Huisgenoot

ANDERKANT DIE WOESTYNJARE

SY GESIG is oop en skoongeskeer, met bietjies grys net-net sigbaar teen sy slape. Hy lyk ontspanne, dié aantreklike man in sy swart T-hemp.

Maar Stephen McGown lyk ook na ’n heel ander mens as ’n paar jaar gelede. Destyds het hy ’n lang kleed gedra. Sy hare en baard was lank, soos dié van ’n profeet uit die Ou Testament.

Toe het hy ook anders gelyk as die man wat hy eens was – anders as die man wat sy geliefdes vóór sy verdwyning geken het.

Vandag – al is hy heelwat ouer – lyk hy weer soos die man van lank gelede, soos die Stephen van die jare voor sy lang pad deur die woestyn.

En dis nie net sy uiterlike wat soos handomkeer verander het nie.

Stephen is deesdae ’n skrywer wat die wêreld vol toer om sy nuwe boek te bemark. Maar ’n dekade gelede, van 2011 tot 2017, was hy ’n gyselaar van die gevreesde terreurgroep Al-Kaïda in Noord-Afrika.

Stephen, ’n Suid-Afrikaner wat in Johannesburg grootgeword het, het ’n onbenydenswaardige rekord agter sy naam: Hy was die mens wat die langste ooit as gyselaar deur Al-Kaïda aangehou is en lewend anderkant uitgekom het. ’n Volle ses jaar lank was hy ’n gyselaar.

In November 2011 was hy van Londen, waar hy toe gewerk het, deur Afrika op pad na Johannesburg, sy grootwordstad, waar hy hom sou vestig om ’n nuwe lewe te begin saam met sy vrou, Catherine, met wie hy toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related