Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gesonde seks: Die sleutel tot 'n vervulde huwelik
Gesonde seks: Die sleutel tot 'n vervulde huwelik
Gesonde seks: Die sleutel tot 'n vervulde huwelik
Ebook219 pages5 hours

Gesonde seks: Die sleutel tot 'n vervulde huwelik

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Seks is belangrik. God het dit belangrik gemaak. Wat is 'n seksueel gesonde huwelik? Is dit nie waar dat, wanneer dit in die huwelik goed gaan, seks vanself gebeur nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan... Maar gesonde seks in die huwelik is nie vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks moet begin praat. Nie as 'n nagedagte of as 'n voetnota of as 'n afgerammelde onderwerp nie, maar as 'n hoofpunt van bespreking. Met hierdie boek praat Timothy met elke mens op sy vlak - of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed. Timothy praat oor kwessies soos hoe God seksualiteit sien, seksrolle in 'n huwelik, orale seks, masturbasie, pornografie en sosiale media.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJul 31, 2015
ISBN9780796319456
Gesonde seks: Die sleutel tot 'n vervulde huwelik
Author

Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter is ’n Bybel- en seksualiteitskenner. Hy het vir jare interkerklik bedien en het ’n baie groot behoefte raak gesien om mense se huwelike te help herstel en het besluit om daadwerklik iets daaromtrent te doen. Hy en sy vrou het saam die Gesonde seks Mentorskap-program ontwikkel om paartjies te help om die passie weer terug in hul huwelik te sit.

Related to Gesonde seks

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gesonde seks

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gesonde seks - Timothy Kieswetter

    GESONDE

    SEKS

    Die sleutel tot ’n vervulde huwelik

    TIMOTHY KIESWETTER

    Lux Verbi

    Voorwoord

    Wat is ’n seksueel gesonde huwelik? Is dit ’n huwelik wat gesonde seks geniet? Maar is dit nodig om dit te noem? Is dit nie vanselfsprekend dat elke huwelik seksueel van aard is nie? Almal weet tog dat ’n getroude paartjie seks het, ons hoef dit sekerlik nie uit te basuin nie? Waarom fokus ons dan op iets wat net tussen man en vrou plaasvind? Is dit dan nie waar dat seks vanself gebeur wanneer dit in die huwelik goed gaan nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan. Dit is tog vanselfsprekend.

    As Bybel- en seksualiteitskenner wat elke dag met seksuele vrae gekonfronteer word, kan ek jou met redelike sekerheid sê: Gesonde seks in die huwelik is nié vanselfsprekend nie. As dit was, sou ek werkloos gewees het. Pornografie sou nie ’n verslawing gewees het nie. Egskeidings sou nie so gewild gewees het nie en cheating (om te verneuk) sou verwys na die skelm sjokolade wat jy tussendeur jou streng dieet en ewe streng oefenplan inglip.

    Eintlik ontvang ons in ons Christelike grootwordstyl geen merkwaardige seksopvoeding nie. Dit sluit nou nie daardie deurgetrapte algemene enkelsinspreuke in nie. Jy weet mos: Moenie vat nie, dit gaan afval!; Bewaar jou siel as jy seks voor die huwelik durf hê!; Alle mans soek net een ding! En dies meer …

    As jy gelukkig was, het jy hopelik nie net waarskuwings nie maar darem ook meer oor die positiewe en mooi aspekte van seks gehoor: Die huwelik is wonderlik.; Die huwelik is ’n Goddelike en heilige instelling!; Wag tot die huwelik. Die huwelik, die huwelik, die huwelik …

    Dus, slegs wanneer ons gewaarsku word oor seks, is ons bereid om daarna te verwys al wil ons dit nie eintlik op die naam noem nie. Die gevoel dat dit iets vuils, leliks en sondigs is, kom duidelik oor. Maar wanneer ons die positiewe en gesonde kant van seks wil beklemtoon, gebruik ons die huwelik as sinoniem van alles wat vir ons te ongemaklik is om oor te praat. Amper asof almal, wanneer ons oor die huwelik praat, presies moet weet dit behels seks en sommer ook hoe om daardie seks gesond, gereeld en genotvol te kan geniet.

