Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

As Ek Stil Raak
As Ek Stil Raak
As Ek Stil Raak
Ebook102 pages33 minutes

As Ek Stil Raak

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

A captivating collection of poetry, readers are invited on a journey through the rich tapestry of emotions, experiences, and reflections presented in both Afrikaans and English poetry. 

 

 

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 20, 2024
ISBN9798224697472
As Ek Stil Raak

Read more from Martha Maria Jones

Related to As Ek Stil Raak

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for As Ek Stil Raak

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    As Ek Stil Raak - Martha Maria Jones

    Ek het êrens gelees vir 'n ouer om 'n kind te verloor, is soos om 'n been te verloor. Met tyd leer jy weer loop, maar die herinnering van dit wat jy verloor is egter elke dag saam met jou, met elke tree wat jy gee.

    -skrywer onbekend

    DELE VAN MY

    ‘n MOSSIE VLUG

    swartbors mossies, swartbors mossies

    maak 'n nessie van my;

    huis.

    paleis.

    pondok.

    varkhok.

    ons hang geflans aan die maan

    ––––––––

    sonder twyfel belowe jy -

    'n glashouer vol snoepery,

    want jy is myne om te kies!

    ––––––––

    asem in, onbelemmerd, oopmond in

    roepjaag na jou !

    dit glip uit -

    tussen sinsnedes

    en kinders wat roomys lek

    - pasop dit vlek!

    ––––––––

    druk 'n vinger in my OOG.

    Trek 'n sneller!  

    neem gehoor.

    ––––––––

    swartbors mossies, swartbors mossies

    maak 'n nessie van my;

    huis.

    paleis.

    pondok.

    varkhok.

    ons hang geflans aan die maan

    die Here sorg vir sy mossies

    selfs in dié laaste vryvlug

    Langs die son versteek

    __________________________

    Jy het binne my gepas

    -goud binne my gelas

    'n handjie vol soene in jou sak gelos - nét vir my

    ––––––––

    die wêreld het jou meegesleur

    en ons storie verander

    elke kurwe,

    elke keep en elke duik

    ek was joune alleen

    ––––––––

    Jy kom uit die see

    vuiste, kneukels, lyf

    ‘n vloedwater stroom

    saai jy jou verwoesting

    ––––––––

    sy is -

    'n wispelturige flerrie

    smeer heuning aan jou lippe

    verlei jou doof, stom en blind

    ––––––––

    'n verloorder strooi die son

    se strale vir die wind

    gooi geluk vir ‘n ander

    en draai weg sonder terugkyk

    ––––––––

    jy het binne my gepas

    en Sy het ons legkaarte kom steel

    ek was joune alleen

    -die see is nou my beminde

    Nimmer-einde-land

    Kyk na jou Peter!

    kaalbors deur die skare 

    vlerkslag; skaterlag!

    Dalk is JY vandag!

    ––––––––

    jy was nog altyd eindeloos

    vreesloos 'n sprokies man;

    geheime op jou lyf tatoeëer

    en ‘n keep in jou mondhoeke

    ..

    elke soen het my betoor,

    my geloof na jou bekeer,

    my sonder verweer omgekeer -

    .‘n Bewaarder van verlore siele

    uit donkerste uithoeke van die wêreld.

    Ek is jou grootste bewonderaar!

    ––––––––

    elke sprokie het 'n skurk

    en bottels vol gekke-klug

    wat harder kon pleit

    as jou vrees vir grootword 

    ––––––––

    onder die hemel se punte

    die sterre in ons kele

    my tone se punte sonder vastrap plek

    in die arms van Peter

    ––––––––

    Peter my venster is oop -

    al het ek grootgeword? 

    in stiltes lê ek jou neer

    25/02/2011

    (‘n gedig op jou verjaarsdag 25/02/2023)

    ––––––––

    buite waai die wind die kannas,

    versprei die vlamme in ‘n neurie

    en miskien het jy al vergeet

    van die kind se kop in my baarmoeder

    ––––––––

    Hoe vergeet ‘n ma?

    tyd spandeer aan jou kamer

    spesiaal vir jou tuiskoms

    net om als

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1