Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 MOENIE STILBLY OOR BOELIES NIE

Met die nuwe kwartaal wat binnekort begin, het Vra vir Irma die durende probleem van skoolboelies, en die emosionele uitwerking daarvan op die slagoffers, weer onder die loep geneem

My kind is ook op skool geboelie. Sy wou nie laas jaar skool toe gaan nie. Die skool het dit probeer oplos, maar dan is dit net weer: “Vanmiddag kry ons mekaar weer.” Ek het haar toe in ’n ander skool gesit.

MARIONETTE

Die boeliekultuur begin in die ouerhuis. Kinders word nie skielik boelies by die skool nie. Te veel kinders word groot sonder dat daar gevolge vir onaanvaarbare gedrag tuis is. Hulle doen wat hulle wil.

MARIAAN

Onderwysers boelie ook! En gaan sien jy die hoof en kla, gebeur niks – selfs al het jy videomateriaal. Jy en ander ouers word as klakouse gebrandmerk. Skole vat boelies, hetsy kind of onderwyser, net nie ernstig genoeg op nie.

ELSABE

Hy voel ouers moet kinders leer om vir hulself

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related