Kuier

LIEF VIR DIE Lewe

Met rolle in bekende reekse soos Isidingo, Tussen Duiwels, 7de Laan en meer onlangs Arendsvlei, het die aktrise Ilse Klink (49) van Johannesburg geen bekendstelling nodig nie. Sy is ’n internasionaal bekroonde aktrise, sanger en verhoogkunstenaar wat Suid-Afrikaners al vir die afgelope 27 jaar vermaak.

Ná al die jare is Ilse werklik steeds passievol en mal oor haar werk.“Meryl Streep het gesê:‘Acting is the one profession that feeds all your apetites,’en ek stem ten volle saam,”vertel Ilse opgewonde. As aktrise is dit vir haar belangrik om haarself gedurig uit te daag, nuwe dinge te probeer en om te eksperimenteer.

Op die oomblik maak Ilse groot moles in as Dorothy Galant, ma van die groot skurk Bompie (gespeel deur Jarrid Geduld). Dorothy maak kykers soms warm onder die kraag met haar besluite, veral omdat sy eens voorgekom het as ’n sagmoedige, gerespekteerde kerkvrou en haar deesdae amper net so erg soos haar man, die gesiglose en gevaarlike Desmond, gedra.“Dorothy glo baie daarin om haar gemeenskap te help en te ondersteun, maar sy is ook betrokke in die donker onderwêreld waar sy ’n empire en ’n nalatenskap vir haar kinders, Bombie en Angel, probeer bou,”verduidelik Ilse. Dit is amper asof sy in twee geskeur voel tussen haar goeie dade (en die kerk) en haar begeerte om rykdom

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 311 WEN R350 KONTANT! VOLTOOI: Sy's ‘n dominee op Lambertsbaai met baie aanlyn followers. SKRYF SÓ IN: Vul die Fotoblokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord, naam, v
Kuier2 min read
‘N Gebed Vir Ma's
Vader, U het vir ons Maria, moeder van Jesus, gegee as ‘n voorbeeld van iemand wat U Woord gehoor en gehoorsaam het en daarom kon geboorte skenk aan ons Verlosser. Help ons om haar voorbeeld te volg van onvoorwaardelike liefde, onwrikbare geloof en d
Kuier4 min read
Whatsapp: dink Voor Jy Praat
Jy is óf mal daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dis nou “voice notes”, oftewel daai stemboodskappe wat jy op geselsplatforms soos WhatsApp kry. Maar hoe ook al jy daaroor voel, daardie blikstemme oor jou selfoon gaan nie sommer stilraak nie.

Related