Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hoonlag van die Duiwel
Hoonlag van die Duiwel
Hoonlag van die Duiwel
Ebook160 pages2 hours

Hoonlag van die Duiwel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Owen Willard, desperaat om 'n suksesvolle skrywer te word, is selfs bereid om sy lewe op die spel te plaas in ruil vir sukses. Hy ontmoet 'n kulkunstenaar in Nice wie se beeldskone metgesel aan hom 'n belofte tot sukses maak mits hy sy siel soos Faust van ouds aan hulle sal gee. In 'n staat van roekelose brasserny en oorweldig deur haar skoonheid, stem hy in. Sukses volg, maar so ook die skadu van vroeëre psigotiese episodes. Terwyl hy besig is met sy Magnus Opum, tref skrywersblok hom soos 'n voorhamer en onthou hy vir die eerste keer sy belofte. Hy word gedwing om boete te gaan doen in Baviaanskloof-wildernis. Hier wag 'n oud-minnares hom in en na 'n stomende liefdesnag versleg sy situasie en word hy 'n dure les geleer.
PS: Nie vir slaapwandelaars, vromes van hart en fundamentaliste nie!!

LanguageAfrikaans
PublisherLewis Logan
Release dateSep 17, 2020
ISBN9781393648857
Hoonlag van die Duiwel

Related to Hoonlag van die Duiwel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hoonlag van die Duiwel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hoonlag van die Duiwel - Lewis Logan

    From ghoulies and ghosties and long leggety beasties

    And things that go bump in the night,

    Good Lord, deliver us!

    Anon

    LEWIS LOGAN

    2020

    INHOUD

    Muse en papierhelde:

    ‘n Psigotiese episode: 

    Satan: 

    God en godin: 

    Vinnige motors en skone dames:

    Hoogmoed: 

    Skedels en lyksklede: 

    Adler moet sterf!:

    Noodlot en stormwind:

    A smart toy for a rich boy:

    Verbode liefde en  laatnog skote:

    An evil eye:

    Wellus:

    Ongebreidelde seks:

    Laatnag kuiertjies:

    Alma mater:

    Grafkelder:

    Vreemde donkerte: 

    ‘n Godverlate plek:

    Devil’s Creek:

    Final destination: 

    Reïnkarnasie:

    Skedelbeen op ‘n dobbelsteen: 

    Afrekening: 

    R.I.P:

    2020 ANNO DOMINI:

    oooOooo

    HOONLAG VAN DIE DUIWEL

    1.  Muse en papierhelde

    There is only one universal passion: Fear

    George Bernard Shaw

    S.P.Y. verwag van sy agente om fiks te bly.  Magnus Adler weet uit dure ondervinding dat fiksheid en reaksiespoed dikwels op ‘n haarbreedte na  die verskil tussen lewe en dood  kan beteken.  Dit is dan ook die rede dat hy, selfs op ‘n sending, sy liggaam in prima kondisie hou.

    Hy probeer vinniger draf, maar dit is midsomer en alhoewel amper  middernag, is die strate van Parys nog ‘n kleurryke  see van malende  toeriste waardeur hy sy weg moet baan. 

    Vanaf die Rue st Honoré draai hy links af in Rue de la Sourdiére en  rek sy bene die  laaste entjie na  die ingang  van die Hôtel Lion d`Or.  Dié is nie van die beste wat Parys kan bied nie, maar  hy is op ‘n sending en wil so min as moontlik aandag trek. 

    Hy open die stram deur van die trapportaal en hardloop vervolgens die bedompige  trappe met veerkragtigheid  op na die vyfde verdieping  en sluit met sy elektroniese kaart die deur van sy kamer oop.  Natgesweet en kort van asem  gaan hy  in.  Ten spyte van die lugversorging maak hy  dadelik ‘n venster oop.  Van veraf beur die  gebeier  van  klokke vanaf  die Eglise st. Roch deur die straatrumoer.

    Na ‘n koue stort maak hy homself gemaklik op die bed met die Le Monde. Die berig is in skreeuende letters reg op die voorblad:.

    BEROEMDE SKILDERY GESTEEL IN GEWAPENDE ROOF!

    Die Middeleeuse skildery: St Jerome met Skedel is gisteraand op waaghalsige wyse gesteel uit die Villeria Borghese museum in Italië.  Vier gemaskerde rowers het die gebou  binnegedring en terwyl twee die sekuriteitspersoneel met vuurwapens aangehou het, het die ander doodluiters die skildery uit die raam gesny en uitgehardloop na ‘n donkerkleurige Maserati wat voor die deur gewag het. 

    Die polisie was vinnig op die toneel en het die area afgesper.  Lughawens en grensbeheerpunte is onmiddellik laat weet om op die uitkyk te wees vir enige verdagtes. 

    Geen skote is afgevuur nie, maar ‘n vroulike wag is vir skok behandel nadat sy gedreig is  met ‘n pistool.

    Die skildery is in 1606 geskilder in opdrag vir kardinaal.......