    Ek het niks teen die huwelik nie. Ek is self getroud – al elf jaar lank – met dieselfde vrou (’n mens moet dit deesdae darem ook byvoeg). Maar die huwelik is nie dieselfde as seks nie. Seks is nie die huwelik nie. Ek stem saam dat die twee soos vinkel en koljander pasmaats is, maar ons kan nie verwag dat ’n gesonde en vervulde sekslewe sommer net vanself in ons skoot gaan val deur bloot te huwelik dit en huwelik dat nie.

    As ons gesonde seks in ons huwelik wil geniet, gaan ons oor seks móét begin praat. Nie as ’n nagedagte, ’n voetnota of ’n afgerammelde onderwerp nie, maar as ’n hoofpunt van bespreking. Seks moet amper so belangrik vir ons word soos wat dit vir God is. Hoe nou? Sê gou weer, ek het sekerlik nie reg gelees nie! Hoekom anders sou God ’n hele hoofstuk in sy Woord afstaan aan die onderwerp van die seksuele liefde?

    Seks is belangrik, want God het dit belangrik gemaak. (Glo jy my nie? Hou maar net aan lees.)

    Ek wil jou graag uitnooi om deel te raak van die gesonde-seks-rewolusie waar ons ’n platform skep om vrylik oor seks te praat.

    Help om die taboe van seks te breek. Elke keer wanneer jy iets waarvan jy hou in hierdie boek lees, of jy nou op Twitter of Facebook is, #GesondeSeksBoek dit.

    God se seën en gesonde seks

    man_en_vrou.jpg

    DEEL EEN

    DIE FONDAMENT VAN GESONDE SEKS

    krul.jpg

    ’n Gesonde-seks-perspektief

    My gesonde-seks-reis het begin die dag toe ek my vrou ontmoet. Kom ek verduidelik …

    Ek was vas oortuig daarvan dat almal soos ek dink. Natuurlik nie die goddelose mense nie (duidelik dink hulle anders), maar ten minste al die gelowiges. Hulle dink sekerlik almal dieselfde as ek. (Glo ons tog nie almal so nie? En wanneer ons ’n medegelowige met ’n ander perspektief raakloop, glo ons dit is ons Goddelike plig om te sorg dat hierdie persoon sy of haar denke stelselmatig vernuwe.)

    Ek het dus maar geglo my siening oor seks is ook ’n algemeen aanvaarde siening onder gelowiges. Wanneer ek terugdink, besef ek: As negentienjarige oningelyfde in die kuns van seks (oftewel ’n maagd) was my siening oor seks glad nie so goed ontwikkel soos ek gedink het nie.

    Nietemin, hier ontmoet ek die liefde van my lewe. Dit was regtig liefde met die eerste oogopslag. (Oukei, dalk nou nie liéfde met die eerste oogopslag nie, maar dit was vir seker iéts met die eerste oogopslag.) Sy het vertel hoe sy haar Christen-sielkundestudie geniet, pas ’n taak oor liefde klaargemaak het en baie trots daarop was.

    Sy het die bekende vier Griekse woorde vir liefde, naamlik agape, storge, philia en eros, gebruik om die struktuur van ’n Goddelike en gelukkige huwelik uit te beeld:

    • Agape: Onvoorwaardelike, opofferende liefde: ‘God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê’ (Joh 3:16).

    • Storge: Familieliefde (waarvan gesinsliefde deel is), byvoorbeeld die liefde wat ’n ouer vir sy kinders het.

    • Philia: Vriendskapsliefde: As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer (Rom 12:10, NLV).

    • Eros: Erotiese en seksuele liefde tussen ’n paartjie.

    Sy het die huwelik vergelyk met die beeld van ’n kruis. (My vrou was in daardie stadium baie geestelik. Nie dat sy nou baie vleeslik is nie.) In haar beeld was die balk wat hemelwaarts gewys het, God se liefde vir ons wat die agape-liefde in die huwelik verteenwoordig. (Ek vermoed dit is die onvoorwaardelike liefde in die huwelik.)

    Die een dwarsbalk was die balk waarop Jesus uitgereik het na die man wat langs hom gekruisig is en gesê het: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees (Luk 23:43, NLV). Dit het na die vriendskapsliefde verwys. (Wanneer jy en jou maat mekaar se beste vriende is, voel dit asof jy in die paradys leef.)

