Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek is VIGS-Mia
Ek is VIGS-Mia
Ek is VIGS-Mia
Ebook93 pages1 hour

Ek is VIGS-Mia

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Sy het die Sondagmiddag op haar bed gelê: ‘n amperse geraamte met ‘n intense verhaal. Ek het na haar gesit en luister. Soms gepraat, maar praat was meestal onnodig. Want hierdie stukkie mens – wel, dit wat nog van haar oor is – het baie gehad om te vertel. Sy het vertel van haar eerste man. Sy het vertel hoe sy HIV-positief geword het. Sy het vertel van die verwerping en vernedering waardeur sy moes stoei toe sy uitvind sy is positief. Sy het vertel en vertel... en nou is sy nie meer daar nie, maar haar lewensverhaal sal altyd met ons wees.

LanguageAfrikaans
PublisherLana Hitge
Release dateJul 22, 2020
ISBN9780620888707
Ek is VIGS-Mia

Related to Ek is VIGS-Mia

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek is VIGS-Mia

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    I couldn't put out down. Enjoyed tremendously. Ek het dit so geniet om die boek te lees.

Book preview

Ek is VIGS-Mia - Lana Hitge

Is Mia hier? My oë dwaal soekend in die rigting van 'n leë bed. Skuus, ek sien haar nie. Waar is sy?

Die son verlig die voorvertrek van die vervalle huisie half skamerig. So al of dit wegdeins van die muf-reuk van die plakkerskamp. Daar is nog beddens in die kamer, maar hulle is deurmekaar: hope klere, komberse, allerhande goed. Alles geskenke van barmhartige Samaritane iewers.

Sy lê daar. Monja beduie belangeloos in die rigting van die 'leë' bed. Haar stem druppend van maak-net-jou-oë-oop ongeduld.

Iets binne my ruk van skok. Ek het daardie selfde hopie beendere by die hospitaal gaan oplaai. Skaars 'n maand gelede. Ek het eers gedink ek sou die kar nader moet trek. Toe verstom sy my: ek moes daardie dag my loop ken om by te hou met haar vinnige tred op pad kar toe. Die flukse wip in haar stap het my op daardie stadium nog laat voel daar is hoop. Dalk is sy nie regtig so baie siek nie? Dalk sal sy okay wees?

En nou lê sy daar. My en Monja se idee om haar aan te moedig om 'n bietjie vars lug te gaan skep op die stoep, en sommer daar te sit en gesels, was skoon simpelgeit. Die 4 meter se treetjie vir treetjie skuifel tot op die stoep en weer terug bed toe is die rede waarom sy nou uitasem daar lê. Veg teen die floute wat dreig om haar te oorval. Maar sy is dapper. Sy wil graag vertel, haar lewens intriges met my deel:

Ek is Mia Hanekom. Ek is 47 jaar oud. Dis asof sy die identiteit van 'VIGS-Mia' met moeite uit die sin weghou. In haar oë tuimel 'n klomp onthou. Seer onthou. Onthou van 'n honger klein-dogtertjie-magie in 'n huis waar kos baie skraps was. Onthou van 'n vreemde tannie wat 'n 4-jarige Mia en haar boeties en sussies in 'n kar kom stop het. By 'n kinderhuis gaan aflaai het. Dan gaan stort die onthou bloedneus neer op die mooiste dag waaroor elke dogtertjie haar lewe lank droom…

Hoofstuk 1

Mia en Henk

Baie geluk. Jy is nou Mevrou Hanekom. Die regter se stem weerklink leeg in die groot hofsaal.

Ek kan nie ontslae raak van die naar kol op my maag nie. Wat wag vir my en ons dogtertjie?

‘Ouch, dit was seer!"

Wat gaan aan met jou? Henk staar vererg, onsimpatiek in my rigting.

Hierdie meisiekind van ons kan vir jou woes skop, hoor! Ek vermoed haar voetjie in my ribbes was nie ‘n jubel-skop nie. Dalk voel die lewetjie binne my ook aan dat iets verkeerd is? Dis al asof sy protes wou aanteken!