    Magnus kyk op sy horlosie en skakel dan ‘n nommer op sy selfoon.  Met  ingehoue asem  luister hy na die emosielose stem van X aan die anderkant van die Atlantiese Oseaan.  Ja-nee: die voorkennis was daar;  dit was net  die hóé en  die wáár wat ontbreek het.  En Mountebank se inslag  lê  soos dié van ‘n duiwelsklou  in die hele operasie...

    Frustrasie.  Vir die soveelste keer wis ek uit;  selfs die paar bladsye wat heel moontlik gered kon word.  Met ‘n moedeloosheid wat my denke al hoe meer tap,  staar ek na die metronomiese  cursor.  Geduldig staan dit op een plek vasgenael; vol afwagting om sy meester se denke digitaal te vergestalt.

    Maar niks.  Zilch!

    Skrywersblok.  Dat dít my  op hierdie stadium moet tref; nou dat die einde só naby is.  Twaalf hoofstukke van hierdie boek het ‘n moeitelose geboorte gehad.  Die probleem het gekom met hoofstuk dertien: die grand finale. 

    Die oomblik as ek begin skryf, blokkeer die herinnering aan daardie laaste en aaklige  keer wat ek haar in my arms gehad het, my vermoë tot skeppende denke geheel en al.  Ons liefde; haar lewensbloed wat wegpols, pols, pols.

    Skielik kan ek aan niks anders dink nie!  Dit is weer presies soos die periode van my lewe voordat ek reuse  literêre sukses behaal het.  Dat die kanker van  my verlede  wat so wonderbaarlik in totale remissie was, juis op hierdie kritieke tyd van afronding weer sy vernietigende tentakels kom sprei het! 

    ‘n Kortstondige moment van helderheid verskaf genadiglik vrye teuels aan my vingers  tot komponering oor gewillige toetse, maar dan:  Boem! Boem! Boem

    Een van die skote tref, ruk ‘n bres dwarsdeur my skouer  tot binne haar lewensweefsel.  Ek voel hoe  haar bene knak,  sy dan stadig neersyg. 

    FOK!!

    Ek wis uit. 

    My slape is besig om in sinkronie met die cursor te klop.  Pols, pols, pols. Hoe  de moer moet ek skep met  só ‘n  herinnering?

    My skeppende denke is weer in dieselfde knelgreep van niksseggendheid soos voor my besoek aan die suidkus van Frankryk ‘n paar jaar gelede. Steeds is die gewaande of werklike gebeure wat hom daar afgespeel het, onverklaarbaar.

    Die drukking in my kop is besig om oor te gaan in fisiese pyn.  Ek vryf my oë  tot die sterre helderpers flits en kyk dan na die horlosie op die rekenaar. 

    Dis lank reeds verby skeppingstyd.  Vannag gaan ek nie verder kom nie.  Ek moet in die bed kom en dadelik ook.  Miskien sal dit môre ....

    Maar ek sukkel al ‘n verduiwelse week om deur die hek te breek net vir die  skanskettings  om elke keer stywer te trek!

    Nee!  Ek sal waaragtiglik, al skrei my sinne in totaliteit daarteen, ‘n totale ruskans moet neem.

    Net toe ek wou opstaan, vang my oog weer die pakkie.

    Die pakkie. 

    My sekretaresse het dit al vroegmiddag op my lessenaar geplaas.  Ek het my nie veel daaraan gesteur nie en moes onbewustelik aangeneem het  dat dit  maar seker net weer net ‘n geskenkie van een van my vele bewonderaars is.

    Nou  sit ek egter  my bril weer op terwyl die bewerige handskrif  tot fokus spring:  AFSENDER: VLADIMIR FEY, DEVIL`S CREEK.

    Die verpakking is deeglik en dit duur ‘n hele rukkie voordat ek ‘n  DVD met  bygaande brief  daaruit kan trek.  Met die eerste trek aan die sóveelste sigaret vandag begin ek lees: 

    Geagte mnr. Willard

    Ek is ‘n baie groot liefhebber van u boeke  en kan elke keer nie wag op die verskyning van ‘n nuwe treffer nie. 

    Daar u besig is met die laaste hoofstuk van u manuskrip: Verraad in die Galleria Borghese, en u skielik gekonfronteer is met ‘n  ou afrondingsprobleempie, rig ek hierdie skrywe op aandrang van ‘n  gemeenskaplike vriend aan u.  Ingeslote vind u ‘n DVD waarin  die cabin wat so ‘n belangrike rol in u manuskrip speel, in presisie verbeeld word.  Deur daarna te kyk en aandagtig te luister, sal u gou besef dat daar met hierdie skrywe geen sprake van enige opportunisme van ons kant is nie.

    Soos u as skrywer per geleentheid  u deurlugtige papierheld, Magnus Adler,  laat opmerk het: Soms spreek die noodlot soos ‘n stormwind, en om te kan oorleef, moet die seile daarna gespan word...

