Huisgenoot

NEXT LEVEL

IN DIÉ luukse lowergroen landgoed buite die Paarl woon sommer ’n hele klomp rykes onder die room van die land. Die eksklusiewe Pearl Valley is huis vir dokters, ingenieurs, bekendes en sakelui – almal mense wat dinge laat gebeur.

Dit is ook waar Anita Lloyd (56), een van die sterre van kykNET se Real Housewives van die Wynlande, woon. Anita wat kon regkry waartoe bitter min in staat is.

In die eerste episode het sy die land aan die brand gehad met haar uitlatings en vloekery. In latere episodes het sy met dieselfde reguit manier van praat en humorsin kykers oorgewen. Teen die einde van die reeks was sy volksbesit.

Die pad na Anita se huis is netjies en boomryk. Die huise in die buurt basuin geld en styl uit. Tog weet jy jy is op die drumpel van iets spesiaal wanneer jy voor Anita se huis stilhou. Nie verniet nie het sy al vroeg in die reeks verklaar: “My huis is next f****** level.”

Dit was maar een van die talle opmerkings wat party kykers na hul asem laat snak het, ander met afstoot gevul het en nog ander laat giggel het.

Op die stoep staan ’n lewensgroot perdstandbeeld, en agter die groot glas voordeur loer die portret van ’n prinses in ’n goue raam. Dan kom die rooikopvrou in ’n swart-en-goue uitrusting te voorskyn.

“Hallo! Welkom, welkom,” groet Anita gul. “Dankie dat julle kom kuier het. Julle is so welkom hier.”

Die spontane drukkie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related