Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jakkals Vrou In Rooi
Jakkals Vrou In Rooi
Jakkals Vrou In Rooi
Ebook98 pages1 hour

Jakkals Vrou In Rooi

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.

Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie.
Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel.
Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
LanguageAfrikaans
PublisherTektime
Release dateMar 1, 2022
ISBN9788835433781
Jakkals Vrou In Rooi

Related to Jakkals Vrou In Rooi

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Jakkals Vrou In Rooi

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Jakkals Vrou In Rooi - Dawn Brower

    HOOFSTUK EEN

    Die son skyn helder in die lug en die wind waai liggies oor Dame Charlotte Rossington se gesig. Die tuin by haar vader, die Markies van Seabrook, se Londense huis het net begin blom. Hulle was maar nog net botsels, maar hulle het beloftes gemaak om pragtige blomme te word wanneer hulle hul piek bereik. Sy het haar hand uitgesteek en haar vingers oor die klein blommetjies laat gly en geglimlag.

    Is jy seker hierdie plan van jou is wys? het haar beste vriendin, Lady Pearyn Treedale, gevra. Haar donker lokke was vasgesteek in ‘n ingewikkelde bolla, maar ‘n paar slierte het losgekom in die wind. Haar blou oë was dieselfde kleur as die lug. Sy was ‘n ware skoonheid en eendag sal sy ‘n Dame wees, as haar verloofde hom ooit verwerdig om terug te kom na Engeland. Pearyn het nie gelyk of sy omgee dat hy nie daar is nie, of ten minste is dit wat sy gereeld genoeg verkondig aan Charlotte ... Sy geniet die samelewing sonder dat dit pla om ‘n vryer te vind. In sommige opsigte het Charlotte haar beny. Sy wou baie graag nie deelneem aan enige gebeurtenisse nie.

    Dis die enigste manier wat ek my moeder kan laat verstaan wat ek wil hê. Haar enigste begeerte is om my getroud te sien en babas te kry. Charlotte het haar neus teensinnig opgetrek. Ek het meer verlange en begeertes as wat gevind kan word in troubeloftes en jare se getroude lewe. Sy het miskien geluk gevind by my vader, maar ek verkies baie meer as liefde om my toekoms te onderhou. Miskien eendag sal sy nie omgee dat ‘n man haar hart steel nie, maar nie vir ‘n lang tyd nie. Charlotte wil tyd alleen hê om te ontdek wie sy is diep binne haar en sy wil skryf. Sy het so baie idees en sy wil tyd hê om hierdie stories binne haar op papier te kry. Om hierdie stories met die wêreld te deel is haar grootste droom. Sy gaan dit nie kan doen as haar moeder haar forseer om deel te neem aan die Seisoen nie.

    Pearyn het haar asem diep ingetrek. Ek verstaan. Regtig, maar ek kan nie help om te wens daar was ‘n beter manier nie. Sy het haar mond in ‘n frons vertrek. Dit was nie ‘n mooi gesig op daardie pragtige gelaat nie. Die skandaal...

    Is die rede hoekom ek dit doen, het sy haar vriendin herinner. My moeder sal dan geen ander keuse hê nie. Sy sal moet toegee dat ek na Seabrook terugkeer. Daar kan ek die skandaal afweer en ek sal in vrede gelos word om my eerste roman te skryf. Dit sal werk, ek weet dit sal. Haar moeder, Rosanna, die Markiesin van Seabrook, sal woedend wees.

    Ek hou nog steeds nie daarvan nie. Met jou by Seabrook, sal ek alleen wees hier in Londen die hele Seisoen. Ek sal jou mis, het Pearyn gesug. En met jou in afsondering, sal jou moeder nie soos gewoonlik ‘n huisparty hou nie. Die een by Weston Manor sal ook buite bereik vir jou wees. Dit voel net ekstreem. Sy het haar hand op haar heup geplaas en haar kop gekantel. Is die skryf van jou boek dit werd om alle sosiale interaksie te verruil vir maande se afsondering?

    Charlotte het haar kop flink geknik. Ja, ja en ja, het Charlotte gesê. Net die gedagte van haar alleen om te skryf .... het haar hart met geluk gevul. Dit sal nie so sleg wees nie. Ons kan nog steeds vir mekaar skryf en ek het my familie. Wel, my Vader en Moeder. Ek is nie seker wat Rhys sal besluit om te doen nie. Hy mag dalk tyd spandeer in Londen saam met sy vrou.

