Huisgenoot

POFADDER-MOORD: SURETHA SE BRIEF AAN HG UIT DIE TRONK

IN HAAR tronksel op Upington, waar sy al agt maande verhoorafwagtend is weens die huurmoord op haar man, neem Suretha Brits ’n pen en begin skryf: “Ek het die grootste fout van my lewe gemaak om die reg in my eie hande te neem…”

En so begin die aanloop tot ’n dramatiese wending in die Pofadder-moordsaak.

Weg van die fel kollig van openbare oordeel bieg die aantreklike brunet (31): Ja, sy hét haar man, die hoteleienaar Leon Brits (41), laat vermoor. Maar dis meer as net ’n skuldbekentenis. Want in haar netjiese, kursiewe handskrif vertel Suretha die verhaal van ’n minderjarige meisie in ’n seksuele verhouding met ’n volwasse en gesiene dorpenaar.

Haar bewerings sluit ’n tienerswangerskap en gedwonge aborsie in, gevolg deur ’n huwelik van geweld en doodsdreigemente agter geslote deure.

Dít terwyl ’n intieme plattelandse gemeenskap glo niks sien nie…

Dis Suretha se eie verhaal – en net dae ná die skryf daarvan het sy haar aanvanklike ontkenning van skuld verander en beken sy dit nou. Op 15

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Suidoosterfees: Kultuur In Die Kaap
Niks soos ’n bietjie humor om jou maagspiere te oefen nie! Die immergewilde FRANK OPPERMAN het oud en jonk laat skater met sy eenmanstuk. Hierin word die reünie van die Hoërskool Totius se 1980-matriekgroep gehou, en elke klasmaat kry ’n beurt agter
Huisgenoot5 min read
Ontwaking Ná Die Ongeluk
DEUR driedekadeshetsy eers as seun, tiener en toe jong man die peperboom se takke ál weier sien sprei voor die Brown-gesin se huis in Duynefontein by Melkbosstrand. Nou, op 38, groet Aurora Brown van die voordeur af, van agter die takke wat byna die
Huisgenoot1 min read
Vyf Kitsfeite Oor Majozi
1 “Ek is ’n koffiesnob, en jy kan met my toor as jy vir my ’n goeie pour-overkoffie maak.” 2 “My grootste guilty pleasure is ’n lekker soet pasteis de nata – die Portugese vla-tertjie.” 3 Hy is lief vir boks, en as hy nie op toer is of besig met musi

Related