    Ek wil die beskeie hoop uitspreek dat u op die wieke van dieselfde stormwind u eie seile sonder versuim in hierdie rigting sal span sodat u suksesvolle  loopbaan as skrywer nie in die gedrang kom nie. 

    Hoogagtend

    Die Uwe

    Vladimir Fey Esq. (Devil`s Creek Properties)

    Ek staar in ongeloof na die brief en voel  ‘n ligte bewing in my hande. Verséker  is my absolute energie op die oomblik gefokus aan die ontwykende  laaste hoofstuk, dog die genoemde  inligting waaroor mnr. Fey so sito-sito beskik, wel:  nie eens my sekretaresse het insae in my manuskrip nie, so waar kom hý daaraan?

    En die afrondingsprobleempie waarvan hy so ligtelik praat,  is op die oomblik die grootste, enkele struikelblok tussen my en die suksesvolle voltooiing van  die laaste  boek in die reeks.  Die worsteling dáármee het gaandeweg ‘n monster geword  met ‘n grynsende, druipende muil; ságter kan ek dit nie stel nie!

    Ek teug weereens  aan my sigaret, maar die kalmte wat die prikkeling diep in my longe gewoonlik bring,  bly weg. 

    Donnerse skrywersblok.  En dit het só maklik gegaan tot hier. Eintlik is dit heel vernederend; so asof ‘n letterkundige wraakgod  jaloers op my sukses geraak het. 

    Ek  het geskryf, uitgewis, herskryf en vernietig.  Urelank... daelank.

    Kóm wou dit net eenvoudig nie ... 

    Hoofstuk 13...

    En daaronder...

    Carte Blanche.

    Dít  terwyl ‘n gekoolde  konka my uitgewer  se hete, en  miskien moet ek byvoeg wat hy nooit sal erken nie, geliefkoosde sitplek is. 

    Spertyd?  As hy eers  daardie gewraakte woord met wrang  wange  begin rondrol,  word dit spoedig ‘n lans wat  met dodelike akkuraatheid  gewerp  word.  En hy tref sy teiken keer op keer met die dodelikste plofkrag 

    Van teiken gepraat:  die laaste paar weke het ék die vergestalting van daardie konsentriese sirkels geword met die vorteks daarvan mooi netjies op my beskamende gewete gepen.

    Maar  vir nou het die Muse het hul rug op my gedraai. 

    oooOooo

    ‘n Psigotiese episode

    Is this the real life

    Is this just fantasy

    Caught in a landslide

    No escape from reality

    Freddy Mercury

    Devil’s Creek, your final destination, verkondig die plakker op die DVD. Dis met ‘n huiwerige nuuskierigheid dat ek die skyf  aan my rekenaar voer wat dit met een gulsige hap sluk en  per monitor  terugvoering gee aan  die mees  kleurryke van  beelde.

    Oerwoud; ondenkbaar begroeid: so asof geen mensevoet al ooit  die voorreg gehad om  die sagte, mosbedekte  oppervlakte te bewandel nie. Slegs hier en daar ‘n penstrepie sonlig wat die ewigdurende skemer deur opstuwende mistigheid deurpriem.  Reusagtig in omtrek toring oeroue bome die hoogtes in, beur  met krag  ‘n mate van spreiwydte oop ten koste van  hul mindere.

    Voëlgesang: nimmereindigend in voortgang en komponering.  Loeries spring en hardloop katvoet van tak tot tak.  Hier en daar waag een ‘n sprong, sprei die vleuels  momenteel om ‘n bloedrooi ondervlerk kortstondig ten toon te stel.

    ‘n Paar blouapies loer agterdogtig na die kamera; hul kieste bol van pruimkleurige bessies waarop hulle fees.  Koorsagtig, so asof dit hul laaste maal in ‘n lang tyd sal wees. 

    Twee uitgegroeide bosbokke se koppe ruk op; elke snaar in hul lyf gespanne.  Doodstil staan hulle met net die ore wat ronddraai; snuiwend vir ‘n agterdogtige oomblik voordat hulle soos  één ontspan en weer gelyktydig begin wei; ‘n ademing van rustigheid.

    Deur ‘n  tonnel van boom en blad  beweeg die kamera  rustig  tot  ‘n skilderagtige hut  in sig kom  wat só knus weggesteek is dat dit as`t ware met die woud versmelt.  Ruwe, rondgekapte balke vorm die mure  en die een pas soos gevorm deur die hand van ‘n meester lego-gewys in die ander.  Die hout-teëls  op die dak  is  in totaliteit met liggroen swamgewasse bedek.

    Vaal van jare se aanpaksel beloof die  kleinerige vensters ’n geheimsinnige blik op die verborgenhede wat binne mag wag...

    Presies volgens my beskrywing  nadat ek ‘n week lank in ‘n vriend se cabin in die  Tsitsikamma deurgebring het om ‘n gevoel van die woudlewe  te ervaar! 

    Maar vir nou is my aller

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1