Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Daardie Nag
Daardie Nag
Daardie Nag
Ebook191 pages2 hours

Daardie Nag

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Na haar ginekologiese operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Hy moes te lank sonder haar liefde klaarkom.

Debbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Sy is gebreek toe sy hoor hy neem die ander
vrou na 'n gastehuis vir 'n naweek. Philip, hul buurman troos haar.

Debbie se vriendin, 'n privaatspeurder help haar om die waarheid te ontbloot. Wat Debbie uitvind is skokkend. Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer.
Die einde is verrassend en gelukkig.

Dit is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

Verwysing:
"Lank laas so n opregte uit die hart boek gelees met al die menslike emosies." - EBR

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateFeb 17, 2016
ISBN9780620699457
Daardie Nag
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Daardie Nag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Daardie Nag

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Daardie Nag - Johan Crous

    Daardie Nag

    deur

    Johan Crous

    Hersiene weergawe.

    ISBN 978-0-620-69945-7(e-pub)

    ISBN 978-0-620-70193-8 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Vooraf

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Nabetragting

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-69945-7(e-pub)

    ISBN 978-0-620-70193-8 (mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from https://pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Marlaine, wie haar vriendskapshand na my uitgereik het en my ondersteun as beginner op die gebied van skryf. Dankie, ek waardeer jou vriendskap en stel dit hoog op prys. Jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems Office Premium en die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Photoshop CS6.

    Waaroor die boek gaan:

    Na haar ginekologiese operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Hy moes te lank sonder haar liefde klaarkom.

    Debbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Sy is gebreek toe sy hoor hy neem die ander vrou na 'n gastehuis vir 'n naweek. Philip, hul buurman troos haar.

    Debbie se vriendin, 'n privaatspeurder help haar om die waarheid te ontbloot. Wat Debbie uitvind is skokkend. Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer.

    Die einde is verrassend en gelukkig.

    Hierdie boek bevat tonele vir volwassenes alleenlik en is nie geskik vir lesers onder sestien nie. Seks word nie in detail beskryf nie. Dit is die skoon en romantiese weergawe.

    Verwysing:

    Lank laas so n opregte uit die hart boek gelees met al die menslike emosies. EBR

    Vooraf.

    Ek lig my rokkie op en druk my broekie af tot op my knieë. Ek gaan sit op die koue toiletsitplek en my straaltjie is hoorbaar deur die badkamer. Die verligting is groot. Ek het so 'n groot nood gehad. Ek kon net eenvoudig nie meer wag nie. Ek het hopeloos te lank geknyp, maar die fliek was net eenvoudig onweerstaanbaar. Ek moes net eenvoudig klaar kyk en dit het so 'n ongelooflike mooi einde gehad, ek het trane in my oë gekry. Ek was te besig om te kyk om toilet toe te gaan. As die fliek veel langer was kon ek dalk beheer verloor het.

    Die reuk van ammoniak is merkbaar. Ek vat 'n stukkie toiletpapier en vee myself droog. Ek buig na vore om my broekie weer op te trek, en kyk na die dubbel gevoerde stukkie wat oor my sponsie pas. Die vuil, wit merke van my afskeiding is duidelik sigbaar. Ek verafsku wat ek sien. Dit is nou al vyf jaar wat ek hierdie afskeiding het. Dit lyk nogal verbasend na dit wat my man veroorsaak as hy my bemin het.

    Dit was langer as vyf jaar laas. Ek het vyf jaar gelede begin pyn ervaar as Bossie my bemin het. Die pyn het sodanig vererger en ek het hom later liefde begin weier, dit was net eenvoudig te pynlik. Bossie het dit moeilik aanvaar dat ek nie meer vir hom seks wou gee nie, maar wat anders kon ek doen? Dit was net eenvoudig te seer. Die pyn wat ek in my lendene gevoel het, het gevoel of hy 'n stok in my opdruk. Ek het geen genot ervaar nie, net die afgryslike pyn. Bossie het na 'n tyd opgehou om te vra, hy is 'n trotse man, en ek dink hy wou nie soebat nie, en ek gee hom gelyk. Hy het maar net gaan slaap. Ek glo hy sou nog tevrede gewees het om my net met sy mond te bemin as ek dit sou toelaat, maar ek kan mos nie as ek so 'n afskeiding het nie. Ek is vuil en ek kan hom mos nie aan my onreinheid blootstel nie. Ek wonder soms of Bossie dit regtig aanvaar het. So ongeveer 'n maand na ek hom begin weier het, het hy skielik een aand begin drink, sommer so uit die bloute uit. Bossie het homself in 'n toestand in gedrink dat ek bang was hy doen alkohol vergiftiging op. Dit het vir drie weke so aangehou. My woorde het op dowe ore geval, maar ek was seker maar reg toe ek gereken het dit is omdat ek hom liefde geweier het. Ek berou dit dat ek nie met hom oop kaarte gespeel het nie, maar daarna het hy dit seker maar aanvaar en opgehou drink.

