Huisgenoot

Kom ons tango

DIE deeg klou aan Carla se hande terwyl sy die semelbrood knie. Hoekom sy brood bak, weet sy nie, want sy haat kos maak. Sy sal liewer voor haar rekenaar sit en haar kinderverhaal vir die kompetisie klaarmaak of gim toe gaan. Sy vee met haar deeghand oor die rooibruin krulle. ’n Stuk deeg bly aan haar hare kleef.

Dis haar ma se laaste woorde wat haar aan die ou huis en haar pa bind. “Sussie, jy moet tog mooi kyk na jou pa. Jy weet hy het ’n fyn palet. Jy sal moet kook, want hy hou nie van winkelkos, en veral nie winkelbrood, nie. Onthou, hy hou van vier soorte groente op sy bord. Pas hom mooi op, asseblief.

“En onthou sy bloeddrukpille en die vitamien C-pil. Jou broers het hulle eie gesinne om na te kyk en veeleisende beroepe, en jy werk mos maar hier van die huis af op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related