Bolle en knolle
‘JULLE is absoluut te pragtig!” Fiela Viljoen gee die ligpienk inkalelies met sorg water terwyl sy met hulle praat. Haar blomme is haar lewe.
“O genade, is jy weer aan die mal word, Fiela?” hoor sy haar buurman Hans Putter sê, en sy sien hom waar hy by die grensmuur staan.
“En is jy weer vroegoggend daarop uit om my kwaad te maak, Hans?” Sy gooi gemaak water in sy rigting en lag toe hy koes. “Oppas, volgende keer sal ek nie speel nie.”
“Maar jy weet mos wat mense sê.”
“Ag, wie het nou weer wat te sê? Jy weet ek steur my nie aan skinderstories nie, ek wens net mense wil hulle neuse in hulle eie sake hou.”
“Hulle sê dis oukei as jy met jouself praat, maar jy moet net nie jouself begin antwoord nie!” Hans lag, maar ’n skielike hoesbui sit ’n einde aan sy
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days