    Die ander dwarsbalk verteenwoordig die familieliefde, want Jesus het na Johannes gedraai en gesê: Daar is jou moeder (Joh 19:27). Daarna het Hy na Maria gedraai en gesê: Daar is u seun. (Ek vermoed hierdie liefde is veral belangrik om jou skoonma te oorleef.)

    Dan is daar die laaste van die vier soorte liefde, nie omdat sy die beste vir laaste wou hou nie, maar eerder omdat die seksuele liefde vanselfsprekend ook deel van die huwelik moet wees. Hierdie liefde, eros-liefde, het sy voorgestel as die onderste balk van die kruis wat in die grond geslaan was.

    Sien, die seksperspektief waarmee sy grootgeword het, was een waarin seks ’n vanselfsprekende deel van enige huwelik was, maar nie ’n groot of belangrike deel daarvan nie. Dit was die deel wat gebêre en selfs in die grond weggesteek moes word, wat vleeslik en vuil is – slegs daar om eendag Godgegewe kinders in die lewe te bring en jou man te keer om nie rond te loop nie.

    Ná hierdie verduideliking kon ek vir haar maar net reguit en met groot oortuiging sê: Ek kry jou arme man eendag baie jammer! As dit is hoe sy oor seks dink, siestog! Die arme ou, hy gaan seker met ’n hele spul kinders eindig.

    My vrou beweer dit was op hierdie oomblik dat sy geweet het ek is dié een. Ek kan jou belowe, ek was nog salig onbewus van my toekomstige trouplanne.

    Sy kon egter nie verstaan hoekom ek haar man eendag sou jammer kry nie. Daar is dan seks in die huwelik, wat meer wil ek van haar hê? Gelukkig het ek in daardie stadium ’n liefdesteorie gehad wat ook gegrond was op dieselfde vier soorte liefde. Die enigste verskil was my perspektief wat die seksuele dimensie betref.

    Ek het die huwelik vergelyk met die bou van ’n huis – een waarin man en vrou eendag graag sou wou woon en saam oud kon word. Soos met enige huis het ek begin met die fondament, naamlik die familieliefde (waarby gesinsliefde ingesluit is). Die soort liefde wat ons in ons eie ouerhuis ontvang en sien is die soort liefde wat ons eendag in ons huwelik gaan naboots.

    Daarna word die mure van die huis gebou. Dit verteenwoordig die tyd wat die twee neem om mekaar te leer ken en ’n vriendskap te vorm voordat dinge te ernstig word. As dit God se goedkeuring wegdra, kan ons ’n dak op die huisie plaas. Dit stel God se beskerming oor die verhouding of huwelik voor.

    Ek het ook eros-liefde, die seksuele liefde, vir laaste gelos. Let wel, nie omdat dit vir my vanselfsprekend was – iets waaroor ek skaam gevoel of as vuil, vleeslik en slegs daar vir voortplanting beskou het – nie. Ek het die beste vir laaste gelos. Die seksuele liefde is my skoorsteen wat bo-op die dak uitsteek en met trots verkondig dat daar ’n vuurtjie in die huis brand.

    Sien, waar die familieliefde die liefdespatrone neerlê, die vriendskapsliefde ruimte vir mekaar skep en agape-liefde as God se beskerming dien, is eros-liefde juis verantwoordelik vir die warm atmosfeer in die huis.

    In my weergawe van die vier soorte liefde is die seksuele sy nie ’n neweproduk van die huwelik nie, maar die hoofgereg. Dit is nie ’n nagedagte van getroudes nie, maar ’n lewenslange wittebrood.

    My vrou het toe saam met my in my liefdeshuisie ingetrek. Ons het saam aan ons gesonde seks gebou. Ons eros-liefde-kaggel is iets wat ons huwelik die gemaklike, warm atmosfeer in plaas van die koue skouer gee. (En indien jy gewonder het, ek kry nie meer my vrou se man jammer nie.)

    In hierdie boek gaan ek vir jou presies uitspel hoe jy ook gesonde seks in jou huwelik kan geniet. En dit alles begin deur jou perspektief oor seksualiteit te verander.

    Die ontwikkeling van seksetiek in die Christelike Kerk

    Seks. Waaraan laat dit jou dink? Hoe laat dit jou voel? Watter soort prentjie skets jou brein vir jou?

