SKRYWER VAN DIE MAAND
Vele kreatiewe geeste was eens in die lewensversekeringsbedryf. Ditto Ben Viljoen. Die Gautengse boorling skryf ná sy aftrede vanuit Bellville en Velddrif. Sy nuwe en tweede roman, ’n , wek opspraak. ? Merkwaardig hoeveel hedendaagse Afrikaanse skrywers by Ek skryf makliker oor dinge wat my raak. Oorlog het g’n wenner nie. Dis onsinnige tragedie maar fassineer, veral op mikrovlak, oor ’n stukkie kanonvoer sy lewe moes gee vir iemand daar bo wat ’n punt wil bewys. My karakters is weergawes van mense wat ek ken, of oor gelees, of kennis van geneem het. Dit fokus op arm Afrikaners, en hoe armoede as gelykmaker ons kan stroop van gewaande meerderwaardigheid op grond van herkoms, velkleur en geskiedkundige affiliasie. Musiek as hoogste kunsvorm is groots; die komponis se gawe om iets unieks te hoor en ons diepste emosies te vernoot in akkoorde en melodieë, saam met pragpoësie. Ek sal geseënd wees om eendag - voos visstok geswaai en hale geverf of versies getik - nog te kan luister na goeie musiek, met of sonder gehoorapparaat! Ek het ernstiger begin skilder ná aftrede en leer nog oor die vervullende kunsvorm. Tans verf ek hoofsaaklik landskappe, dis meer vergewend! Hengel is net terapie wanneer die vis nie byt nie. Andersins is dit harde werk, maar wanneer die hoeke stil is, vernuwe die water, wind en stilte ou breinselle soos min. Om tyd ten beste te benut. Ek het altyd gedroom oor ’n eenvoudlewe, minus tydsdruk, agendas en windgejagery. Selfs sonder nuus, TV en sosiale media. Binne my skuil ’n kluisenaar. Meer realisties, niemand hier rond gaan hul slimfone nie.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days