Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tydbom
Tydbom
Tydbom
Ebook202 pages22 minutes

Tydbom

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Francois Meyer se vyfde digbundel, tydbom, sien die lig met krag, emosie en insig en toon dit die duidelike groei wat hy as digter/skrywer ondergaan het. 'n Pad word gestap deur liefde soos dit in al die verskillende fasette vasgevang word. Met die intreevers – ''blomme is sensitief my lief/– bomme ook –/een letter te kort/laat liefde stol'', besef die leser sommer dadelik dat hierdie bundel totaal in 'n ander kategorie val.

Deurlopend is daar soveel deernis, emosie en sensitiwiteit en is die gedigte met keurige woordkeuse en taal tot beeld geruk. Van die gedigte vertel van sekere dele in verre stede wat hy besoek het en beeld hy die liefde uit 'n pikturale oogpunt aan.

Liefde word soms tot op die been gesny en gekloof deur sy unieke beeldspraak en woordkeuses. Familie-, kerk-, lewensmaat-, hartseerliefde en die opwinding van net om lief te hê word vasgevang en word dit ingedrink tot en met die laaste gedig in hierdie bundel. Dus is dit geen wonder dat die gedig liefde is soos die winter, wat die top vyftien van LitNet se Liefde is ...-kompetisie behaal het, ook in die bundel opgeneem is nie.

Francois se onkonvensionele styl word weereens duidelik getoon en verstom hy met sy diepte. Liefde word in tydbom in sy volle naaktheid uitgebeeld.

LanguageAfrikaans
Release dateJun 21, 2019
ISBN9780639900735
Tydbom
Author

Francois Meyer

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel(2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel. In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

Related to Tydbom

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Tydbom

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tydbom - Francois Meyer

    blomme is sensitief my lief

    bomme ook –

    een letter te kort

    laat liefde stol

    lewenslyn van 'n digter

    gedagtes giet oor gisterverdriet

    storms stol my verse vol

    en bly blink in die ink

    wat in strofes weerkaats

    soms word lief en leed weggesteek

    in die DNS-koorde

    van 'n stil(woord)geboorte

    die druppels spreek

    van 'n duisendmaal se vergeef

    om oor en oor my wese

    in ars poetica te kerf

    maar ék

    ek bly net 'n ballade

    op 'n imperfekte lewenslyn

    in lettergrepe g e t r e k

    laat my ontwaak

    uit die hongersnood

    en wees weer die reën

    op my dorre tong

    fynbos

    wanneer droë woorde

    oor die moederbaai waai

    en my taal in die sug

    van die hopeloses

    die voorspellers

    die sondaars

    en storievertellers

    sy ewige Weskus-rus vind

    word jy blind vir die smaak

    van chenin blanc waarin ek

    soos 'n anker sink

    ek wou die wolke pars

    en nuwe wyn oor die landskap

    se hulpkreet laat uitbars

    ek wou

    ek wou

    jou vir oulaas laat onthou:

    jy is die reën in my Kaap-gedagtes

    en ek

    ek bly maar net die fynbos –

    die fynbos in jou bewolkte oë

    sillabeskrif

    prenatale vokale veg

    om hul inkgeboortereg

    uit 'n tikmasjien se moederskoot

    maar dis nie hoe woorde

    asem van jou beroof nie

    laat loop die linne

    (van jou oë my beminde)

    soos heilige water

    laat ek die letters

    oor jou sagte strook naspoor

    en in fluistersillabes van die nag

    nóg aalmoese van jou vra

    dan sal ek soos

    'n wedergebore wandelaar

    jou papirus lof

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1