    Elkeen van ons kan seker ’n ander antwoord op hierdie vrae gee. Die rede hiervoor is omdat ons nooit regtig blootgestel is aan openlike gesprekke en onderrig oor seks nie. Seks was nog altyd ’n taboe-onderwerp. Ons word meestal maar net gelos om die wonder van seks op ons eie te ontdek.

    Ek wonder of enige nugterdenkende die sleutels van sy of haar motor aan ’n tiener sal oorhandig sonder deeglike onderrig. Jy sal ten minste verduidelik hoe die motor werk, betaal vir professionele bestuurslesse, uitspel hoe die padreëls en bedagsaamheid teenoor ander motoriste werk, versekering uitneem en die leerlingbestuurder waarsku om nie ’n petroltenk met diesel vol te maak nie. Nee wat, ons heg darem heeltemal te veel waarde aan ons motors! Maar sodra dit by seks kom … sjuut, dit is mos vanselfsprekend.

    Dit is dalk die rede hoekom daar meer gebroke huwelike as padongelukke is. Voordat ons ’n nuwe, gesonde perspektief oor seks kan ontwikkel, moet ons eers ’n punt bereik waar ons besef daar is ’n moontlikheid, al is dit ook hoe skraal, dat ons huidige siening oor seks nie die volle waarheid is nie. Die gedagtes, gevoelens en prentjies waarmee jy hierdie vrae beantwoord het, is nie noodwendig die enigste definisie en funksie van seks nie. Sodra ons ons oopstel vir die kompleksiteit van die seksuele dimensie, sal ons besef dit is ’n baie meer verweefde deel van ons huwelik en lewe as wat ons aanvanklik besef het.

    Dit wat ons glo en uiteindelik doen, word alles beheer deur die etiek van ’n gegewe onderwerp binne die raamwerk van die individu se geloofsoortuigings. Met ander woorde, ’n Christenman of -vrou se seksuele siening en gedrag sal grootliks beïnvloed word deur die seksetiek in die Christelike geloof. Of ’n gelowige getroude paartjie al die fasette van seks gaan geniet, of selfs net daarmee gaan eksperimenteer, word grootliks bepaal deur die geloofsetiek daaroor. So, kom ons gaan kyk hoe die seksetiek binne die raamwerk van die Christelike geloof ontwikkel het.

    Seksetiek in die kerk se geskiedenis

    Die seksetiek in die kerk kom al ’n lang pad. Om dit te verstaan, moet ons so ’n bietjie terugstap op die spore van die verlede – tot by daardie tyd net ná Jesus se dood. Verstaan mooi: Hoewel die Joodse nasie ’n patriargale samelewing was, was hulle wat vroueregte betref ’n progressiewe nasie vir hul tyd. Seks het oor veel meer gegaan as net ’n vrou wat haar man gelukkig hou deur seuns vir hom te baar; dit was ’n liefdesdans tussen man en vrou. (Lees maar net Hooglied, wat die Joodse rabbi’s beskou het as ’n liefdesgedig tussen ’n man en sy beminde. Ongelukkig het die Christelike kerkvaders Hooglied eerder vertolk as beeldspraak tussen God en sy bruid, die kerk.)

    Nadat Jesus gekruisig is, het dinge egter vir die gelowige verander. Skielik word Jesus se volgelinge as Christene beskou en hoewel hul geloofsoortuigings vanuit die Joodse godsdiens ontwikkel het, het Christenskap in sy eie rigting begin groei en daarmee saam ook sy eie seksetiek ontwikkel. Een van die verse in die Nuwe Testament, naamlik 1 Korintiërs 7:8, lig die oorgangsfase vanaf die Joodse seksetiek tot die eerste vorm van Christelike seksetiek uit. Hier raai Paulus die Korinte aan om eerder ongetroud te bly. Tog lig hy die mense in dat hierdie raad wat hy oor seks gee nie direk van die Here af kom nie, maar net goeie logiese sin maak. Dit gee ons ’n leidraad dat Paulus se raad om nie te trou nie eintlik situasiegebonde is eerder as ewigheidsgebonde. Want God het reeds daardie ewigheidswaarheid oor seks in Genesis geuiter toe Hy gesê het dit is nie goed vir die mens om alleen te wees nie.

