STERRENAG
Met Oudtshoorn in haar truspieël, strek die Karoo eentonig voor Sonia Verhoef uit. Die landskap lyk soos ’n oorbeligte foto, die hemel ’n uitgewaste blou en die droë veld strooigeel met blertse groen Karoobos, hier ’n paar, daar ’n paar. Daar is nie genoeg roering in die lug om ’n tolbos te tol nie en die son bak op die niksheid neer asof hy niks anders in die heelal het om te doen nie. Die landskap verander geleidelik, genadiglik, van kaal vlaktes na toenemend dramatiese rotsformasies. Dit is reeds laatmiddag toe sy die kronkelende Meiringspoort binnery. In die laatlig gloei die loodregte voue van die poort in skakerings van roes-bruin en geel. Dit lyk vir haar soos ’n koper klipkatedraal. In die Swartbergpas stop sy by die Teeberg-uitsig om die panoramiese uitsig in te drink waarna sy stadig aan die westekant van die berg afslinger, die een haarnaalddraai op die ander.
Hoewel sy vir Beaufort-Wes gemik het, besluit Sonia op die ingewing van die oomblik om na Prins Albert af te draai. Dis mooier en dis nader. Sy sal die N1 na Johannesburg more aandurf. Sy is reisvoos. Sy wil by ’n hotelletjie of ’n gastehuis die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days