    Ek hunker net so na my man se liefde. Ek Debbie Bosman, is een-en-vyftig jaar oud en Bossie, my man, Daniël Bosman, is sewe-en-veertig jaar oud. Ons is môre agt-en-twintig jaar getroud. Ek gaan môre in hospitaal toe vir die klein operasietjie om die oorsaak van my probleem uit te sny. Dokter Stander het my verseker dit is nie so 'n groot operasie nie. Die poliep wat hierdie pyn en afskeiding veroorsaak gaan hy verwyder. Hy gaan buite my linkerkantse labia ingaan en sodoende sal hy nie my sensitiwiteit beïnvloed nie. Ek en Bossie sal weer intiem kan wees sonder dat ek enige deel van my plesier verloor. Ek sien so uit daarna om weer aan Bossie te behoort. Ek het my man baie, baie lief en ek hunker na sy liefde. Vyf jaar was baie lank. Bossie weet hoe, en ons liefde was altyd 'n aangename ervaring en hy het my altyd tevrede gestel, tot die pyn alles kom bederf het. Ek gaan die leisels optel waar ons dit laat val het en ek gaan weer voluit vir my man leef.

    Ek tap die badwater in en trek my broekie uit. Ek gooi dit saam met my rokkie in die wasgoedmandjie en gaan sit wydsbeen op die toilet. Ek neem my buisie Veet en smeer dit langs my sponsie en teen my bobene. Ek los net my klein strepie hare uit. Ek wag tien minute vir die Veet om te werk en speel solank op my selfoon rond. Ek sien op facebook dat drie vriendinne my sterkte toewens vir môre.

    Toe die tien minute om is, vat ek die spatula skrapertjie en skraap die salf met hare en al weg. Ek vee die laaste met toiletpapier af en klim in die bad en was myself deeglik skoon vir môre. Ek wil my nie skaam nie. Ek droog myself deeglik af en voel langs my bene af. Die vel weerskante van my sponsie is sag en glad. Nou hoef hulle my nie môre te skeer nie. Ek sal darem die skaamte vryspring.

    My skoon broekie en nagrokkie voel sommer lekker teen my skoon vel. Ek smeer my antiperspirant onder my arms en ek smeer my bene en hakke in met Kamfer room. My vel is so lekker glad. Die room werk so goed. Bossie het my altyd gekomplimenteer met my gladde vel. Ek spoel die bad uit en gaan na ons slaapkamer. Bossie is al in die bed en slaap reeds. Hy gaan altyd vroeg slaap. Ek staan 'n oomblik en kyk na hom. Ek het hom baie lief. So gou ek gesond is gaan ek my lewe hervat. Ek gaan Bossie so veel as moontlik bemin.

    Ek lees vinnig uit die Bybel en bid om genade en sukses met môre se operasie. Ek klim in die bed en sit die lig af. Ek kruip tot teen Bossie en asem sy reuk in. Hy is skoon. Hy stort altyd voor hy gaan slaap. Ek sit my arms om sy lyf sonder dat hy wakker word. Ek sit my arm om sy lyf en hou hom styf vas. Bossie beweeg nie, want hy het slaappille gedrink. Dit is redelik sterk en hy sal nie wakker word nie. Ek dink terug aan die laaste vyf jaar. Ek wonder hoe hy dit moes ervaar toe ek hom net geweier het. Ek hoop nie ek het hom skade berokken nie. Bossie is 'n trotse man en ek weet hy sal nie soebat nie. Ek wil nie hê hierdie situasie moet 'n wig tussen ons indryf nie. Ek mag wel so pyn ervaar het en hom geweier het, maar ek hunker ook na my man, ek hunker na ons intimiteit. Ek lê lank en geniet my man se teenwoordigheid, al weet hy nie ek lê so styf teen hom nie. Ek raak later aan die slaap.

