GERHARD kan nie onthou wanneer laas hy Candy Crush op sy foon gespeel het nie. Hy het gehoop die speletjie sal sy aandag genoeg aflei dat sy senuwees sal bedaar. Maar dis sy vyfde probeerslag op dieselfde vlak en die helderkleurige bomme vang hom elke keer.
Hy maak die app toe en kyk na sy horlosie. Langer kan hy nie wag nie. Daar is nou maar vyf minute oor. Dis halfses en die parkeerterrein is soos ’n byenes: almal wat op pad huis toe gou vinnig ’n brood en melk of Woolies-lasagne kom koop het.
En dan is daar ook die karwagte wat glimlaggend gretig parkeerplek aanwys en help om vol trollies uit te laai.
Gerhard haal sy beursie onder sy sitplek uit, bêre sy Oakley-sonbril in die swart brilkassie en maak die bakkie se deur oop. Langer kan hy dit nie uitstel nie. Hy reken dis hoe ’n skaap ter slagting voel. Jy aanvaar