    Hoekom het Paulus dan daarteen gewaarsku? Wel, jy moet verstaan dat die Romeine in daardie tyd nie so gelukkig was met die Christene wat oral opgeduik het nie. Hulle het dit beskou as ’n groot bedreiging vir die Romeinse ryk. Hulle het Christene gevangene geneem, gemartel en doodgemaak. Paulus het verstaan dat die geloof nog jonk en kwesbaar was. Daarom het hy oor en oor vir almal aan wie hy briewe geskryf het, gewaarsku om hulle nuwe geloof te beskerm en goed op te pas. Wat hy nie wou sien gebeur nie, was dat die Romeine die liefde tussen ’n jonggetroude paartjie teen mekaar kon gebruik om een van hul uit die geloof te boelie (deur byvoorbeeld een van hulle te martel of dood te maak).

    Christenskap het ondergronds beweeg om as’t ware weg te kruip vir die Romeinse onderdrukking. Hierdie soort omstandighede was vir seker nie die beste en veiligste omgewing om met ’n gesin te begin en kinders in groot te maak nie. Daarom Paulus se raad oor enkel en selibaat bly. Groei eerder in jou geloof. Wag en oorleef eerder net eers die vervolging.

    Natuurlik is dit presies wat gebeur het. Die Christene het gefokus op oorlewing te midde van vervolging en die Romeinse Ryk was aan’t verbrokkel. Die Romeine het desperaat van strategie verander om hul ryk te beskerm en het oorgeskakel van ’n sterk weermag tot ’n sentrale geloof om die massa te regeer. En so het die Katolieke Kerk tot stand gekom.

    Seks vir voortplanting

    Aangesien Christene nie meer vervolg is nie en dit veilig was om ’n Christengesin te begin, het die fokus van Paulus se enkelskap-raad weggeval. Maar in plaas daarvan om terug te keer tot die Joodse seksetiek het Christenskap te ver in sy eie rigting begin ontwikkel, met meer nie-Jode in die geloofstroom as Jode. Om hierdie nuwe rigting van seksetiek in die Christendom te verstaan moet ons die agtergrond van die vroeë kerkvaders bekyk.

    Niemand het die Christengeloof en veral die seksetiek daarin meer beïnvloed as St. Augustinus nie. Voordat hy die Christengeloof aangeneem het, het die manicheïstiese geloof hom sterk beïnvloed. ’n Ruk lank was manicheïsme die enigste geloofskompetisie vir Christenskap, maar dit het uiteindelik in die 13de eeu ’n antieke geloof geword. Manicheïsme het geglo aan ’n dualistiese wêreld wat die stryd tussen die goeie geestelike wêreld van lig en die slegte vleeslike wêreld van duister in alles raakgesien het. Alles in die lewe was verdeel tussen die goeie geestelike wêreld en die slegte vleeslike wêreld. Raai in watter wêreld het seks geval?

    St. Augustinus het lank voordat hy ’n Christen geword het reeds vas geglo dat seks deel van die slegte vleeslike duisternis is – iets waarteen ons die kinders van die lig moet waarsku, waarvan hulle moet wegbly en bevry moet word. Seks is vuil, seks is sonde, seks is vleeslik, seks is duister – en bowenal is seks benede die geestelik verligte persoon.

    Jy kan jou net indink watter innerlike stryd St. Augustinus gehad het toe hy Genesis 1:28 gelees het: Toe het God hulle [die mens] geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.’ Hier lees hy nou waar God, wat duidelik aan die goeie geestelike kant van die dualistiese spektrum is, ’n direkte opdrag aan die mens gee om seks te hê. (Windbestuiwing was iets wat die mens nog nooit kon regkry nie.) Hoe op aarde kan God die mens seën om iets te doen wat so duidelik duister is? Hoe kan die God van lig en alles wat goed is sy kinders opdrag gee om iets te doen wat so vleeslik en vuil is? Dit is die soort vrae waarmee St. Augustinus moes geworstel het.

    Die enigste antwoord waardeur hy tot berusting kon kom, was dat seks (wat steeds vuil, lelik en sondig is) bonatuurlik verander wanneer jy dit aanwend vir ’n geestelike Goddelike doel soos voortplanting. En so word die eerste seksetiek in die Christelike kerk geskryf. Seks is vuil, vleeslik en sondig, tensy (en uitsluitlik wanneer) dit voortplanting ten doel het.

    Sien dit so: Seks kan met koffie vergelyk word. (Hoekom koffie? Want

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1