DIS’n mooi uitsig, nè?” Die man verskyn skielik. Cara skrik haar amper flou.
“Skies, ek wou jou nie skrikmaak nie.”
“Jammer dat ek hier op julle stoep sit. Ek het nie geweet iemand is tuis nie, anders sou ek n-”
Hy val haar in die rede: “Nee, sit. Ons het ’n gastehuis hier. Almal is welkom.”
“Ek is Cara. Van Kaapstad.” Sy steek haar hand uit, kompleet soos Kate van die koningshuis dit sou doen. Statig.
Cara is ’n bietjie onseker of sy verder hier moet sit. Die man het rastahare en ’n neusring. Dis duidelik hulle is wêrelde uitmekaar. Maar tog: Wie is Cara? Dit wonder sy soms, nou nog, selfs met die verloofring aan.
Kalkbaai se hawe rus voor haar. Talle bote lê geanker. Af en toe sien sy iemand in die hoofstraat verbystap.
Rus. Dis juis hoekom sy hier op die stoepmuur sit. Rus van die besige lewe van Kaapstad. “Drink jy tee?” vra die