    Hoofstuk 1.

    Die selfoon se alarm ruk my uit my slaap. Bossie word ook wakker en ek trek vinnig aan. My tassie is gisteraand al gepak, nog voor ek gaan bad het. Bossie gaan nie soos gewoonlik hardloop nie. Hy gaan my hospitaal toe neem.

    Is jy gereed Debbie?

    Ja Bossie, ek is.

    Bang?

    Ja, ek is bang.

    Die blik in sy oë versag. Hy omhels my en gee my 'n soen op my voorkop.

    Debbie, baie geluk met ons huweliksherdenking. Vandag is ons agt-en-twintig jaar saam.

    Dankie Bossie.

    Ek soen hom. Hy ruk my styf teen sy lyf en ek voel sy hart klop.

    Debbie, jy sal oukei wees. Ek het jou opgedra in my gebede.

    Hy stoot my effens weg en gee my 'n klein geskenkie in rooi geskenkpapier toegedraai.

    Hier is ietsie vir jou Debbie. Dit is net om dankie te sê vir jou liefde.

    Ek glimlag, Bossie is soms so romanties. Hy het nog nooit ons herdenking vergeet nie. Ek kyk in sy oë. Hy geniet my opgewondenheid, maar tog is daar 'n hartseer trek in sy gesig aanwesig.

    Dankie Bossie. Jy is baie bedagsaam.

    Ek maak die pakkie oop deur die papier los te skeur. Dit is 'n tekstuur papier bedekte boksie. Ek maak dit oop en binne-in is 'n goue halssnoer. Die steen is 'n blou edelsteen van kristal. Dit is so ongelooflik mooi. Dit sal my oë komplimenteer. Ek gryp Bossie vas en soen hom, ek is so opgewonde.

    Dankie Bossie, baie dankie, jy is regtig 'n wonderlike man. Ek lief jou stukkend.

    Ek sien weer die hartseer trek in sy gesig wat agter sy glimlag versteek word. Binnekort sal ek sy hartseer wegneem. Ek sal nie my man verder verwaarloos nie. Soms is ek spyt dat ek nie maar van die begin af met hom oop kaarte gespeel het nie, maar ek was te skaam, hy kon dink ek is vuil. Ek neem my tassie, maar Bossie neem dit by my en sluit die deur agter ons toe. Dit is nog baie vroeg en die verkeer is min op die N1 snelweg. Ons ry tot by die Okavango afrit en Bossie draai links, by die Cape Gate winkelsentrum verby. Hy draai regs voor die Cape Gate hospitaal en links in by die hospitaal se ingang. Hy kry die kaartjie vir die parkering. Hy parkeer naby die ingang en hy dra weer my tas. Die meisie by die ontvangs is 'n Oosterling. Sy is baie vriendelik en glimlag vir ons.

    Goeie môre mevrou Bosman, u kan daar oorkant sit en ontspan. Ons sal u nou-nou kom haal.

    Bossie kom sit langs my en hou my hand vas. Hy kan sien ek is bang. Daar sit nog ander mense ook.

    Jy sal oukei wees Debbie.

    "Ek weet Bossie, ek is net bang vir die onbekende. Ek weet nou al dit is nie kwaadaardig nie, maar ek is nogtans bang. Gelukkig het ek myself behandel met Veet en nou sal hulle my nie hoef te skeer nie. As die verpleegpersoneel dit moes doen en dit is dalk 'n man, weet ek nie hoe ek dit sou oorleef nie."

    Bossie glimlag. Ek onthou hy het met beide ons kinders se geboorte, my self voor die tyd geskeer. Ek onhou hoe hy dit geniet het om my te versorg, maar hy het nie gevra of aangebied om dit gisteraand te doen nie. Hy vra ook nooit meer om intiem te wees nie. Bossie vat ook nie meer aan my nie. So gou hierdie hele affêre verby is gaan ek hom verlei om my te bemin en dan voortgaan met ons lewe.

    Ek kan my net indink as die verpleër swak oë het en naby moet kyk om te sien.

    Ek sterf tien dode.

    Mevrou Bosman!

    Ek staan op.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1