Henk het net gister weer sy 'cool' verloor. My geslaan. Hard gewiks. Die rook uit my uit gefoeter. Ek vryf versigtig, onopsigtelik oor my linkerbeen vol blou-swart kolle. Maar Mamma het gesê daar is nie 'n ander uitweg nie. Dis sý kind en ons sal maar eenvoudig móét trou.

Nou ja, waarvoor wag ons? Ons moet gaan partytjie hou! Henk se lag is lelik… wreed. Hy gaan dronk word. En dan…

***

Mia sug, snak na 'n teug asem. Vertel dan verder:

Ek het na Matriek werk gekry by 'n sekuriteitsmaatskappy. Henk Hanekom het ook daar gewerk. Hy was ‘n haan onder die henne. En toe kies hy mý! Mý tussen al die mooi meisies. Dit was lekker. Dit was ware liefde. Ja, hy was ‘n bietjie aggressief. Almal het dit geweet, maar hy het my lief gehad. Ek was seker, het gehoop, die afknouery sou met tyd minder word. Ek was verkeerd. Verskriklik baie verkeerd…

***

Mamma, hy maak my bitter baie seer! Ek wil nie langer hier by hom bly nie. Asseblief kom haal my! Groot asseblief. Die trane brand die stukkende plek op my wang waar hy my gisteraand gewiks het, maak die knoppies van die selfoon nat. Groot, groot asseblief Mamma!

Ek het Henk nie hoor inkom nie. Sy vuishou bars in pynlike sterretjies van agter af deur my brein. Dis pikswart rondom my… salig donker…

…ek hoor stemme. Daar is ander mense in huis. Dalk Pappa?

As jy dit nog een keer aan my dogter doen sal ek jou… sal ek jou… Dankie tog! Dit ís Pappa. Daardie hou van Henk - ek wonder hoe lank was ek uit?

Ag, voertsek uit my huis uit ou Toppie. Of ek blaas jou breins vir jou weg.

Nee! Net nie dit nie. Pappa is magteloos, bang vir daardie skietding van Henk! Pappa gaan my wéér nie help nie! Weer weghardloop oor die oop stuk veld voor Henk se skote uit. Soos die vorige keer. En ook die keer voor dit. Hy gaan my hier los. En Henk gaan my straf omdat Pappa hier was.

Ek voel-voel rondom my of ek die foon kan kry. Dit moes net-nou hier iewers geval het. Daar’s hy, ek het hom! Daar is ‘n SMS van Mamma af: Ek is jammer my kind. Ek en Pappa kan nie vir jou en Monja'tjie sorg nie. Jy sal by Henk moet vasbyt.

***

Mia sluk effens. 'n Enkele traan kies skelm 'n paadjie langs 'n plooi af tot binne-in die kussing.

As die onthou vir jou te erg is, kan ons dit liewer los. Ek sal weer 'n ander dag kom?

Nee, laat ek klaar vertel.

Sy neem ‘n slukkie uit die waterbotteltjie in haar hand.

Henk het my en Monja op ‘n dag kom verwyder van alles wat bekend was. Dit was so skielik, onverwags…

***

Jy sal moet pak. Ons gaan trek.

Waarheen? Ek is eintlik bang om te vra.

Ek het werk gekry in die Kaap.

Henk! Dis vrek vêr! Hoekom juis Kaap toe? Gaan jy dit regtig aan my doen? Monja'tjie is nog so bitter klein. Asseblief laat ons hier…

Hou tog net op met kerm, vroumens! Sy vuis kom vir my maag! Dis te laat. Ek gaan nie betyds kan koes nie!

Nou ja, dan het seker nie 'n keuse nie. Daar’s in elk geval nie veel om te pak nie: my paar stukkies klere… Monja se goedjies. Dit pas alles in twee rugsakke.

Is jy reg? Ons moet gaan.

Hoe gaan ons daar kom?

My suster neem ons tot net ander kant Johannesburg.

Enjoying the preview?
Page 1 of 1