Vrouekeur

MOEDER AARDE

Voor halfsewe is daar stampgeluide. ’n Tennisbal teen die buitemuur. Uitgelate stemme. Die kinders speel daar en kan nie genoeg kry nie. Salomi sit regop en trek aan die gordynvoue waarteen die oggendlig druk.

“Kan julle nie strand toe gaan nie?” roep sy. “Waar is jul ouers?”

Stilte. Iemand lag. Leontjie. Die bal begin weer teen die buitemuur bons.

Salomi lig die beddegoed van haar bene af. Daar is ’n klop aan die deur.

Haar skoondogter loer om die houtblad. “Ma? Het Ma geroep?”

Sy kyk na die vrou. Volgens Salomi se seun Theo is sy goedhartig, haar bos hare haar trots. Wyndrinker saans. Salomi skud haar kop. “Niks. Ek moet opstaan.”

“Ek kan hulle stilmaak,” sê die jonger vrou, maar met twyfel, asof die saak nie te beredder is nie.

Sy het genoeg gehad van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur2 min read
Op Die Verhoog
In ’n tyd van onderduimsheid, magsug, rugstekery en korrupsie het die Metropolitan Opera in New York vroeër vanjaar ’n opera aangebied waarin al dié elemente van die huidige politieke bestel uitgebeeld word. Dié opera sou van 31 Maart af in Cinema No
Vrouekeur3 min read
Die Belangrikste Boek
Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al 20+ jaar ’n predikant Die maatskappy Fedex het ’n advertensie gehad wat hulle op die fliek Castaway geskoei het. In die fliek is Tom Hanks

Related