    Voor haar broer Rhys, Die Graaf van Carrick, getrou het met Gravin Hyacinth, was Charlotte opgewonde oor die idee van balle, aande uit, musiek blyspelle – enigiets wat die samelewing aangebied het, by te woon. Haar jong hart het dit gesien as ‘n geleentheid, en in sommige maniere was dit. Die eerste jaar was wonderlik. Totdat sy gedink het sy het verlief geraak en die kalant haar hart gebreek het. Van toe af wou sy nie meer iemand vind nie. Dit het te seer gemaak toe die man van haar drome haar brose hart verbrokkel het. Sy sal veel eerder beheer neem oor haar lewe en hierdie skandaal was die eerste stap.

    Pearyn het haar vingers op die bankie getrommel terwyl Charlotte in die tuin paadjie op en af geloop het. Ek veronderstel jy wil hê ek moet jou vergesel op hierdie strewe van jou.

    Ek sal daarvan hou as jy sou, sy het opgehou loop, Pearyn se blik ontmoet, en gesê, Dit gee my verklaring geloofwaardigheid. Die rykes en beroemdes sal in elk geval notisie neem van Charlotte, maar saam met Pearyn sal hulle die aandag kan trek van enige heer wat ongelukkig naby is. In ag geneem dat sy verloof is, het dit hulle almal nader getrek. Hulle het gedink hulle kan haar dalk oortuig om haar verlowing te verbreek. Wat hulle nie verstaan nie was dat sy daarvan gehou het om verloof te wees, maar Pearyn het eintlik geen begeerte gehad om te trou nie. Sy wou nie liefde enigsins meer hê as Charlotte nie.

    Goed dan, het sy ingestem. Ek sal bly wees om jou te help om jouself te ruïneer. Sy het diep gesug. Dis alles eintlik dramaties. Ek hoop net die eindresultaat is waarvoor jy hoop. Ek sal dit haat as hierdie uitgebreide plan van nul en gener waarde is.

    So het jy nou al verskeie kere gesê. Charlotte het gegrinnik. Jy is waarlik die beste vriendin wat ‘n dame kan hê. Toe klap sy opgewonde haar hande. Ek kan nie wag nie.

    Ek kan, het Pearyn droog gesê. As dit eers gedoen is sal ek jou sekerlik eers weer oor die Kersseisoen sien.

    Moenie suur wees nie, het Charlotte haar getugtig. Dit is onbetaamlik.

    "Nou klink jy soos jou moeder, het Pearyn onsmaaklik gesê. Ek dink nie jy is so verskillend soos jy beweer nie."

    Hulle het dalk ‘n klompie ooreenkomste, maar nie veel nie. Ons lyk nie eers veel na mekaar nie. My kleur is meer soos my vader s’n. Haar hare het dieselfde goue tint as haar vader s’n, maar haar oë is ‘n blou skakering iewers tussen haar moeder en haar vader s’n. Selfs haar broer het ook meer soos haar vader gelyk. Moeder het gereeld genoeg daaroor gekla. Sy het eenkeer gesê dat as sy nie geboorte geskenk het aan ons nie sou sy nie geglo het ons is haar kinders nie. Dit was baie kras van haar om dit hardop te noem. Sy het gegiggel. Maar om regverdig te wees, ons was nogal stoute kabouters op daardie stadium.

    Daaraan twyfel ek nie, het Pearyn geantwoord. Jy kan nogal ‘n feeks wees van tyd tot tyd. Sy het haar blik vernou. Na hierdie storie, gaan hulle jou meer sien as ‘n jakkals vrou. Is jy voorbereid op al die negatiewe geskinder?

    Sy het lank en hard hieroor gedink. Charlotte sal nie geniet wat sommiges openlik oor haar sal sê nie. Sommige kommentaar sal selfs .... steek. Dit sal niks wees wat genot voorstel nie, maar ek glo ek dan selfs die felste kritiek deurstaan. Meeste daarvan sal van haar eie moeder se skerp tong afrol. "As ek eers terug is by Seabrook, sal ek nie nodig hê om deel daarvan te wees nie. So ek kan maak asof hulle absoluut niks sê nie. Ek sal in vrede my skryfwerk doen en die hele

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1