Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Ka...view moreSchalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege toneelstukke geskryf. Schoombie se debuutroman, Boomkastele (2015), is ook deur Human & Rousseau gepubliseer en is in 2016 genomineer vir die ATKV-prosaprys en die Jan Rabie/Rapportprys. Hy woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.view less