Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Stemme: Voices
Stemme: Voices
Stemme: Voices
Ebook112 pages24 minutes

Stemme: Voices

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie is 'n bundel gedigte deur 19 digters wat saamgestel is deur Arnold La Cock. Hulle is Nicolette M vd Walt, Elmarie Greeve, Gerda Henrico, Lynette Gerber, Heila Walsh, Ronel Holtzhausen, Lunette Prinsloo, Winnie Saayman, C Helen, Anastasia Bester, Debre Scheepers, Nicky Conyers, Lorraine Paynter, Elsa La Cock, Dawn Behr, Cariena Hoonenberg, Teresa Tauret, Amanda Bester, Marinda van Zyl en Arnold Lacock

LanguageAfrikaans
PublisherArnold Lacock
Release dateSep 1, 2016
ISBN9780981407012
Stemme: Voices
Author

Arnold Lacock

My name is Arnold Lacock. I am an ex-newspaper reporter/columnist/editor. I grew up in Bellville, Western Cape (South Africa). I studied Art and love to paint when I'm not writing. I write mainly poetry and fiction in Afrikaans. I have also written several plays. Currently I am involved in a cabaret (about love), which I wrote and which will go on stage in the near future. I actively take part and will be doing some of my poetry and prose in the production. I am also busy writing a children's book in English.My naam is Arnold Lacock. Ek is 'n oud koerant verslaggewer/rubriekskrywer/redakteur. Ek het opgegroei in Bellville in die Weskaap. Ek het kuns gestudeer en skilder graag wanneer ek nie skryf nie.Ek skryf hoofsaaklik gedigte en fiksie in Afrikaans. Ek het ook verskeie toneelstukke geskryf. Ek is tans betrokke by 'n kabaret (oor die liefde) wat ek geskryf het en wat binnekort opgevoer sal word. Ekself neem deel en doen van my gedigte en prosa daarin. Ek is tans ook besig om 'n kinderboek in Engels te skryf.

Read more from Arnold Lacock

Related to Stemme

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Stemme

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Stemme - Arnold Lacock

    Voorwoord

    Waarom skryf iemand ‘n gedig? Soos ‘n skilder wil die digter die onderwerp wat hom beïndruk met besondere woordgebruik skilder en moontlik ‘n dieper betekenis na vore bring.

    Ongelukkig het akademici en letterkundiges die digkuns in die laaste jare tot ‘n groot mate gekaap en die gewone leser daarvan vervreem. Gedigte in veral Afrikaanse bundels het al hoe minder gewild by die leserspubliek geraak. Dalk ook die rede waarom uitgewers al hoe meer daarvan wegskram.

    Maar waarom word ons digbundels nie gelees nie? Die rede is waarskynlik omdat die meeste lesers nie die post-moderne gedig verstaan nie of selfs wil verstaan nie. Ten spyte daarvan koester die meeste mense steeds ‘n besondere en passievolle liefde vir die digkuns.

    In hierdie digbundel was die belangrikste kriteria dat die gedigte verteerbaar vir die leser moet wees. Gedigte is relatief en daar is nie werklik ‘n maatstaf vir beoordeling nie. Sommige gedigte kan ligter wees, dalk meer kommersieel; ander meer intens, dalk selfs literêr. Die leser sal egter elke gedig sonder enige outopsie kan waardeer en die nodige geesteskos daaruit put om sy/haar lewe te verryk.

    Ons opregte dank aan die digters wat hul werk aan ons vir hierdie bundel beskikbaar gestel het.

    ALC

    Nicolette M van der Walt

    Nicolette M van der Walt bly in Kaapstad. Van haar gedigte is reeds in haar eie bundel, Fire Lily: Flower of the Flame, opgeneem.

    van bloeisels en brood

    groen is die sonlig

    en baie voëls skyn

    op my balkon breek ek brood

    in stukkies, klein genoeg

    vir ‘n kwikstertjie –

    ek breek my winters

    in hierdie brood, die lyf

    van blaarlose dae

    en my hande

    vermenigvuldig die klank

    van ‘n enkele bloeisel

    tot die lenteboorde

    van jou stem wat swel

    en rypword in my

    en my winters vertaal

    tot amandel, wildeperske

    en lemoen

    tamboeryn

    ritmies

    teen my heupe

    die warm klingelklank

    van joune

    ‘n digter

    skuif handgekerfde skoeners

    deur die dun nek

    van verbeelding

    vir

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1