Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Halfgees
Halfgees
Halfgees
Ebook81 pages23 minutes

Halfgees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Zalman S. Davis is deel van 'n nuwe generasie digters en debuteer met Halfgees. Wat my opgeval het in die bundel, is die ongelooflike eerlikheid in sy verse. Dit is opmerklik hoe Zalman oor die daaglikse lewe skryf, die liefde en hoe hy dit ervaar. Ek kan hierdie bundel aanbeveel want hy gun die leser om poësie in 'n tydlose aard te lees."

Heleen Malherbe
Veerpen Uitgewers

LanguageAfrikaans
PublisherZalman Davis
Release dateMar 24, 2016
ISBN9781311493996
Halfgees
Author

Zalman Davis

I'm a poet, writer and aspiring journalist.

Related to Halfgees

Related ebooks

Related articles

Reviews for Halfgees

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Halfgees - Zalman Davis

    Akkedis

    jy breek my af

    soos ’n akkedis se stert

    kraak my af vir alles werd

    steel my geluk .. gooi dit weg

    daar waar my afgekapte stert spartel

    onthou ….. ek is ’n akkedis

    ’n vegter wat sterker word wat weer

    opstaan … weer opbou

    breek my af soos ’n

    akkedis se stert

    tot ek alleen is

    sonder kind

    of kraai

    breek my

    tot ek

    sterker

    word

    Alleen

    ek sit hier in stilte

    op my eie

    in die donkerte

    my hart gevoelloos

    ek is moeg vir stilte

    ek wil nie alleen wees nie

    ek wil buite wees

    met vuur wat brand

    mense wat lag

    ek soek nogsteeds

    na vrede

    en smag na vreugde

    dít wil ek voel

    sien

    ervaar

    hier waar ek sit

    huil, sug

    en dink ek alleen.

    ek is moeg vir stilte

    ek wil buite wees

    met vuur wat brand

    mense wat lag

    Ballade vir ’n alkoholis

    daardie

    reuk van drank wat

    op my lyf rus

    die stres wat my

    oneindig laat wakker lê

    alles laat my besef

    die lewe is alles behalwe ’n lied

    baie vra ek die Here

    om my te kom haal

    moeg vir alles wat gebeur

    die lewe en sy struikelblokke

    alles lei tot waar ek

    ’n uitweg soek

    diep na die bodem

    van daai bottel

    min weet van die

    pyn wat in my rus

    met die Here se

    genade het ek tot

    dusvêr gekom

    tog rus die reuk van drank

    op my lyf

    pyn en smart

    raak te swaar,

    maar die reuk van drank

    wat op my lyf rus, is

    my uitweg tot

    ’n beter wêreld

    Besluite

    my lewe so deurmekaar

    alles onduidelik

    ek het ’n fout gemaak

    dit was tog my keuse

    kon daaroor dink

    maar pret het my oorwin

    mag nie huil nie

    want ek was dom

    en spyt kom te laat

    struikel is deel

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1