggend het sy die liedjie op pad werk toe op repeat geluister: Daar was monsters in die donker, toe vind ek jou. Sy het heeltyd probeer uitpluis of dit is hoe sy oor Etienne voel. Sy wil so graag só voel, maar haar gevoelens oor hom is deesdae troebel. Miskien het sy sidetracked geraak met dié dat sy so ongelukkig was in haar werk, maar iewers het hulle ná twee jaar saam verby mekaar begin leef. Wanneer laas het hulle seks gehad? Sy kan nie eens onthou nie.

    Nou het sy hom nodiger as ooit. Dis donker en dit voel asof daar monsters oral om haar is wat dreig om haar te versmoor.

    Terwyl AJ sy woorde weeg, neem Wolf lang trekke van sy sigaret en kyk uit oor die agterplaas van sy luukse nuwe woning. Langs die patio is daar ’n infinity pool waar jy kan afkyk op die tuin vol inheemse plante: proteas, heide, speldekussings en strelitzias. Die huis sit op ’n hoogte en die welige tuin skep die indruk dat dit reg aan die soom van Tafelberg geheg is, wat van hier af lyk of dit uittroon oor die stad soos ’n kwaai, breëbors bouncer uit graniet gegiet.

    Hy het hierdie huis vir hom en Daniella gekoop om in te kom woon ná die troue. Voor sy geestesoog het hy al gesien hoe sy laaities eendag tussen die struike wegkruipertjie speel – hy was gereed om sy partytjiedae agter te laat en reg vir die volgende stappe in die lewe: commit, kinders kry.

    Maar nou voel dit vir hom asof die groot tuin en majestueuse huis hom koggel. Asof Tafelberg op hom neersien hier waar hy wakker geword het op ’n dekstoel in gisteraand se klere, babelas en pateties, terwyl die huis agter hom nog so te sê dolleeg staan. Geen laaities, geen Daniella.

    AJ verbreek sy gedagtegang: Bra, ek dink jy kort ’n serious break. Wolf begin sy kop skud, maar sy manager gee hom nie ’n kans om te antwoord nie. Ons moes die mense refund wat kaartjies vir gisteraand se show gekoop het. En bo-op dit nog betaal vir al die skade aan die backstage. Ons loop verliese, en die promoters is nou weary om jou te book. Stories loop deesdae soos dít. Hy klap sy vingers. Sit een voet verkeerd en social media fok uit daarmee.

    Tell me about it, sug Wolf, en dink weer aan Daniella. Ná wat gebeur het, log hy nie meer op sy Facebook of Twitter accounts in nie.

    Weer ruk AJ se stem hom terug na die werklikheid: Ek het al jou shows vir die res van die seisoen gecancel.

    Wat? Wolf druk sy sigaret woedend in die asbakkie dood en spring op uit die dekstoel sodat hy bo die skrale AJ uittroon. Wie gee vir jou die reg? Jy moes dit eers met my bespreek het!

    Wanneer? antwoord die ander man koel en kyk op na hom. Tussen watter binges die afgelope twee weke was daar ’n tyd dat jy nugter genoeg was vir ons om hieroor te chat? In elk geval, jy is oormoeg en irrasioneel. Jy kort rus.

    Wolf bal sy vuiste, draai dan weg en gaan staan en kyk uit oor die swembad en tuin. Sien nie veel raak nie. Hy behoort AJ te lyf te gaan, maar iets keer hom. Die afgelope tyd het al sy sogenaamde vriende hom ná die ding met Daniella supposedly ondersteun deur saam met hom gesuip te raak, hom strip clubs toe te vat en hom vet lyne coke aan te bied. Maar waar is hulle die volgende oggend? Dit was waarskynlik AJ wat hom gisteraand veilig tuis besorg het, en wat nou werklik worried klink.

    Wolf draai om en sien sy manager se raadop houding waar hy steeds dwars op die dekstoel sit, oë op die grond en elmboë op die knieë. Sy lang baard en poniestert laat hom ouer lyk as wat hy is, en met sy cargo-kortbroek, ou Converse sneakers en geruite kraaghemp, kom sy look reg uit die 1990’s se rock ’n’ roll scene. Goeie ou AJ wat al van die begin van sy loopbaan in hom glo en hom ondersteun. Eers as roadie amps en kitare agter

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1