Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Anderkant die blou
Anderkant die blou
Anderkant die blou
Ebook104 pages1 hour

Anderkant die blou

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai. By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 11, 2022
ISBN9780624091950
Anderkant die blou
Author

Zelda Bezuidenhout

Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 verskyn. In 2020 behaal sy en Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat. 

Related to Anderkant die blou

Related ebooks

Related articles

Reviews for Anderkant die blou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Anderkant die blou - Zelda Bezuidenhout

    9780624089810_FC

    Tafelberg

    Die see is altyd honger. En hy vat alles wat hy kan kry. Dit wat hy nie wil hê nie, spoeg hy net weer uit. Mense wat gereeld op strande stap, weet dit. Soos Elmo Davids. Die man het ’n hele garage vol skatte uit die see. Bokse vol ou bottels en skerwe glas in alle kleure. Pette, balle en skoene. Valstande en brille. Eenkeer het hy selfs iemand se glasoog opgetel. Hy hou dit in ’n klein boksie met watte en soms maak hy sy suster se kinders daarmee bang. Ja-nee, Elmo Davids het gedink hy het al álles gesien wat die see op Vishoek se strand kan uitstoot. Maar een middag in April, net voor die son sak, het hy besef hy was verkeerd. Want die twee stukke vleis, aan mekaar gebind met ’n soort tou, sal vir die res van sy lewe by hom spook.

    Die kelner

    M oenie nou opkyk nie, fluister Lienke. Sy loer onderlangs na haar vriendin Dezi. Daai ou kyk vir ons.

    Dezi rol haar oë. Natuurlik kyk hy vir ons. Hy’s ons kelner. En ons wag al ure vir ons ontbyt.

    Hei, darem net vyftien minute, sê Lienke. En dis nie die soort kyk wat ’n kelner gee nie. Dis die kyk wat ’n ou vir ’n meisie gee.

    Toe die kelner na hulle toe begin stap, is hulle dadelik stil. Hy stap met ’n lui, cool ritme. Dis die soort stappie wat in slow motion geskiet sal word vir ’n fliek. In sy een hand het hy ’n beker lemoensap. Net voor hy by hulle kom, trek hy sy ander hand deur sy pikswart kuif. Sy oë blink.

    Is julle oukei? Wil julle nog sap hê terwyl julle wag? Hy kyk na Dezi, dan na Lienke. Toe weer na Dezi.

    Ek’s oukei, dankie, sê Lienke met ’n glimlag.

    Nee, ons is nié oukei nie, sê Dezi en sit haar sonbril op haar kop. Dezi Benjamin gebruik ’n sonbril net om haar bos swart krulle uit haar gesig te hou. Toe sug sy lank en dramaties. Ons het een duisend twee honderd kilometer Kaap toe gery om in hierdie hotel vakansie te kom hou. En nou mors ons baie tyd terwyl ons wag vir ons ontbyt. Ons kon al lankal op die strand gewees het. Of in die winkels.

    Lienke bloos amper so rooi soos haar hare. Maar voor sy iets kan sê, praat die kelner weer.

    Gwarra jy my? Die Meeu se brekfis is dan déél van julle vakansie. Maybe even die heel beste deel! Hy knik vir Lienke.

    Dezi dink glad nie hy is snaaks nie. Sy draai sommer haar kop weg en kyk see se kant toe. Die kelner maak hulle glasies vol lemoensap. Dan glimlag hy breed vir Lienke en stap kombuis toe.

    Was dit nou regtig nodig? Lienke gluur vir Dezi.

    Was wát nou regtig nodig? Dezi kyk nog steeds by die venster uit.

    Om so lelik met die arme ou te wees? Jy ken hom nie eens nie! Lienke weet sy preek nou, maar sy gee nie om nie.

    "Ek ken sy soort, Lienke. Hy werk net by die hotel om meisies op te chat." Dezi draai haar kop en kyk haar vriendin vas in die oë.

    Jy dink elke ou het ’n plan met jou, sê Lienke en skud haar kop. ’n Rooi krul het uit haar haarband ontsnap en sit nou soos ’n vraagteken teen haar voorkop. Haar twee Prinses Leia-bollas laat haar nog langer lyk as wat sy is.

    En jý dink elke ou is die volgende groot liefde van jou lewe, sê Dezi.

    Is dit ’n sonde om die mooi in almal raak te sien? Lienke is nou sommer vies.

    Dis nie ’n sonde nie. Maar jy sien net wat jy wíl sien. Nie wat actually daar is nie.

    Dezi gee haar ’n kwaai kyk. Vir ’n rukkie is dit tjoepstil tussen hulle. Al wat hulle hoor, is die musiek in Die Meeu se ontbytkamer. Dis alles cover versions van stokou treffers. Seker omdat daar min jongmense in die hotel bly. Iemand sing Billy Joel se Piano Man. Ongelukkig nie baie goed nie.

    Ons kon saam met jou ma-hulle kom ontbyt eet het, sê Lienke na ’n ruk. Dan was ons al lankal op die strand.

    Urgh. Daai twee staan saam met die hoenders op. En dan moes ons sit en luister na hulle praatjies. Hulle sou nou gestry het oor wie oorspronklik ‘Piano Man’ gesing het.

    Hulle ruik die kos voordat hulle dit sien. Die cool jong kelner sit ’n bord voor elke meisie neer en glimlag weer van oor tot oor. Die eiers is perfek gebak en die spek lekker bros. Twee takkies tiemie maak ’n kruis bo-op die hash browns.

    Geniet, sê hy. En dan: Ek is Danroy. As julle dames iets nodig het, skree net.

    Lienke het lankal gesien sy naam is Danroy. Dit staan op ’n kaartjie wat aan sy hemp vasgesteek is.

    Dankie, Danroy. Dit lyk amazing, sê sy.

    Kyk, sê sy vir Dezi en wys na die tiemie-kruisies. Soentjies net vir ons. Toe Dezi haar weer kwaai aankyk, lag Danroy net. Lienke stoot haar vurk onder die hopie hash browns in en bring ’n groot skep na haar mond toe. Seelug maak ’n mens vrek honger. Danroy bly net daar staan.

    Tot wanneer kuier julle in Kalkbaai? wil hy weet, en gooi ’n vadoek oor sy een skouer. Hy lyk nie haastig om die ander gaste te bedien nie.

    Lienke se mond is vol kos en sy kan nie praat nie. Na ’n lang stilte besef Dezi sý sal moet antwoord.

    Drie weke. En ons het ’n hengse lys van goed wat ons wil doen. Dit is wat sy sê, maar haar stemtoon laat dit eintlik klink soos: Ons is baie besig en wil nie gepla word nie.

    Lienke wonder of Dezi weet hoe ongeskik sy soms kan wees. Maar Danroy lyk min gepla.

    Wel, ek kan ’n paar goete by daai lysie van julle aanlas. Ek bly al my hele lewe lank hier, sê hy. Hierdie keer antwoord Dezi nie.

    Lienke sluk haar kos haastig af.

    Nou toe, laat ons hoor, sê sy en druk-druk met haar servet teen haar mond.

    Is hier swartpeper? vra Dezi verveeld.

    Ja, natuurlik. Ek kry dit gou. Danroy draai om en stap haastig weg.

    Dezi gebruik die kans om weer vir Lienke te preek.

    Dis ons eerste dag! En jy nooi al klaar iemand saam. Haar onderlip pof ontevrede uit.

    Hei, ek het hom nie genooi nie. Hy wil ons net help om … Maar Danroy staan al klaar weer langs Dezi.

    At your service, sê hy. Hy hou ’n groot,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1